Atletiek: SA se Dambile 8ste in blitsige 200 m - September 20, 2025
Sinesipho Dambile moes Vrydag met die agtste plek tevrede wees in ‘n blitsige 200-meter-eindronde by die wêreldkampioenskap in Tokio. Die Amerikaner Noah Lyles het gewen in 19,52 sekondes. Lyles het die oorwinning oor die laaste 10 meter beklink vir sy vierde agtereenvolgende wêreldkroon in die 200 meter. Hy is gevolg deur sy landgenoot Kenneth Bednarek […]
Die reën is op pad! - September 20, 2025
Reën is môre op pad na dele van Namibië . ‘n Afsny-laagdrukstelsel en oostelike vloei sal na verwagting donderbuie na Kavango-Wes, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke en die suidweste bring. Dit is volgens weervoorspeller Olga Tjiueza, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.
Meer as 300 Amorak-motors in SA herroep - September 20, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het eienaars in kennisgestel dat Volkswagen Suid-Afrika 374 Amorak-voertuie herroep het wat tussen 10 Januarie en 12 Junie vanjaar vrygestel is. Die voertuie word herroep as gevolg van ‘n moontlike verlies van rembystand wat moontlik veroorsaak word deur die elektromeganiese remservo-beheereenheid. Volgens Volkswagen bly die remstelsel funksioneel maar benodig groter druk op […]
Navo onderskep Russiese MiGs in Estland - September 20, 2025
Drie Russiese vegvliegtuie wat die Estlandse lugruim geskend het, is deur Navo onderskep. Estland se ministerie van buitelandse sake het die inval as “skaamteloos” bestempel. Hy sê drie Russiese MiG-31-vegvliegtuie het Vrydag die land se lugruim sonder toestemming oor die Golf van Finland vir 12 minute binnegedring. Navo-woordvoerder Allison Hart sê dis nog ‘n voorbeeld van […]
Vrouekrieket: Proteas draf Pakistan kaf - September 20, 2025
Die Protea-vroue het ‘n reusetotaal van 292 vir drie aangeteken en Vrydag die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Lahore met 26 lopies gewen. Tazmin Brits het oorheers met ‘n manjifieke 171 nie uit nie openingsvennootskap van 260 met kaptein Laura Wolvaardt. Reën het spel ná 41 boulbeurte onderbreek met die Proteas op 238-0 en die wedstryd […]
Copps 94.1: Polisie maan teen inbrekers - September 20, 2025
Copps 94.1 het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met die Namibiese polisie wat die publiek gewaarsku het om op hul hoede te wees vir inbrekers. Diewe teiken veral elektroniese toerusting in huise wat nie voldoende beveilig is nie. Hoofinspekteur Katrina Naukushu het meer:
Prysstyging in brandstof in SA verwag - September 20, 2025
Inligting deur die Sentrale Energiefonds toon onderverhaling in petrolpryse, wat ‘n waarskynlike styging in Oktober aandui. Petrol 93 kan met vyf sent per liter styg en petrol 95 met 13 sent, terwyl diesel effens kan daal. Die fonds sê die rand se sterkte verlig die druk tot ‘n mate, maar stygende internasionale oliepryse beperk die […]
Taliban laat Britse egpaar vry - September 20, 2025
Die familie van ‘n Britse egpaar wat byna agt maande deur die Taliban aangehou is, sê hulle is oorweldig van dankbaarheid en vreugde oor hul vrylating. Die 80-jarige Peter Reynolds en sy 76-jarige vrou Barbie, wat byna twee dekades in Afghanistan gewoon het, is op 1 Februarie op pad huis toe voorgekeer. Die egpaar is […]
Curriebeker: Spanning loop hoog oor eindstryd - September 20, 2025
Die tafel is gedek vir ‘n opwindende einde aan die 2025 Curriebekerseisoen met die Leeus wat die Griekwas vandag op Ellispark verwelkom. Die twee spanne het twee weke gelede vir hul enigste ander wedstryd van die seisoen teen mekaar gespeel. Die Leeus se gemaklike oorwinning van 37-7 in Kimberley en hulle tot bo-aan die punteleer […]
Agribank maak plan met wanpresterende lenings se rente - September 19, 2025
Agribank het ‘n nuwe skuldverligtingsinisiatief van stapel gestuur wat daarop gemik is om rente wat op meer as 900 miljoen Namibiese dollar se wanpresterende lenings gehef is, te verhaal. Volgens uitvoerende hoof Raphael Karuaihe staan die bank se totale leningsboek tans op ongeveer 3,2 miljard dollar, met meer as 900 miljoen dollar wat as agterstallige […]