Rugbykampioenskap tot 2029 uitgestel? - September 23, 2025
Groot veranderinge is op die horison vir rugby in die Suidelike Halfrond, aangesien berigte daarop dui dat die Rugbykampioenskap tot ten minste 2029 uitgestel sal word. Dit beteken minder gereelde wedstryde tussen Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië en Argentinië. In plaas daarvan sal daardie spanne op langer toere gaan en meer wedstryde in mekaar se lande speel. […]
Stormloop by Chobe dood 83 buffels - September 23, 2025
Berigte uit Zambezi toon dat 92 buffels rondom vyf0-uur in die Chobe-rivier versuip het. Die voorval herhaal gereeld en het ook in 2023 voorgekom toe meer as 100 diere gevrek het. Dit kom voor omdat die rivier se watervlakke laag is en buffels probeer om van roofdiere, in die geval leeus, te ontsnap en uiteindelik […]
Erongo-polisie konfiskeer N$77 000 se dagga - September 23, 2025
Die Erongo-polisie het laat Maandagaand in Kuisebmond, Walvisbaai groot sukses behaal na ‘n wenk van die gemeenskap oor ‘n Namibiese man wat op groot skaal dwelms verkoop. Die mag het ‘n operasie uitgevoer en beslag gelê op net meer as 1,4 kilogram skunk-dagga en 691 gram majad-dagga, ter waarde van 77 360 Namibiese dollar. Die 29-jarige […]
Madlanga: Ontbinding van taakmag was onwettig - September 23, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het aan die Madlanga-kommissie gesê die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde was onwettig en skielik. Masemola sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu het nie vooraf kommer oor die eenheid uitgespreek nie en het nie sleutelbelanghebbendes, insluitende die Nasionale Vervolgingsgesag, geraadpleeg nie. Hy sê hy was met verlof […]
Kenner sê dis meer skadelik om nie parasetamol te gebruik nie - September 23, 2025
Die Trump-administrasie sal na verwagting ‘n verband trek tussen die gebruik van parasetamol, wat in Amerika verkoop word onder die handelsnaam Tylenol, tydens swangerskap en outisme. Studies oor die onderwerp, insluitend een is Swede wat 2,5 miljoen kinders betrek het, het egter nie so ‘n verband gevind nie. Dr. Monique Botha van die Durham Universiteit […]
Fonds vir kriminele bates staan nou op N$75m - September 23, 2025
Bates van die Fonds vir die Herwinning van Kriminele Bates het in die 2023-24 boekjaar tot 75 miljoen Namibiese dollar gestyg, teenoor 61,6 miljoen dollar in die vorige jaar. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke het die groei toegeskryf aan behoue verdienste en die sterk prestasie van lopende rekeninge. Die fonds administreer bates wat uit kriminele aktiwiteite gekonfiskeer […]
SA se huismark herstel goed, Wes-Kaap loop voor - September 23, 2025
Die FNB Huisprysindeks het in Augustus tot 4,5-persent op ‘n jaargrondslag gestyg, die vinnigste groei in meer as drie jaar en die vierde agtereenvolgende maand van reële huisprysstygings, aangepas vir inflasie. ‘n Eiendomsekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die Wes-Kaap loop steeds voor, maar Gauteng en KwaZulu-Natal toon hernude momentum. Hy beklemtoon hoewel die aanvraag […]
Pro-Palestynse betogings ontwrig Italië - September 23, 2025
Duisende mense het in Italië betoog as deel van ‘n dag om die ‘volksmoord’ in Gaza te veroordeel. Die betoging het stakings in die vervoersektor en haweblokkades ingesluit. Die versetoptrede is op dieselfde dag as wat Frankryk en ander lande ‘n Palestynse staat erken het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, […]
Ovaherero-gemeenskap herdenk hulle kultuur - September 23, 2025
Die Ovaherero-gemeenskap het van 19 tot 21 September bymekaargekom vir ‘n lewenslustige viering van die tweede Ombu-kultuurfees in die Otjozondjupa-streek. Die fees in die Ombu-kultuurdorp het tradisionele opvoerings, kulturele uitstallings en ‘n vertoonkas van talente en vaardighede uniek aan die Ovaherero-nasie ingesluit. Die stigter van die fees, Vetumbuavi Mungunda, het meer gedeel in ‘n onderhoud […]
EU belê miljarde euro plaaslik - September 23, 2025
Die Europese Unie se belegging in Namibië se groen toekoms sal na verwagting miljarde euro in die plaaslike ekonomie bring, volgens die Europese Unie-kommissaris vir Internasionale Vennootskappe, Jozef Síkela, tydens ‘n besoek aan HyIron Oshivela. Die EU en Duitsland het gesamentlik 2 miljoen euro in NIMT belê deur middel van toelaes, terwyl Duitsland ‘n bykomende […]