GRN skaf 20 Prado’s aan teen N$1,2m elk - October 29, 2025

Die vervoerministerie het die verkryging van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van 24,65 miljoen Namibiese dollar vir openbare ampsdraers onder die regering se voertuigvervangingsbeleid bevestig. Minister Veikko Nekundi, sê dat die verkrygingsproses gelei word deur ‘n gevestigde beleidsraamwerk. Regeringsvoertuie bly vir vyf jaar of 120 000 kilometer in diens, waarna hulle opgeveil word. […]

Read More

Waar’s die boeliebeleid? - October 29, 2025

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die gebrek aan omvattende anti-boeliestrategieë in skole. Dit volg op die voorval by Milnerton High School in Kaapstad, waar ‘n graad 10-leerder geboelie en aangerand is. Agt graad-11 leerlinge het verlede week in die hof verskyn en is aangekla van aanranding met die opset […]

Read More

Kommer oor wankelrige wapenstilstand in Gaza - October 29, 2025

Daar is kommer oor die toekoms van die wapenstilstand tussen Hamas en Israel, na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Dinsdagaand aanvalle op Gaza beveel het. Dit was nadat hy Hamas beskuldig het dat hulle die ooreenkoms verbreek het deur Israeliese troepe aan te val. Sky se Adam Parsons berig uit Jerusalem dat daar tans nie […]

Read More

Nog vier bote in Stille Oseaan verwoes - October 29, 2025

Die Amerikaanse weermag het op vier bote toegeslaan wat vermoedelik dwelms in die oostelike Stille Oseaan vervoer het. Veertien mense is dood en een het oorleef. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê intelligensie was bewus van die bote wat op bekende dwelmhandelroetes gevaar het met dwelms aan boord. Die jongste operasie bring die aantal […]

Read More

N$5m vir sanitêre doekies is pleisterplak  - October 29, 2025

Die regering se aankondiging om jaarliks 5 miljoen Namibiese dollar toe te ken vir die voorsiening van sanitêre doekies aan skoolmeisies het gemengde reaksies uitgelok. Rinaani Musutua van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidsnetwerk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die stap prysenswaardig is, behandel dit slegs die simptome van ‘n dieper probleem, armoede […]

Read More

IPC se Donatus weer in die hof  - October 29, 2025

Florian Donatus, landelike raadslid van die IPC sal weer vandag in die hof op Swakopmund verskyn na hy borg van 50 000 Namibiese dollar op 23 September toegestaan is. Donatus is op 26 klagtes, 13 van bedrog en 13 van geldwassery aangekla wat goedere van meer as 116 000 Namibiese dollar betrek. Volgens die staat […]

Read More

Aantygings van Franse inmenging in Afrika-verkiesings  - October 29, 2025

Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies is, […]

Read More

Rio-klopjag dood 64, insluitend vier polisie  - October 29, 2025

Minstens 64 mense insluitend vier polisiebeamptes, is dood in Rio de Janeiro se dodelikste polisie-optrede teen die Rooi Kommando-bende in Brasilië. Sowat 2 500 swaar gewapende beamptes was deel van Operation Containment, waarin meer as 80 mense gearresteer is. Rio de Janeiro-staat se goewerneur, Cláudio Castro, sê polisie het beslag gelê op ʼn groot hoeveelheid […]

Read More

Dorsland: Beloning bereik N$800 000  - October 29, 2025

Die stroop van Dorsland, die swart renosterkoei wat dragtig was, en haar kalfie in die Sorris Sorris-bewarea, kring steeds uit. Conservation Travel Namibia is besig om ‘n beloning van ‘n miljoen Namibiese dollar bymekaar te maak vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die stropers se inhegtenisname. ‘n Totaal van 800 000 […]

Read More

Jeug sokkertoernooi vind die naweek plaas  - October 29, 2025

Die Julinho Athletic Sokker-akademie sal sy hoogs verwagte jeug sokkertoernooi aanbied van Vrydag tot Sondag by die Akademie Sokker Arena in Rieckmannstraat, Pionierspark. Die toernooi spog met Ino Harith Capital en Demshi Investment Holdings as die hoofborge. Jong spelers van onder-7 tot onder-17 sal vaardigheid, spanwerk en sportmanskap tydens ‘n opwindende naweek van sokker ten […]

Read More