Ambulans tref perd naby Aus - September 22, 2025
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek ná ‘n ambulans Vrydagaand sowat 30 km van Aus ‘n perd in die pad getref het. Die bestuurder het beheer oor die ambulans verloor en dit gerol. Die ambulans was met ‘n pasiënt na Windhoek onderweg. Buiten die bestuurder en die pasiënt, was daar ook ‘n […]
Groot kommer oor afleggings in Suid-Afrika - September 22, 2025
Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel vra die regering om dringend ʼn nasionale krisisberaad oor werksverliese te hou. Coca-Cola Beverages South Africa is die jongste maatskappy wat afleggings aangekondig het en beplan om 680 mense af te lê en aanlegte in Bloemfontein in die Vrystaat en Oos-Londen in die Oos-Kaap te sluit. […]
VK sluit aan by Aussies en Kanada vir Palestina-erkenning - September 22, 2025
Brittanje, Australië en Kanada het Sondag Palestina amptelik as ‘n staat erken. Die Britse eerste minister Keir Starmer het gesê sy regering het op dié stap besluit om die moontlikheid van vrede lewendig te hou. Starmer het skerp kritiek op beide Hamas en Israel gelewer. Israel se ongenaakbare aanvalle op Gaza, die hongersnood en vernietiging […]
Akkerbouraad belê N$250m vir gewas waardeketting - September 22, 2025
Die Akkerbouraad het 250 miljoen Namibiese dollar oor die volgende vyf jaar bewillig vir sy gewas waardeketting ontwikkelingstrategie. Hubertus Hamm, die voorsitter van die raad sê die land produseer tans 4 miljard dollar se verwerkte gewasprodukte, die meerderheid grane, maar voer nog steeds meer as 5 miljard dollar se olies, bevrore vrugte en groente, suiker, […]
Diewe teiken weer pensioenarisse - September 22, 2025
‘n Pensioenaris van 81 jaar is Vrydagaand in die Omuntele-area na bewering deur twee mans in hul twintigs van 2 500 Namibiese dollar in kontant beroof. Die slagoffer was met sy pensioengeld op pad terug huis toe. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn.
Sekuriteit in SA se howe onder die loep - September 22, 2025
Die minister van Justisie Mmamoloko Kubayi sê toenemende geweld en sekuriteit in howe sal hierdie week tydens ‘n bilaterale vergadering met die ministerie van Polisie bespreek word. Kubayi het tydens ‘n virtuele Judges Matter-sessie die behoefte beklemtoon om sekuriteitsmaatreëls te versterk, insluitend beskerming vir regters, aanklaers en landdroste, sowel as funksionele skandeerders en kameras. Sy […]
Verstappen behaal vierde oorwinning - September 22, 2025
Red Bull-jaer Max Verstappen het sy vierde oorwinning van die seisoen by die Azerbeidjan Grand Prix behaal. George Russell van Mercedes was tweede en Carlos Sainz derde in sy eerste podiumplek vir Williams. Lando Norris van McLaren was sewende. Die gaping tussen hom en sy teenstander en spanmaat, Oscar Piastri, het tot 25 punte gekrimp […]
WGO plaas sonskerm om lys van noodsaaklike medisyne - September 22, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het amptelik sonskerm by sy Modellys van Noodsaaklike Medisyne gevoeg. Sonskerm word nou erken as noodsaaklik vir die voorkoming van velkanker en ander UV-verwante siektes. Die besluit volg op sterk bewyse van die gesondheidsvoordele en koste-effektiwiteit daarvan, en kan regerings aanspoor om die publiek se toegang daartoe te verbeter. Rolf Hansen, direkteur van […]
Huidige buitelandse beleggings skep nie werk nie - September 22, 2025
Direkte buitelandse belegging in Namibië beleef ‘n welkome bloeityd, maar dit is beperk tot olie-eksplorasie- en ander mynboubedrywighede, sê die gesoute ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown. Beleggings in ander sektore lyk als behalwe rooskleurig, het Brown tydens die Enhancing Namibia’s Competitiveness Through Ease of Doing Business Seminar gesê. Dit voorspel niks goed […]
Alle damme en boorgate moet teen 31 Oktober geregistreer wees - September 22, 2025
Grondeienaars word herinner dat die sperdatum, 31 Oktober, vir die registrasie van boorgate nader kom. Die Wet op Waterhulpbronbestuur, wat op 29 Augustus 2023 in werking getree het, het ‘n oorgangstydperk van 18 maande aan grondeienaars toegestaan om aan die nuwe wetgewing te voldoen. Die aanvanklike tydperk van 18 maande is weer met ‘n verdere […]