Kuberaanval tref Europese lughawens - September 21, 2025
Heathrow is een van verskeie Europese lughawens wat deur ‘n kuberaanval getref is wat die elektroniese inboek- en bagasiestelsel beïnvloed. Die lughawe berig dat verskeie vlugte Saterdag vertraag is weens ‘n “tegniese probleem” met sagteware wat deur verskeie lugdienste gebruik word. Brussel-lughawe sê ‘n kuberaanval Vrydagaand het beteken dat passasiers per hand ingeboek en aan […]
Rugby: Griekwas vier Curriebeker-vreugde - September 21, 2025
Die gesoute losskakel George Whitehead het sy naam in die Curriebeker-geskiedenisboeke verseker toe hy die wenpunte vir die Griekwas aangeteken het om die Leeus met 27-25 te verslaan in nog ‘n dramatiese eindstryd Saterdagmiddag op Ellispark. Die gashere het ‘n geringe voorsprong van 17-14 met rustyd gehad en met ‘n minuut oor was hulle 25-24 […]
Plaaswinsgewendheid verbeter, sê NLU - September 20, 2025
Plaaswinsgewendheid het verbeter danksy sterker pryse vir vee, insluitend beeste, lammers en speenkalwers, met pryse wat met van 10 tot 27 persent toegeneem het, sê die Namibië Landbou-unie. Produksiekoste vir vee het ook met 1.9% gedaal vir die twaalf maande wat in Junie 2025 geëindig het. Hierdie afname is hoofsaaklik beïnvloed deur ’n daling van […]
AfriForum sal standbeelde teen EFF beskerm - September 20, 2025
AfriForum sê hy sal die EFF se plan beveg om Afrikanerstandbeelde en -monumente te verwyder en te vernietig. Dit volg nadat die EFF-hoofsweep, Nontando Nolutshungu, ‘n mosie in die Parlement ter tafel gelê het waarin gevra word vir die verwydering van figure soos Louis Botha, Paul Kruger, Jan van Riebeeck en selfs die Voortrekkermonument. Ernst […]
Oekraïne steier onder massiewe Russiese aanval - September 20, 2025
Die Oekraïense president Volodymyr Zelensky sê drie mense is oornag dood en tientalle beseer in een van Rusland se grootste aanvalle van die oorlog. Die Oekraïense leier sê Moskou het 40 kruis- en ballistiese missiele en ongeveer 580 hommeltuie van verskillende tipes lanseer. Zelensky sê elke aanval is nie ‘n militêre noodsaaklikheid nie, maar ‘n […]
Atletiek: Jo-Ané du Plessis in eindronde vir spiesgooi in Tokio - September 20, 2025
Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenner Jo-Ané du Plessis het Vrydag gesukkel om haar ritme te vind in die kwalifiserende ronde van die vroue-spiesgooi by die wêreldkampioenskap in Tokio, maar sy het genoeg gedoen om ‘n plek in vandag se eindronde te verseker. Die 27-jarige het ‘n beste van 61,38 meter gegooi – heelwat minder as die […]
Nuwe name vir vyf Etosha-hekke - September 20, 2025
‘n Wetsontwerp om die hekke by die Etosha Nasionale Park te hernoem word deur die justisieministerie hersien. Die kwessie het aandag getrek nadat Swapo-parlementslid Tobie Aupindi die Nasionale Vergadering versoek het om die Galton-hek na Otjozovandu te hernoem. Aupindi het Sir Francis Galton, na wie die hek genoem is, gekritiseer vir sy bande met eugenetika […]
SA, Brasilië teen landbou-ooreenkoms - September 20, 2025
Die minister van landbou, John Steenhuisen, en Brasilië se adjunkminister van landbou en lewendehawe, Luiz De Alcantara Rua, het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken by die G20-landbouwerkgroep in Somerset-Wes. Die nie-bindende ooreenkoms is daarop gemik om voedselsekerheid, volhoubare boerdery en handelsgeleenthede te bevorder. Steenhuisen beskou dit as ‘n gedeelde visie vir ‘n voedselseker toekoms. ‘n […]
Portugal steun Palestina as staat - September 20, 2025
Portugal het Vrydag gesê dit gaan Palestina as staat erken. Brittanje, Australië, Kanada en Frankryk het ook reeds planne bekend gemaak om die staat te erken. In reaksie op dié aankondiging het die Palestynse ministerie van buitelandse sake Portugal se stap as dapper beskryf en gesê dit ondersteun pogings om vrede te bewerkstellig, en die twee-staatoplossing […]
Vrouerugby: Nieu-Seeland in nederlaag teen Kanada - September 20, 2025
Kanada het die kampioene Nieu-Seeland se heerskappy as houers van die Vrouerugby-wêreldbeker beëindig met ‘n briljante 34-19 halfeindstrydoorwinning in Bristol Vrydag. Dit was die Swart Varings se eerste nederlaag in die toernooi sedert hulle 11 jaar gelede teen Ierland verloor het. Die Kanadese is nou deur na hul tweede Wêreldbeker-eindstryd, nadat hulle in 2014 teen […]