Indiërs skarrel na H-1B-visum se kostes verhoog - September 22, 2025

Indië se inligtingstegnologiesektor van 283 miljard Amerikaanse dollar sal sy dekades oue strategie om geskoolde talent in Amerikaanse projekte te roteer, moet hersien na president Donald Trump se jongste stap, wat ‘n fooi van 100 000 Amerikaanse dollar vir nuwe H-1B-visums ingestel het. Die sektor, wat ongeveer 57 persent van sy totale inkomste uit die […]

Read More

Ngurare vol lof vir tradisionele owerhede - September 22, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het tradisionele owerhede geprys vir die vertoon van ‘n gevoel van eenheid. Hy het oor die naweek by die jaarlikse Tulikonge Kultuurfees in die Kongola-kiesafdeling gepraat. Die fees bring verskeie gemeenskappe bymekaar om hul ryk erfenis deur musiek, dans en tradisionele kunsvlyt ten toon te stel.

Read More

Solidariteit stel handelsraamwerk vir VSA bekend - September 22, 2025

Solidariteit sê hy het ʼn voorgestelde handelsraamwerk tussen Suid-Afrika en Amerika bekendgemaak. Die vakbond beskryf sy besoek aan Amerika as ʼn uitgebreide gemeenskaps-diplomatieke besoek. Connie Mulder van Solidariteit sê die raamwerk fokus veral op die beskerming van eiendomsregte en dat Amerikaanse maatskappye van swart ekonomiese bemagtiging uitgesluit word. Hy sê die raamwerk stel voor dat […]

Read More

Massa-inentings na nuwe Ebola-uitbreking in DRK - September 22, 2025

Massa-inentings het in die DRK begin na die Wêreldgesondheidsorganisasie  Donderdag gesê het dat 31 van 38 bevestigde Ebola-gevalle tot sterftes in die suide van die Kongo gelei het. Die jongste syfers toon dat die sterftesyfer sedert verlede week byna verdubbel het – van 16 – en dat die siekte vinnig versprei, Meer as 900 kontakte […]

Read More

Bibi verwerp erkenning van Palestynse staat - September 22, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, verwerp die erkenning van ʼn onafhanklike Palestynse staat as ʼn absurde beloning vir terreur. Dit volg nadat die Verenigde Koninkryk, Kanada en Australië amptelik hul erkenning van ʼn Palestynse staat bekendgemaak het. Netanyahu sê hy het jare lank, ten spyte van geweldige plaaslike en internasionale druk, die skep van […]

Read More

Hordes tenders deur onderwys sedert Maart - September 22, 2025

Die onderwysministerie het sedert sy naamverandering in Maart 182 tenders uitgesit met 42 van die wat vir spyseniering vir werkswinkels, vergaderings en kantore bedoel is. Die Tender Bulletin berig dat die groter meerderheid op uiters kort kennisgewing uitgesit is of, uitgesit is na die geleentheid reeds begin het. Sommige tenders bied net twee tot drie […]

Read More

Fikile vra respek vir Madlanga-kommissie - September 22, 2025

Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Suid-Afrikaners versoek om die Madlanga-kommissie te respekteer. Mbalula het beklemtoon dat getuies ernstig opgeneem moet word en gewaarsku dat leuens onder eed regsgevolge inhou. Hy sê die handhawing van die oppergesag van die reg is die hoeksteen van demokrasie. Hy het burgers aangespoor om die verrigtinge te volg en natuurlike […]

Read More

DRK lig verbod op kobaltuitvoere - September 22, 2025

Die Demokratiese Republiek van die Kongo sal sy verbod op kobaltuitvoere vanaf 16 Oktober ophef en die wêreldwye aanbod bestuur deur jaarlikse uitvoerkwotas in te stel. Mynwerkers sal toegelaat word om tot 18 125 ton kobalt vir die res van 2025 te verskeep, met jaarlikse beperkings van 96 600 ton in 2026 en 2027. Kongo, […]

Read More

Trump sê Kirk is martelaar en held - September 22, 2025

President Donald Trump van Amerika sê Charlie Kirk is vermoor omdat hy dapper en vreesloos geleef het en briljant kon redeneer. Die konserwatiewe aktivis is vroeër die maand by die Utah Valley University doodgeskiet en die 22-jarige Tyler Robinson word van die moord aangekla. Trump het by Kirk se gedenkdiens in Arizona gesê sy sluipmoord […]

Read More

Duitse forum vra vir optrede in Namibiese sakeklimaat - September 22, 2025

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs doen ‘n beroep op dringende optrede om Namibië se sakeklimaat te bevorder. Met verwysing na stygende beleggingsvolumes en die behoefte aan groter ekonomiese mededingendheid, dring die forum daarop aan dat beide die openbare en private sektore aan ‘n betekenisvolle dialoog moet deelneem. Sleutelkwessies op die tafel sluit in die verbetering […]

Read More