Horner kry N$1,9 miljard koebaai-pakket  - September 23, 2025

Christian Horner het Red Bull amptelik verlaat nadat hy ‘n reusebetaling van die Formule Een span ontvang het. Die 51-jarige wat Red Bull na agt bestuurders- en ses vervaardigerskampioenskappe gelei het, is in Julie as spanhoof afgedank. Sy kontrak, wat tot 2030 van krag sou wees, is nou afgehandel en hy kan na die sport […]

Read More

Veearts gesels oor onverklaarbare vrektes onder wild  - September 23, 2025

Onverklaarbare vrektes van wilde diere wek kommer, met kenners wat waarsku dat miltsiekte moontlik die oorsaak is. Boere word daaraan herinner dat jaarlikse inentings teen hoërisiko-siektes soos miltsiekte, brusellose, hondsdolheid en lam siekte nie net aanbeveel word nie, maar noodsaaklik is. Met stygende hondsdolheid gevalle en toestande wat ryp is vir uitbrekings soos Slenkdalkoors, het […]

Read More

Sauma waarsku oor ‘gratis opleiding’ rakende EPL’s - September 23, 2025

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het boere gewaarsku teen die advies van omgewingskonsultante wat deur eksplorasielisensiehouers gekontrakteer word om omgewingsimpakstudies uit te voer. Hierdie konsultante, wie se opleidingsessies van gister tot 25 Oktober geadverteer word, bied ook leiding aan boere oor hoe om met die lisensiehouers saam te werk. Sauma het kommer uitgespreek […]

Read More

Damme: Meer as 5,3 miljoen kubiek in een week benut - September 23, 2025

Net meer as 5,3 miljoen kubieke meter water is in die afgelope week uit die land se damme gepomp. Tans is bronne in die sentrale gebied op 71,8 persent en na oordragte van Omatako is Von Bach op 93 persent. In die Suide is amper 1,8 miljoen kubiek uit Hardap benut met die dam tans […]

Read More

Daar is oplossings vir toenemende finansiële druk, meen ekonoom - September 23, 2025

Namibiese verbruikers verkeer onder toenemende finansiële druk, met inflasie, werkverliese en hoë behuisingskoste hul grootste bekommernisse, volgens TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie. Ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ‘n mengsel van beleide dringend nodig is, wat wissel van monetêre maatreëls om inflasie te bekamp tot verbeterde behuisingsbekostigbaarheid. Hy het ook gevra […]

Read More

Rooney sê sy sukses lê by Playstation-speletjie - September 23, 2025

Wayne Rooney sê Manchester United se sukses in die dae toe hy gespeel het, het neergekom op die kommunikasie wat hulle ontwikkel het terwyl hulle videospeletjies op die spanbus gespeel het. Die voormalige United, Everton en Engeland doelskieter sê hulle het die militêre speletjie, SOCOM, op die Playstation Portable gespeel. Hy sê hulle moes praat, […]

Read More

DA eis verwydering van drie Seta-administrateurs - September 23, 2025

Die DA het die Kommissaris van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, skriftelik versoek om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se aanstelling van drie nuwe administrateurs van die Sektor Onderwys en Opleidingsowerheid om te keer. Die aanstelling van Oupa Nkoane in die Konstruksie-Seta, Lehlogonolo Masoga in die Dienste-Seta en Zukile Mvalo in […]

Read More

NBC-staking: Hof verklaar verslag nietig na skikking - September 23, 2025

Die parlementêre staande komitee vir menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling se verslag oor die verwoestende staking by die NBC in 2021 is nietig. Dit kom na ‘n Hoërhof-bevel dat die verslag in sy geheel, wat op 18 Februarie ter tafel gelê is, asook die komitee se bevindings en aanbevelings, ter syde gestel word. Dit volg op […]

Read More

Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina - September 23, 2025

Frankryk en Saoedi-Arabië het Maandag talle wêreldleiers in New York byeengebring om steun vir ‘n tweestaatoplossing in Israel te werf, met verskeie van hulle wat na verwagting ‘n Palestynse staat formeel sal erken. Israel en Amerika boikot die beraad. Die Amerikaanse administrasie het gewaarsku teen moontlike gevolge vir diegene wat stappe teen Israel neem, insluitend […]

Read More

Botswana verklaar vakansiedag na goue medalje - September 23, 2025

Botswana het ‘n openbare vakansiedag verklaar om sy span se goue medalje in die 4×400 meter-aflos vir mans by die Wêreld-atletiekkampioenskappe in Tokio te vier, wat hulle ook die eerste Afrika-wenners van die item gemaak het. Collen Kebinatshipi, wat ook die individuele 400 meter gewen het, het Sondag ‘n uitstekende laaste been in gietende reën […]

Read More