Trigon kry groenlig om Kombat-myn te verkoop - September 19, 2025
Die Namibiese Mededingingheidskommissie het die verkoop van Trigon Metals se belang van 80% in die Kombat-myn aan Horizon Corporation goedgekeur. Knowledge Katti, een van die beleggers in die myn, sê die transaksie baan die weg vir die heropening van Kombat. Bedrywighede by die myn is in Januarie weens waterpompprobleme gestaak.
Namibië stel ‘slimkaart’ vir ekostelsel bekend - September 19, 2025
Namibië het Donderdag sy eerste nasionale ekostelselkaart bekend gestel. Dit gaan gebruik word as ‘n riglyn vir die beplanning van grondgebruik, bewaringsprioriteite en klimaat-aksie. Dié kaart is deel van Namibië se verpligtinge as deel van die Kunming-Montreal se Globale Raamwerk vir Biodiversiteit. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer tydens die bekendstelling verduidelik:
Solidariteit gaan red sake in Amerika - September 19, 2025
Die Solidariteit Beweging het ‘n uitgebreide gemeenskapsbesoek aan die VSA van stapel gestuur. Die voorsitter, Flip Buys, sê die regering en die ANC het bande met Washington beskadig en kan nie vertrou word om alleen die verhoudings te herstel nie. Die afvaardiging sal federale en staatsrolspelers ontmoet om voorspraak vir die ekonomie en werkers te […]
Trump prys ‘onbreekbare band’ tussen VSA en Brittanje - September 19, 2025
Donald Trump het Amerika se “onbreekbare band” met Brittanje geprys toe hy en eerste minister Keir Starmer ‘n reuse- tegnologie-ooreenkoms onderteken het op die tweede dag van die Amerikaanse president se staatsbesoek. Trump het ‘n dag nadat koning Charles hom met koninklike prag en praal by Windsor-kasteel trakteer het, na Starmer se Chequers-landgoed gevlieg vir […]
Curriebeker: Net een verandering aan Griekwas-span teen Leeus - September 19, 2025
Griekwas se begin-vyftiental vir môre se Curriebeker-eindstryd teen die Leeus toon net een verandering aan die span wat die Cheetahs in verlede week se halfeindstryd in Kimberley verslaan het. Die slot Derik Pretorius vervang Malembe Mpofu, wat nie sy kopbeseringstoets geslaag het nie, terwyl Marco de Witt dekking op die bank bied. Phumzile Maqondwana is […]
Namcor-skuld is aan Willemse betaal, hoor hof - September 18, 2025
Die staat hou vol dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse geld van Erongo Petroleum en Enercon Namibia gekry het sodat hulle hul kredietlimiet by Namcor kan oorskrei. Oberty Inambao, die Teenkorrupsie-kommissie se hoof-ondersoeker, het in Willemse se borgtogaansoek voor landdros Olga Muharukua getuig. Hy sê Erongo Petroleum het ‘n krediet-limiet van 10 miljoen Namibiese dollar by […]
SA rentekoerse bly onveranderd - September 18, 2025
Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers op 7-persent en die prima uitleenkoers op 10,5-persent te hou. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besluit, wat deur vier van die ses komiteelede ondersteun word, weerspieël die verwagting dat inflasie in die komende maande sal styg, en ‘n hoogtepunt van […]
Trump wil Antifa tot ‘n groot terroriste-organisasie verklaar - September 18, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump sê hy sal “Antifa”, ‘n verkorting van “anti-fascisties”, gebruik om ultra-linkse groepe tot ‘n groot terroriste-organisasie te verklaar. Hy het Antifa nou al lank die skuld gegee vir verskeie wandade, van geweld teen die polisie tot bewerings dat dit onluste by die Amerikaanse parlementsgebou in Januarie 2021 aangevuur het teen […]
SA se Dambile in Wêreldkampioenskap 200m finaal, Wayde uit - September 18, 2025
Atletiek: Sinesipho Dambile van Suid-Afrika het gekwalifiseer vir die 200-meter-eindronde op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan, deur derde te eindig in sy halfeind-uitdun. Sy landgenoot Wayde van Niekerk is egter uitgeskakel nadat hy slegs die 11de-vinnigste tyd opgestel het. Die Amerikaner Noah Lyles is ‘n ernstige aanspraakmaker op die titel nadat hy ‘n skittertyd van […]
Bohaai oor mans wat vroue se vanne vat ‘is kultureel’ - September 18, 2025
Geslagsgelykheidspraktisyn Ngamane Karuaihe-Upi sê die bohaai oor mans wat hul vrouens se vanne neem ontbloot dieper kulturele vrese. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hy dat ‘n vrou tradisioneel haar nooiensvan verloor wanneer sy trou en simbolies die man se eiendom word, wat die manlike gesag versterk. Sy kommentaar kom terwyl die Mansraad […]