Marie Antoinette se styl gevier in unieke uitstalling - September 23, 2025
‘n Nuwe uitstalling met die titel Marie Antoinette Style het by die V&A South Kensington in Londen geopen, wat Brittanje se eerste uitstalling oor die Franse koningin Marie Antoinette is. Die uitstalling bevat 250 voorwerpe, insluitend seldsame persoonlike items wat aan Antoinette behoort het, soos ‘n paar sypantoffels, juwele uit haar privaatversameling en die laaste […]
Los Pumas ‘n gevaarlike span: Bok-hulpafrigter - September 23, 2025
Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter Tony Brown, sê dit is noodsaaklik dat die span vir tagtig minute voluit teen Argentinië moet speel om die gewenste resultate te kry. Suid-Afrika kom in hulle voorlaaste Rugbykampioenskap wedstryd teen Los Pumas Saterdag in Durban te staan. Al vier die deelnemende spanne, die Wallabies, die Bokke, die All Blacks […]
Verkrygingswet word hersien - September 23, 2025
Finansminister Ericah Shafudah, het amptelik aangekondig dat die regering die proses begin het om die Wet op Openbare Verkryging te hersien. Hierdie stap volg op jare van openbare kritiek en kommer oor die wet se doeltreffendheid. Die aankondiging dui op ‘n direkte reaksie op ‘n gebrekkige stelsel wat blameer word vir opgeblase koste van tenders, […]
Groenewald sê oor parool-oortreders - September 23, 2025
Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy is verbind tot ‘n gebalanseerde, billike en effektiewe paroolstelsel. Die departement het Maandag met ‘n tweedaagse nasionale paroolhersieningsberaad by die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum in Pretoria begin. Altesaam 209 gevangenes wat op parool is, het moord gepleeg en meer as 330 verkragting. Groenewald sê sommige van die […]
Twee hospitale in Gaza-stad buite aksie - September 23, 2025
Die Gesondheidsministerie van Gaza sê twee hospitale in Gaza-stad is buite aksie weens die verskerping van Israel se grondaanval en skade wat aangerig is deur die aanhoudende bomaanvalle, met tenks wat dieper in die gebied inbeweeg. Die ministerie sê in ‘n verklaring die Al-Rantissi-kinderhospitaal is ‘n paar dae gelede erg beskadig deur ‘n Israelse aanval. […]
China versterk beheer oor sosiale media - September 23, 2025
China se belangrikste internetreguleerder het ‘n omvattende tweemaande-lange ingryping op sosiale media aangekondig en onderneem om inhoud te beveg wat “kwaadwillige aanhitsing tot konflik” en “negatiewe lewensuitkyke soos wêreldmoegheid” bevat. Beijing vereis dat sosiale mediamaatskappye inhoud op hul platforms moet modereer, met plasings wat streng beheer word om enigiets te vermy wat as te ondermynend, […]
NSA vra weer samewerking met sensus-opname - September 23, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap, NSA, doen ‘n beroep op gemeenskappe om hul deure vir beamptes oop te maak en die voortgesette Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname te ondersteun wat tot April 2026 duur. Veldpersoneel staar weierings in verskeie streke in die gesig, veral in verstedelikte gebiede in Khomas en Erongo, en kommersiële plase in Otjozondjupa en Omaheke. […]
Zaamwani prioritiseer Stampriet water bo mynbou - September 23, 2025
Die landbouminister Inge Zaamwani sê die beplande in situ-loging van uraan by Leonardville is nog nie deur haar ministerie goedgekeur nie, en verskeie voorsorgmaatreëls word ingestel om te verseker dat die noodsaaklike Stampriet-akwifer eerste beskerm word voordat enige mynbou oorweeg kan word. Sy sê ‘n uiters versigtige benadering, nes die van oudminister Calle Schlettwein, word […]
Vooruitsigte vir landbou vertoon goed tot volgende jaar - September 23, 2025
Namibië se landbousektor is aan die herstel na twee jaar van droogte, met die herbou van kuddes wat aan die gang is. Beesbemarking het met 56 persent gedaal, beesvleisuitvoere het gehalveer tot 5 461 ton, en skaapbemarking het met 41 persent gedaal, maar sterker veepryse, wat met 10 tot 27 persent gestyg het, verhoog boere […]
Toerisme herstel uiters goed - September 23, 2025
Die toerismebedryf se piekseisoen het sterk herstel tot die vlakke voor die pandemie, met die nasionale besettingsyfer wat gestyg het tot 67,55 persent in Augustus, vergeleke met 59,61 persent in Julie. Simonis Storm sê dit verteenwoordig ‘n toename van 4,5 persentasiepunte vanaf die 63,02 persent wat in Augustus 2024 aangeteken is, wat Augustus 2025 die […]