Nóg ‘n Louvre-verdagte in boeie - November 2, 2025

‘n Agt-en-dertigjarige vrou is van medepligtigheid aan georganiseerde diefstal en kriminele sameswering aangekla in die Louvre juweeldiefstal in Parys. Sy is een van sewe mense wat in hegtenis geneem is vir die diefstal op 19 Oktober terwyl die wêreldberoemde museum vir besoekers oop was. Vier diewe het in agt minute nege items met ‘n beraamde […]

Read More

Rugby: Springbokke vandag ses jaar wêreldkampioen - November 2, 2025

Die Springbokke is vandag presies ses jaar lank die wêreldkampioen. Suid-Afrika het Engeland op hierdie dag in 2019, 32-12 verpletter in die Wêreldbeker-eindstryd in Tokio, Japan, om die Webb Ellis-trofee die derde keer te verower. Dit is opgevolg met ‘n oorwinning met ‘n enkele punt oor die aartsvyand, die All Blacks, in 2023 se eindstryd […]

Read More

Mej. Namibië vertrek na Mej. Heelal in Thailand - November 2, 2025

Mej. Namibië Johanna Swartbooi het na Thailand vertrek om haar land by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig, wat vandag begin en tot 21 November duur. Die 28-jarige model het kort voor haar vertrek haar verwagtinge en met die NBC gedeel:

Read More

Straatligte in Johannesburg glo voor G20 saboteer - November 2, 2025

City Power veroordeel die opsetlike vernietiging van straatligte op belangrike roetes in Johannesburg, insluitend die M1 tussen Southgate en Killarney, voor die G20-beraad. Woordvoerder Isaac Mangena sê dit is sonder twyfel sabotasie, aangesien die onderneming nuwe ligte ingesit het wat nou opsetlik beskadig word. Hy doen ‘n beroep op die SAPD en die Johannesburgse Metropolisiedepartement […]

Read More

Nege sterf in vertrapping by Hindoe-tempel - November 2, 2025

Nege mense is dood in ‘n stormloop by ‘n gewilde Hindoe-tempel in die suide van Indië. Volgens die owerhede is tientalle ander beseer tydens die voorval by die Swamy Venkateswara-tempel waar duisende mense vergader het om ‘n heilige dag op die Hindoe-kalender te gedenk. Die tempel kan slegs 3 000 mense huisves, maar ‘n skare […]

Read More

Tennis: Sinner kort net een wen om weer boaan ranglys te wees - November 2, 2025

Jannik Sinner het een oorwinning nodig om weer nommer een op die wêreldranglys te word, nadat hy Alexander Zverev Saterdag in die halfeinstryd van die Parys-meesters geklop het, om in die einstryd teen Felix Auger-Aliassime te staan te kom. Sinner sal sy groot teenstander Carlos Alcaraz bo-aan die ranglys vervang as hy Auger-Aliassime later vandag […]

Read More

BW Energy opgewone oor toetsput by Kudu - November 2, 2025

Die Noorse maatskappy BW Energy sê hulle sien belowende vroeë tekens van hul nuwe toetsput by die Kudu-gasveld langs die kus van Namibië, hoewel meer boorwerk nodig sal wees om die resultate te bevestig. BW Energy sê verskeie rots-lae toon tekens van olie en gas, wat beteken dat die gebied waarskynlik ‘n aktiewe petroleumstelsel het. […]

Read More

SA hersien Bushiri-uitspraak in Malawi - November 2, 2025

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering hersien die uitspraak van die Hooggeregshof in Lilongwe, Malawi, rakende die uitlewering van pastoor Shepherd en Mary Bushiri aan Suid-Afrika. Die Bushiri’s het in 2020 uit Suid-Afrika gevlug terwyl hulle op borgtog uit was vir bedrog en geldwassery. Woordvoerder Terrence Manase sê Kubayi […]

Read More

Trump se militêre visier nou op Nigerië - November 2, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om aanvalle in Nigerië uit te voer in reaksie op beweerde anti-Christelike geweld en gesê hy het departement van oorlog beopdrag om “voor te berei vir moontlike optrede”. In ‘n plasing op sosiale media Saterdag het Trump gesê Amerika sal onmiddellik alle hulp aan die Afrikaland staak “as die Nigeriese regering […]

Read More

Hokkie: Namibië se juniors berei voor vir eerste wêreldbeker - November 2, 2025

Die Namibiese vroue junior hokkiespan berei voor vir ‘n mylpaal-oomblik – hul eerste verskyning ooit by die Federasie vir Internasionale Hokkie se Vroue Junior Wêreldbeker, wat van 1 tot 13 Desember 2025 in Santiago, Chili, plaasvind. Spankaptein Azaylee Philander en hoofafrigter Cedric Makati sê die span se doelwit is om in top-drie van hul poel […]

Read More