Lewenskoste, werk hou Namibiërs snags wakker - September 21, 2025

Inflasie, werksekuriteit en huispryse gee Namibiese verbruikers die grootste hoofbrekens, toon TransUnion se Consumer Pulse Study vir die tweede kwartaal. Sowat 75 persent van verbruikers beskou die prysmonster as hul grootste finansiële vyand, terwyl 64 persent sê huislenings en huur is hul grootste bekommernis. Meer as die helfte het slapelose nagte oor hul werk. 

Read More

Madlanga: Eerste week as mylpaal geloof - September 21, 2025

Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het die kommissie se eerste week as ‘n belangrike mylpaal geloof en sê daar was vordering ondanks openbare skeptisisme en vertragings. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Michaels het aan Newzroom Afrika gesê ernstige bewerings is nou geboekstaaf en kruisondervraging kan […]

Read More

Brittanje erken Palenstynse staat vandag - September 21, 2025

Die Britse eerste minister, sir Keir Starmer, sal na verwagting later vandag in ‘n verklaring Brittanje se erkenning van ‘n Palestynse staat aankondig. Starmer het in Julie gesê dat die land sy standpunt in September sal verander tensy Israel aan voorwaardes voldoen, insluitend die instemming tot ‘n skietstilstand in Gaza en die verbintenis tot ‘n […]

Read More

Grand Prix: Sewe ongelukke in kwalifiseringsessie - September 21, 2025

Max Verstappen het Saterdag sy sesde voorste wegspringplek van die seisoen vir die Azerbeidjan Grand Prix op die Baku-straatbaan behaal ná ‘n chaotiese kwalifiseringsessie met minstens sewe ongelukke. Red Bull se heersende wêreldkampioen sal die Spanjaard Carlos Sainz van Williams langs hom hê, met die Nieu-Seelander Liam Lawson van Racing Bulls derde. Die Wêreldkampioenskapleier Oscar […]

Read More

EK Toerisme baanbreker in sektor - September 21, 2025

Namibië gaan ‘n baanbrekerkonsep in die toerismesektor bekendstel, genaamd EK Toerisme, of emosionele intelligensie-toerisme. Die voormalige president van die Professionele Sprekersvereniging, Siegfried Lange, het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus onthul dat die eerste boek in ‘n reeks, getiteld “EQ Tourism, Volume 1, 2025”, op 16 Oktober by Arebbusch Travel Lodge bekendgestel sal word. […]

Read More

SA oorweeg verbloeming van aanklaers se identiteite - September 21, 2025

Die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, sê die verbloeming van identiteite kan in sekere gevalle ‘n moontlike oplossing wees vir die sluipmoorde op staatsaanklaers. Kubayi sê televisie-uitsendings van hofverrigtinge stel staatsaanklaers onbewustelik in gevaar met hul gesigte wat gewys word terwyl beskuldigdes versteek bly. Die minister sê daar is vyf aanklaers doodgeskiet in net soveel […]

Read More

Verskerpte sekuriteit vir Kirk-gedenkdiens in Arizona - September 21, 2025

President Donald Trump en ander prominente Amerikaanse politieke figure is te midde van verhoogde sekuriteit op pad na Arizona om te praat by ‘n gedenkdiens vir die 31-jarige konserwatiewe aktivis Charlie Kirk, wat twee weke gelede tydens ‘n buiteluggeleentheid by ‘n universiteit in Utah vermoor is. Openbare sluipmoorde in die VSA word gewoonlik begroet met […]

Read More

Rugby: Grootfontein vat JSB Gouebeker huis toe - September 21, 2025

Grootfontein se rugbyspan het sy bekerdroogte gebreek deur Wanderers Saterdag in die eindstryd van die JSB Gouebeker vir premierligaspanne met 37-32 in Windhoek se Hage Geingob-stadion te klop. Die rustydtelling was 20-10 in Grootfontein se guns. Wanderers se terugvegpoging is deur onnodige foute gekelder. Die Windhoekers se 22 punte in die tweede helfte teen Grootfontein […]

Read More

Landbousektor beleef ‘strategiese herstel’, sê NLU - September 21, 2025

Namibië se landbousektor toon ’n tydperk van strategiese herstel en kuddeherbouing ná twee jaar van droogte, sê die Namibië Landbou-unie in sy jongste kwartaalverslag. Gevolglik het beesbemarking skerp gedaal met 56% en beesvleisuitvoere het met die helfte afgeneem tot 5 461 ton, met swakker handelsvloei na Suid-Afrika, Brittanje en China. Net so het skaapbemarking met 41% […]

Read More

DA kondig Helen Zille as burgemeesterskandidaat vir Johannesburg aan - September 21, 2025

Die DA-leier John Steenhuisen het die party se Federale Raadsvoorsitter, Helen Zille, as hul burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing aangekondig. Steenhuisen het in Soweto gesê Johannesburg is ‘n stad van buitengewone mense wat deur swak politieke leierskap belemmer word. Steenhuisen het politici beskuldig dat hulle die stad se begroting wanbestuur en gesê […]

Read More