African Stars takel Vipers SC in Kampioeneliga-kwalifiseerder - September 18, 2025
Namibië se sokkerkampioene, African Stars, sal hul Afrika Kampioeneliga-veldtog môre afskop teen die Ugandese kampioene, Vipers SC, in ‘n eerste rondte, eerste been-kwalifikasie wedstryd in Kaapstad. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Stars aan die kontinentale toernooi deelneem. Die wenner op puntetotaal sal die puntetotaal-wenner tussen die Zambiese liga-kampioene Power Dynamos en die Ivoorkus-liga […]
Namibië open 1ste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg in Afrika - September 18, 2025
Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg is vandag amptelik deur Cleanergy Solutions Namibia aan die kus bekendgestel. Die projek, ‘n vennootskap tussen Namibië se Ohlthaver & List Groep en die Belgiese firma CMB Tech, dui op ‘n gewaagde stap in die globale skoon energie-arena. O&L-voorsitter Sven Thieme sê die skaal en kompleksiteit van die aanleg het […]
Namibiese ‘rump steak’ laat Duitsland se mond water - September 18, 2025
Na twee en ‘n half jaar se voorbereidingswerk brei premium Namibiese beesvleis se beskikbaarheid in Duitsland uit. Vanaf Saterdag sal Namibiese kruisskyf, of “rump steak”, as ‘n maandelikse spesiale aanbieding by alle Block House-steakrestaurante, ‘n prominente ketting met 42 restaurante regoor Duitsland, aangebied word. Namibiese beesvleis is gesog in Europa omdat diere vrylopend in die […]
BW Energy begin kritieke Kudu-gasveld put boor - September 18, 2025
BW Energy het begin boor aan sy hoogs verwagte Kharas-1-beoordelingsput aflandig Namibië se suidkus. Die resultaat van hierdie boorwerk is van kritieke belang vir die toekomstige ontwikkeling van die Oslo-genoteerde firma se Kudu gas-projek. Die boorwerk word gedoen deur die Deepsea Mira boortuig, wat pas Rhino Resources se Volans-1X eksplorasieput net effe suid in PEL 85 […]
Betogers neem Frankryk op horings oor kostebesparings - September 18, 2025
Franse betogers veroorsaak landwye ontwrigting oor president Emmanuel Macron se begrotingsbeleide en minstens 94 mense is reeds gearresteer. Massa-optogte veroorsaak vervoerchaos en botsings tussen die polisie en betogers. Eerste minister Sebastien Lecornu het verlede week oorgeneem as Macron se sewende regeringshoof. Vakbonde, onderwysers en linksgesindes is woedend oor die konsep-kostebesparingsbegroting van sy voorganger, ondanks Lecornu […]
NNN wil meer werke sien in mynbou - September 18, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Namibië se mynbousektor uitgedaag om ‘n dryfkrag te word in haar administrasie se plan om 500 000 werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar te skep. Sy het die Kamer van Mynwese by Staatshuis toegespreek en gevra vir groter waardetoevoeging in mynbou om werkryke stroomaf-nywerhede te ontsluit en groeiende ongelykheid aan te […]
Sindikate meng in by politieke moordsake: Mkhwanazi - September 18, 2025
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê vyf inhegtenisnemings is nie uitgevoer nie uit 121 politieke moorddossiere wat oorgeplaas is na die nasionale polisiehoofkantoor in Pretoria. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê hoewel die dossiere geskandeer en geoudit is voor oorhandiging, is die opdrag om verdagtes aan te keer, nie nagekom nie:
ABC onttrek Jimmy Kimmel Live oor Charlie Kirk-opmerkings - September 18, 2025
Disney se ABC-kanaal het die gewilde laatnagprogram, Jimmy Kimmel Live, onbepaald onttrek. Dit kom te midde van omstredenheid oor Kimmel se onlangse opmerkings oor die dood van Charlie Kirk, wat tydens ʼn geleentheid by Utah Valley University doodgeskiet is. Tyler Robinson word aangekla van die aktivis se moord. Kimmel het Maandagaand in sy monoloog gesê die […]
O’Connor terug na Aus voor All Blacks-toetse - September 18, 2025
Rugby: Die losskakel, James O’Connor se hoop om weer vir die Wallabies te speel, bestaan steeds, nadat hy gekies is in die groep vir die laaste twee Rugby Kampioenskaptoetse teen die All Blacks. Die 35-jarige het Maandag na sy nuwe Engelse klub, Leicester, teruggekeer nadat hy vir die eerste keer in drie jaar weer vir […]
Oud-woordvoerder van NamWater pleeg glo selfmoord - September 18, 2025
Die 69-jarige Tommi-Riva Numbala, wat 27 jaar lank NamWater se woordvoerder was tot sy aftrede, het na bewering selfmoord gepleeg op die plaas Satamab in die Usakos-omgewing. Die polisie sê sy liggaam is Woensdag-oggend in ‘n oop area voor sy huis deur ‘n werknemer aangetref. Volgens die werknemer het Numbala die plaas Sondagaand verlaat om […]