Meer as ‘n halfmiljoen vlug uit Gaza Stad - September 21, 2025
Minstens 60 Palestyne is Saterdag in Israel se voortgesette aanvalle op Gaza dood, sê gesondheidsowerhede in die stad. Dit kom midde tien lande – insluitende Brittanje, Kanada en Australië – wat Palestina as ‘n onafhanklike staat gaan erken. Volgens Israel is sowat 20 toringblokke die afgelope twee weke in Gaza vernietig en het meer as […]
Curriebeker: Leeus se Nkosi wens Griekwas se Bergh geluk - September 21, 2025
Die Leeus se afrigter, Mziwakhe Nkosi, het sy mededinger, Peter Bergh, geprys nadat die Kimberley-span Saterdagmiddag ‘n skok-oorwinning van 27-25 in die Curriebeker-eindstryd op Ellispark behaal het. Die besoekers het die oorwinning beklink met ‘n strafskop deur George Whitehead in die laaste minute van die wedstryd, wat ‘n 55-jaar lange trofee-droogte beëindig het en die […]
Rundu kry 21 boorgate - September 21, 2025
Die regering het 21 boorgate in Kavango-Oos laat sink om die voortdurende watertekorte in Rundu en omliggende gebiede te takel. Eerste minister Elijah Ngurare het Saterdag tydens ‘n besoek aan die streek gesê installering van die nodige infrastruktuur sal binne twee weke deur die landbouministerie afgehandel wees.
Agt vas in Malawi oor beweerde verkiesingsbedrog - September 21, 2025
Die polisie in Malawi het agt mense vir beweerde verkiesingsbedrog in hegtenis geneem midde afwagting van die finale uitslae van Dinsdag se algemene verkiesing. Volgens die polisie is die verdagtes dataklerke, wat glo die syfers probeer manipuleer het. Voorlopige aanduidings is dat Peter Mutharika die voorloper in die verkiesing is, gevolg deur Lazarus Chakwera.
Iran dreig VN se kernwaghond - September 21, 2025
Iran se vernaamste veiligheidsliggaam het gewaarsku dat alle samewerking met die Verenigde Nasies se kernwaghond opgeskort sal word indien Frankryk, Duitsland en Brittanje weer internasionale sankies teen die land laat instel. Met verwysing na aanvalle op kernfasiliteite in Iran, het president Masoud Pezeshkian gesê wetenskaplikes en kundiges sal dit herbou.
Atletiek: Du Plessis se spies eindig vierde in Tokio - September 21, 2025
Jo-Ane du Plessis het die beste vertoning deur die Suid-Afrikaanse span tot dusver by die Wêreldatletiekkampioenskap gelewer en Saterdag vierde geëindig in die vroue-spiesgooi in Tokio, Japan. Op die voorlaaste dag van die byeenkoms het Du Plessis se spies op 63,06 meter geland met haar tweede ronde-poging.
Tyd loop uit vir registrasie van e-bestel-taxi’s - September 21, 2025
Die sperdatum vir e-bestel-taxi’s om openbare passasierspermitte te bekom kom vinnig nader, met die afsnydatum wat vir die einde van September gestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met vervoerminister Veiko Nekundi, gepraat, wat sê dat, volgens inligting wat hy ontvang het, meer as 1 000 bestuurders reeds deur hul maatskappye ontslaan is omdat hulle nie […]
SA se raad van Kernenergiekorporasie onbevoeg - September 21, 2025
Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê ‘n nuwe raad sal binne drie weke vir die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie aangestel word. Die huidige raad is onbevoeg ná verskeie bedankings wat verband hou met geskille oor salarisverhogings en bestuurskwessies. Ramokgopa het aan die parlement se portefeuljekomitee oor elektrisiteit en energie gesê potensiële kandidate is reeds […]
VSA-senator breek weg van konserwatiewes ná skorsing van Kimmel - September 21, 2025
Amerikaanse senator Ted Cruz het weggebreek van mede-Amerikaanse konserwatiewes en die skorsing van die geselsprogram-aanbieder Jimmy Kimmel veroordeel as “mafioso”-gedrag. ABC wat deur Disney besit word is wyd gekritiseer nadat hy Jimmy Kimmel verwyder het na kommentaar oor die beweerde gewapende man wat aangekla word van die moord op die regsgesinde aktivis Charlie Kirk. Die […]
Vrouerugby: Engeland klop Frankryk in halfeindstryd - September 21, 2025
Engeland het Saterdag ‘n begeesterde Frankryk met 35-17 in hul Vrouewêreldbeker-halfeindstryd in Bristol geklop. Die gasvroue is nou in hul sewende agtereenvolgende eindstryd en mik om die Wêreldbeker vir die eerste keer sedert 2014 te wen. Engeland is in vyf van hul laaste ses eindstrydwedstryde deur Nieu-Seeland geklop en kom nou teen Kanada, die wêreld […]