Afrika-stede doen nie genoeg om by klimaat aan te pas nie - September 23, 2025
‘n Nuwe studie waarsku dat Afrika-stede nie genoeg doen om by klimaatsverandering aan te pas nie, met Durban en Harare wat as belangrike lesse uitgewys word. Kwesbare gemeenskappe word bedreig deur stygende temperature, reënval wat afneem, langdurige droogtes, en ernstige oorstromings. Navorsers waarsku dat klein veranderings soos die verbetering van dreineringstelsels nie die ernstiger ongelykhede […]
Cyril beklemtoon weer ondersteuning vir Palestina - September 23, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika herhaal sy standpunt dat ʼn aangrensende Palestynse staat volgens die 1967-grense geskep word wat vreedsaam saam het die Israelse staat bestaan. Hy het gister by die konferensie oor ʼn tweestaatoplossing gepraat by die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Ramaphosa sê die sukses van […]
Rusland ontken Navo-lugruim skending - September 23, 2025
Rusland ontken dat sy vliegtuie Navo se lugruim geskend het en waarsku dat lande wat sulke beskuldigings maak “spanning kan verhoog”. Drie Russiese vegvliegtuie het ‘n Navo-lid, Estland, se lugruim binnegedring voor hulle deur Navo-vliegtuie uit die gebied begelei is. Die MiG-31 vegvliegtuie, se radiosenders was afgeskakel en hulle nie met Estlandse lugverkeersbeheer geskakel nie. […]
Oshikoto steier onder jeugwerkloosheid - September 23, 2025
Jeugwerkloosheid bly ‘n uitdaging en volgens die 2023 sensus, is 63 persent van die jeug in die Oshikoto-streek, tussen die ouderdomme van15 en 35, werkloos. Die streek het net meer as 257 000 inwoners waarvan 71,4 persent jonger as 35 is. Volgens die agentskap is algehele werkloosheid in Oshikoto op 61,1 persent. Die grootste uitdaging […]
Sassa waarsku oor nog ‘n bedrogspul - September 23, 2025
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap waarsku geen vergoeding word vereis vir sy dienste nie. Die woordvoerder, Andile Tshona, sê enigiemand wat betaling eis vir hulp met maatskaplike toelaagaansoeke tree bedrieglik op en moet onmiddellik by wetstoepassing aangegee word. Hy doen ‘n beroep op begunstigdes en die publiek om waaksaam te wees en om bedrieërs op straat […]
VN se kernwaardes is onder beleg – Guterres - September 23, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die beginsels van die organisasie is onder beleg soos nog nooit voorheen nie. Hy het gister ʼn toespraak by die Algemene Vergadering in New York gehou om die VN se 80ste bestaansjaar te vier. Guterres sê die VN het die pad aangewys vir sommige van die mensdom […]
Sarah Ferguson is in die sop - September 23, 2025
Die Hertogin van York is verwyder as beskermvrou van sewe liefdadigheidsorganisasies ná ‘n e-pos waarin sy die seksoortreder Jeffrey Epstein haar uitsonderlike vriend genoem het. Een van hulle, Julia’s House, wat haar ook verwyder sê Sarah Ferguson, die voormalige vrou van Prins Andrew, sal onvanpas wees vir die rol na aanleiding van die nuus oor […]
De Klerk sê hy’s ‘n fluitjieblaser - September 23, 2025
Die nou berugte Fishrot-regsman Maren de Klerk het deur sy regsverteenwoordigers in die hoofstad, PD Theron and Associates skerp gereageer op onlangse berigte dat hy ‘n voortvlugtige is. In die verklaring sê hy, hy is in wese ‘n fluitjieblaser. De Klerk, wat in Januarie 2020 die land verlaat het kort na hy deur die Teenkorrupsie-kommissie […]
Regter Chinhengo se afsterwe betreur - September 23, 2025
Die Regterlike Dienskommissie betreur die afsterwe van regter Moses Chinhengo, wat Vrydag in ‘n hospitaal in Zimbabwe op 71 oorlede is. Chinhengo het die Fishrot-korrupsieverhoor gelei. Sy ampstermyn in die saak is gekenmerk deur herhaalde regsuitdagings van die beskuldigdes, wat sy aanstelling bevraagteken het en sy onttrekking versoek het. Regter Chinhengo het uiteindelik in Julie […]
Trump sê parasetamol veroorsaak outisme - September 23, 2025
Dokters in die VSA sal binnekort aangeraai word om nie die pynverligter Tylenol aan swanger vroue voor te skryf nie. Dit is volgens Amerikaanse president Donald Trump. Hy het die aankondiging Maandag saam met die minister van gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., gemaak. Trump beweer dat die gebruik van parasetamol, die hoofbestanddeel in Tylenol, ook […]