Baie Namibiërs verloor steeds werk - September 20, 2025

Sowat 30 persent van Namibiese huishoudings wat die afgelope kwartaal aan ‘n opname van TransUnion deelgeneem het, het werksverliese beleef – vyf persentasiepunte meer as dieselfde kwartaal in 2024. Bykomend, het 17% aangedui hul besigheid moes sluit of het bestellings verloor. Sestien persent het gesê hul lone of salarisse is verlaag. 

Read More

Madlenga: Cele maak polisiekommissaris ‘baie ongemaklik’ - September 20, 2025

Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het sy teleurstelling uitgespreek met die optrede van die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele. Mkhwanazi, wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig, sê Cele het na bewering probeer inmeng in ‘n dissiplinêre saak teen misdaadintelligensiehoof, Feroz Khan deur druk op die distrikkomissaris van Zululand, Jabulani Khumalo, […]

Read More

Palestina aanlyn by VN-vergadering in New York - September 20, 2025

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het Vrydag oorweldigend besluit dat president Mahmoud Abbas van Palestina wêreldleiers volgende week via video mag toespreek. Dit volg ná Amerika geweier het om ‘n visum vir sy reis na New York goed te keur. Die VN het ook toestemming verleen dat Abbas en ander Palestynse hoëlui per video […]

Read More

Fietsry: Rwanda maak geskiedenis - September 20, 2025

Fietsryers van Afrika handhaaf al vir meer as ‘n dekade ‘n teenwoordigheid op fietsry se hoogste vlak, maar ‘n nuwe mylpaal sal bereik word wanneer die 2025 UCI Wêreldpadkampioenskap môre in Rwanda begin. Dit is die eerste keer dat ‘n wêreldkampioenskapwedren op die kontinent aangebied word nadat die International Cycling Union se wedren in 1921 in Swede […]

Read More

Omusati Ras Sheehama se laaste rusplek - September 20, 2025

Wyle Ras Sheehama, die Namibiese reggae-legende, word vandag in die Onamulunga-nedersetting in Omusati begrawe. Sheehama het vroeër vandeesmaand sy eie lewe in Windhoek geneem. ‘n Gedenkdiens vir die musikant is Vrydag in die nedersetting gehou, bygewoon deur familie, vriende, bewonderaars en hooggeplaaste regeringslui. Avo Emilio, wat in 1999 by die Ras Sheehama-groep aangesluit het toe sy […]

Read More

Vermeende misdaadbaas Modack sewe jaar tronk toe - September 20, 2025

Die vermeende misdaadbaas, Nafiz Modack, is effektiewe tronkstraf van sewe jaar in die Kaapse Hooggeregshof opgelê, ná hy op 51 aanklagte skuldig bevind is. Die regter het Modack ‘n tien-jaar vonnis opgelê waarvan drie jaar opgeskort is. Hy is skuldig bevind aan korrupsie insluitend ‘n betaling aan ‘n polisiebeampte vir spesiale behandeling en dwarsboming van […]

Read More

Gholf: Albertse wen Sunbet Challenge - September 20, 2025

Louis Albertse het Vrydag ‘n dramatiese oorwinnning behaal in sy derde Sonskyntoer toe hy Pieter Moolman in ‘n uitspeelwedstryd geklop het in die Sunbet Challenge wat deur Sun Sibaya by die Umhlali-buiteklub aangebied is. Dit was met die aanvang van die laaste ronde duidelik daar wag ‘n spannende einde, met Albertse en Moolman deel van […]

Read More

Ndama kry skool ná herrie op sosiale media, NV - September 20, 2025

‘n Staatskool met 25 klaskamers gaan by Ndama in Kavango-Oos gebou word, ná kinders wat onder bome moet skoolgaan ‘n herrie op sosiale media ontketen en selfs in die parlement gaan draai het. Eerste minister Elijah Ngurare en onderwysminister Sanet Steenkamp het Ndama Vrydag besoek met die nuus dat bouwerk aan die skool teen Januarie […]

Read More

Goeie tabak-oes vuur groei in Zimbabwe aan - September 20, 2025

Zimbabwe het sy ekonomiese groeivoorspelling vir 2025 opwaarts hersien na 6,6 persent, vanaf ‘n vorige ses persent. Die minister van finansies, Mthuli Ncube, sê die verbeterde vooruitsigte word aangedryf deur ‘n sterker as verwagte tabak-oes en ‘n wêreldwye styging in die goudprys wat mynbou-inkomste verhoog. Groei het verlede jaar verlangsaam tot slegs twee persent nadat […]

Read More

Trump sê TikTok-kwessie opgelos, Beijing bly vaag - September 20, 2025

Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die dag met die media gepraat: […]

Read More