Watersiklus in chaos weens klimaatsverandering: VN - September 19, 2025

Klimaatsverandering veroorsaak toenemend wêreldwye wisselvallige en uiterste veranderings tussen vloede en droogtes, met ‘n stortvloed van uitwerkings op samelewings. Die VN se Wêreld Meteorologiese Organisasie het in ‘n verslag gesê die wêreld se watersiklus word al hoe meer onvoorspelbaar, met gletsers wat krimp, droogtes, ongebalanseerde rivierkomme en ernstige vloede wat verwoesting saai. Die agentskap se […]

Read More

F1: Sainz soek permanente wedstrydbeamptes - September 19, 2025

Motorsport: Carlos Sainz vra permanente wedstrydbeamptes in Formule Een na sy geslaagde appèlaansoek teen ‘n strafpunt na ‘n botsing in die Nederlandse Grand Prix. Die Williams-renjaer het onmiddellik beswaar gemaak na sy botsing einde Augustus met Liam Lawson van Alpine. Williams het bykomende bewyse voorgelê, waarna die beamptes van Zandvoort sy straf gekanselleer het. Die […]

Read More

Gebrek aan befondsingformule kelder projekte: Sankwasa - September 19, 2025

Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, het in die parlement onthul dat daar steeds geen formele formule is vir die toewysing van kapitaalbegrotings aan plaaslike en streeksowerhede nie. In plaas daarvan word toewysings gebaseer op ‘n prioriteitslys wat voortgesette meerjarige projekte, noodinfrastruktuurbehoeftes en kritieke instandhoudingswerk insluit. Sankwasa het gesê dat ‘n formele, billike formule […]

Read More

Blok selfoonseine uit Pollsmoor, vra burgemeester - September 19, 2025

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, vra vir die gebruik van tegnologie om selfoonseine by Pollsmoor-gevangenis te blok. Die burgmeester het hierdie week aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, geskryf en kommer uitgespreek dat kriminele aktiwiteite van binne Pollsmoor gekoördineer word. Hill-Lewis sê hy is tydens ‘n onlangse padinspeksieprojek in Bishop Lavis deur […]

Read More

Trump, Xi gaan handelsbande en TikTok bespreek - September 19, 2025

President Donald Trump wat Xi Jinping onlangs beskuldig het dat hy teen Amerika saamsweer, hoop om vandag die lot van die video-toepassing TikTok te finaliseer en vordering te maak met handelsgesprekke wanneer hy die Chinese leier bel. Die oproep sal die tweede een wees sedert Trump in Januarie na die Withuis teruggekeer het. Xi het […]

Read More

Rashford skitter vir Barca, Haaland kry 50ste doel - September 19, 2025

Sokker: Die vyfmalige wenners, Barcelona, het hulle Kampioenskapsliga-veldtog op ʼn wen-noot afgeskop toe hulle Newcastle United op St James Park met 2-1 verslaan het. Marcus Rashford het twee vinnige doele in die tweede helfte aangeteken, terwyl Anthony Gordon in die 90ste minuut met een geslaag het. Erling Haaland spog met sy 50ste doel in die […]

Read More

Padowerheid werk aan voetganger-veiligheid - September 19, 2025

Te midde van ‘n 45 persent styging in voetgangersterftes, belowe die Padowerheid dringende optrede. Woordvoerder Hileni Fillemon het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl projekte soos die 193 miljoen Namibiese dollar Eenhana-Oshigambo-padopgradering aan die gang is, meer gedoen moet word om lewens te beskerm, veral in hoërisiko-gebiede soos Oshikango. Die Owerheid beplan om veiligheidsinfrastruktuur, […]

Read More

Vakbond woedend oor R20 miljoen vir verdediging-reise - September 19, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare het die jongste verslag van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane oor 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand se reiskoste, gekritiseer. In ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement, het minister Angie Motshekga ‘n ontleding gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld bestee het om 22 […]

Read More

Aussie dokter noem sampioenmoordenares ‘mal teef’, kry straf - September 19, 2025

‘n Australiese dokter wat alarm gemaak het oor Erin Patterson, dr. Chris Webster, is deur die Mediese Raad van Australië gestraf oor neerhalende opmerkings oor die drievoudige moordenaar. Die raad het bevind dat sy optrede onvanpas was en beveel dat hy etiek, privaatheid en sosiale media-opleiding ondergaan. Webster was ‘n sleutelgetuie in Patterson se verhoor, […]

Read More

F1: Hamilton steeds optimisties oor podiumplek - September 19, 2025

Motorsport: Lewis Hamilton bly optimisties dat hy nog vanjaar sy eerste podiumplek vir Ferrari kan behaal. Die sewemalige wêreldkampioen het voor die naweek se Azerbeidjan Grand Prix beklemtoon dat ‘n oorwinning onwaarskynlik is, maar dat ‘n plek onder die eerste drie in die laaste agt wedrenne realisties is. Hamilton het nog nooit vantevore ‘n seisoen […]

Read More