Wanadministrasie by SOE’s beklemtoon weer belangrikheid van komende verkiesing - September 22, 2025

Die ouditeur-generaal se jongste verslae het ernstige finansiële wanbestuur by verskeie openbare instellings blootgelê. Die Nasionale Jeugdiens skuld NamRA meer as 82 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde werknemersbelasting en het ‘n bedryfstekort van 78,5 miljoen dollar aangeteken. By die Nkurenkuru-dorpsraad dui ‘n tekort van 18,9 miljoen dollar en stygende loonkoste op verergerende finansiële druk. Bestuurskenner […]

Read More

Amper 2 000 vroue sterf weens swangerskap komplikasies - September 22, 2025

‘n Totaal van 1 912 vroue in Namibië is in 2022 weens swangerskapverwante komplikasies oorlede. The Namibian berig vanoggend dat die sterftes verantwoordelik is vir 5,6 persent van alle vroulike sterftes in die ouderdomgroep 15 tot 49. Van die totaal is 4,8 persent in stedelike gebiede dood en 6,3 persent in landelike gebiede. Die Kavango […]

Read More

GRN-toelae dek nie basiese onkostes nie - September 22, 2025

Nog reaksie word ontvang op die toenemende druk op die regering om die maandelikse kinderonderhoudstoelaag van 350 Namibiese dollar te hersien, wat sedert 2003 nie verhoog is nie. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toelae, wat bedoel is om kinders van lae-inkomste ouers, weeskinders en diegene met ouers in die […]

Read More

Man vas na hy hout sonder permit vervoer - September 22, 2025

‘n Namibiese man is vroeg Saterdagoggend by die Kaguni-nedersetting in Kavango-Wes in hegtenis geneem ná hy na bewering 57 houtplanke onwettig vervoer het. Volgens die polisie het hy nie ‘n geldige oes- of vervoerpermit gehad nie. Die waarde van die hout word op 11 400 Namibiese dollar beraam.  

Read More

Batohi waarsku oor uitspraak rakende Madlanga-getuienis - September 22, 2025

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, het Suid-Afrikaners versoek om uitspraak voor te behou oor getuienis voor die Madlanga-kommissie. In die eerste drie dae van die ondersoek het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, getuig dat sakemanne die regstelsel geïnfiltreer het met die steun van top-polisiebeamptes. Batohi sê dit bly bewerings en sy het […]

Read More

Amnestie veroordeel VSA ondersteuning van Israel - September 22, 2025

Amnestie Internasionaal sê die geskiedenis sal die VSA nie vergewe oor hul standpunt teen die internasionale gemeenskap, en Israel in sy sogenaamde volksmoord teen die Palestyne in Gaza versterk nie. Dit volg nadat die VSA verlede week vir die sesde keer ‘n konsepresolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad geveto het. Die resolusie het ‘n […]

Read More

EU oorweeg nuwe sanksies teen Rusland - September 21, 2025

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe sanksiespakket teen Rusland voorgestel. Dit is die 19de pakket sedert die volskaalse-aanval op Oekraïne in 2022. Al 27 die lidlande van die EU moet die plan goedkeur. EU-bronne het aan Reuters gesê die kommissie sal ‘n verbod voorstel op die invoere van Russiese vloeibare gas vanaf 1 Januarie 2027. […]

Read More

Olimpiese Spele: Russe verbied, Israeli’s nie - September 21, 2025

Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Kirstie Coventry, sê die Olimpiese Spele verenig die wêreld en bevorder vreedsame mededinging. Dit volg te midde van oproepe om sanksies op te lê teen Israel en Rusland voor die Olimpiese Winterspele in Italië. Russiese atlete word steeds verbied om onder hul nasionale vlag deel te neem, terwyl […]

Read More

NNN land in New York - September 21, 2025

President Netumbu Nandi-Ndaitwah het Saterdag in New York geland vir die 80ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 23 tot 29 September. Sy sal na verwagting Woensdag haar debuuttoespraak in die Algemene Vergadering lewer. Net voor haar vertrek uit Windhoek Vrydag, het Nandi-Ndaitwah die volgende boodskap gehad: 

Read More

Boer in Mpumalanga aangeval - September 21, 2025

‘n Boer van Chrissiesmeer in Mpumalanga, het ‘n gewelddadige aanval oorleef nadat hy vroeg Vrydag in die nek gesteek is terwyl hy sy eiendom geïnspekteer het. Die polisie sê die slagoffer het daarin geslaag om een aanvaller uit selfverdediging te skiet, terwyl ‘n ander een gevlug het. Die beseerde verdagte, ‘n 46-jarige Malawiese burger, is […]

Read More