Gholf: Vyf jong SA sterre skitter by Sunbet Challenge - September 19, 2025
Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is almal een hou voor die […]
Otjikoto spoeg goud vir die vale - September 19, 2025
B2Gold verwag sy Otjikoto-myn sal vanjaar tussen 185 000 en 205 000 onse goud lewer, heelwat meer as wat vroeër geskat is. Otjikoto nader die staak van sy oopgroef-bedrywighede, maar B2Gold het besluit om die Antelope-neerslag ondergronds te ontwikkel. Dit kan Otjikoto se goudproduksie met sowat 110 000 onse per jaar verhoog. Die kapitale koste […]
Eskom oorweeg stappe ná hofuitspraak oor gaskragaanleg - September 19, 2025
Eskom sê hy neem kennis van die Appèlhof se uitspraak wat die omgewingsgoedkeuring vir die voorgestelde gekombineerdesiklus-gaskragaanleg van 3 000 megawatt in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, tersydestel. Die hof het bevind daar was onvoldoende openbare deelname en daar is nie met kwesbare gemeenskappe beraadslaag nie. Hy voer ook aan ander hernubare energiebronne of kumulatiewe omgewingsgevolge is nie […]
Trump: ‘Putin het my in steek gelaat’ - September 19, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het tydens ‘n nuuskonferensie saam met die Britse eerste minister, Sir Keir Starmer, by Chequers gesê “Putin het hom werklik in die steek gelaat”. Volgens Starmer het Putin die laaste paar dae “sy werklike kleure gewys” en sê hulle moet druk op die Russiese president plaas. Trump sê hy is baie […]
Tennis: Halfeindronde van Billly Jean King-beker vandag in China - September 19, 2025
Die halfeindronde van die Billie Jean King-beker in China het aangebreek. Die verdedigende kampioen, Italië, en Oekraïne sal mekaar vandag pak na kwarteind-oorwinnings oor onderskeidelik die gasvroue en Spanje. Môre speel Amerika teen Groot-Brittanje. Amerika het Kazakstan 2-1 uitgeskakel. Emma Navarro het Yulia Putintseva geklop en Elena Rybakina het die telling gelykop gemaak deur Jessica […]
Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys - September 19, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir ‘n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as ‘n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine Moller na Frankryk, Lebbius Tobias […]
Krieket: Namibië sluit reeks teen Zimbabwe op ‘n hoogtepunt af - September 19, 2025
Namibië se Jan Frylinck het 77 lopies van net 31 balle gemoker in Donderdag se derde T20-wedstryd teen Zimbabwe. Namibië het die wedstryd met 28 lopies gewen. Frylinck het agt viere en ses sesse geslaan om amper Yuvraj Singh se rekord van 18 jaar in T20-krieket te verbeter. Singh, van Indië, het in 2007 se […]
Namibië sal sakevriendelik bly, beloof NNN - September 19, 2025
Die regering sal aanhou om die doen van sake in Namibië voortdurend te vergemaklik, het president Netumbu Nandi-Ndaitwah Donderdag tydens die bekendstelling van Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg aan die kus onderneem. In haar toespraak, wat deur eerste minister Elijah Ngurare gelewer is, het die president Cleanergy Solutions Namibia se Hydrogen Dune Project beskryf as […]
Spitzkoppe-klag: Drie polisiebeamptes kry borg - September 19, 2025
Die drie polisiebeamptes wat Donderdag in die landdros op Usakos verskyn het in verband met die beweerde aanranding van ‘n 44-jarige man van Spitzkoppe, is elk op borg van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat. Adjunkoffisier Jonas Flai, konstabel Raphael Kaundu Reino en konstabel Willem Jantze is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te […]
NamPost se geldsake bly gesond - September 19, 2025
NamPost se jongste finansiële resultate toon dié staatsonderneming het inkomste van 1,12 miljard Namibiese dollar in die 2023/24-boekjaar verdien. Inligtingsminister Emma Theofelus het Donderdag gesê die kabinet het die voorlegging van NamPost se jongste jaarverslag in die parlement goedgekeur.