Oud-burgemeester Kazapua staan vir Khomas-streekraad - September 22, 2025
Voormalige Windhoek-burgemeester Muesee Kazapua maak ‘n politieke terugkeer. Hy is gelys as ‘n Swapo-partykandidaat vir die Khomas-streekraad om die Katutura Sentrale Kiesafdeling te verteenwoordig voor die komende verkiesings in November. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 het Kazapua gesê dat sy gemeenskap hom versoek het om te staan. Met jeugwerkloosheid, armoede en misdaad hoog op […]
Franse mediareus Canal+ beheer nou MultiChoice - September 22, 2025
Die Franse mediareus, Canal Plus sê hy het effektief beheer oorgeneem van die Suid-Afrikaanse televisie- en stroomdiensmaatskappy, MultiChoice, wat ‘n groep skep wat in amper 70 lande in Afrika, Europa en Asië verteenwoordig word. Die maatskappye het in ‘n gesamentlike verklaring gesê die gekombineerde groep het ‘n werksmag van 17 000 werknemers en bedien meer […]
Demon Slayer gee toon aan by Noord-Amerika loket - September 22, 2025
Die Japanese fliek, Demon Slayer: Kimetsu no Yaiba Infinity Castle, is steeds nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die film is die eerste van ʼn trilogie oor ʼn seun wat demone jag om sy gesin te wreek en ʼn oplossing te vind vir sy suster wat in ʼn demoon verander het. Him, van Universal is tweede […]
Eden Park net nog ‘n rugbyveld: Alaalatoa - September 22, 2025
Rugby: Die Australiese stut Allan Alaalatoa met sy terugkeer na die Wallabies, sê sy span sien Edenpark as net nog ‘n ander rugbyveld. Hulle hoop om Saterdag Nieu-Seeland se 31 jaar onoorwonne rekord op die ikoniese Auckland-stadion te beeïndig. Die All Blacks het in 1994 laas op Edenpark verloor, maar het Saterdag ‘n groot taak […]
Plaaslike Inhoud-konferensie 2025 kom vroeg in Oktober - September 22, 2025
Die Namibië Plaaslike Inhoud-konferensie en Uitstalling 2025 sal van 7 tot 9 Oktober in die Dome in Swakopmund plaasvind. Die geleentheid word byeengeroep deur Antila Olie en Gas, en die Namibië Kamer van Koophandel en Nywerheid, met die Namibië Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad as ‘n strategiese vennoot. Vanjaar se tema is “Belyning van Namibië se energie-ambisies: […]
Stellenbosch-bestuurder bedank, GOOD vra aanspreeklikheid - September 22, 2025
Die GOOD-party sê die bedanking van die beleërde menslike hulpbronbestuurder van die Stellenbosch-munisipaliteit, Alexander Kannemeyer, om hom van aanspreeklikheid te vrywaar, is onaanvaarbaar. Hy het verlede week as waarnemende direkteur van korporatiewe dienste bedank, wat beteken die raad kan hom nié ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels skors nie. Dit volg op ‘n video waarin […]
Erika Kirk sê sy vergewe Charlie se moordenaar - September 22, 2025
Die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk se vrou, Erika, sê sy vergewe die man wat van haar man se moord aangekla word. Die 22-jarige Tyler Robinson is verlede week van sewe oortredings aangekla wat moord en regsverydeling insluit. Kirk is tydens ʼn geleentheid by die Utah Valley University doodgeskiet. Erika Kirk het gister by haar man […]
Wayde van Niekerk juig oor 4×400-medalje - September 22, 2025
Atletiek: Wayde van Niekerk, wat deel was van Suid-Afrika se 4×400 meter-aflosspan, is vol lof vir sy spanmaats by die Wêreld-atletiekkampioenskap waar hulle die bronsmedalje verower het. Span SA se Lyth Pillay, Zakithi Nene, Udemy Okon en Van Niekerk was derde na Botswana en Amerika. Van Niekerk sê ná ʼn lang medalje-droogte, was dit ʼn […]
Oliepryse styg effe – geopolitieke spanning die oorsaak - September 22, 2025
Oliepryse het vanoggend gestyg, ondersteun deur geopolitieke spanning in Europa en die Midde-Ooste, hoewel die vooruitsig van meer olievoorraad en kommer oor die impak van handelstariewe op die wêreldwye brandstofvraag die styging beperk het. Die kommoditeit het met 0,6 persent opgegaan na net bo 67 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die indringing van Pole en Estland […]
DA boos vir Ekurhuleni oor onteiening - September 22, 2025
Die DA veroordeel die Stad Ekurhuleni se onregmatige en ongrondwetlike poging om ʼn privaat eiendom sonder vergoeding te onteien. Volgens die drukgroep, Sakeliga, weier die metro om te betaal vir ʼn eiendom van 34-hektaar in Driefontein waarop hy in 2019 beslag gelê het vir ʼn behuisingsprojek. Op daardie tydstip is die eiendom gewaardeer teen minstens […]