NNN op pad na Groot Appel vir VN-vergadering - September 18, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek môre na New York vir die 80ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 23 tot 29 September. Sy sal na verwagting Woensdag haar debuuttoespraak in die Algemene Vergadering lewer. Nandi-Ndaitwah sal tydens haar besoek ook aan hoëvlak-geleenthede oor onder meer vrouebemagtiging, volhoubare ontwikkeling en ekonomiese hervorming deelneem.
Voertuigverkope tel spoed op - September 18, 2025
Namibië se voertuigmark toon sterk tekens van herstel. Verkope in Augustus het 26,7 persent jaar-op-jaar gestyg, met altesaam 1 261 voertuie wat van die hand gesit is. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê egter daar is risiko’s wat voortgesette momentum kan beïnvloed. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Laer rente in SA eers later vanjaar verwag - September 18, 2025
Die hoof-ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, verwag dat die Reserwebank se monetêre beleidskomitee nie vandag die rentekoers gaan verander nie. Roodt sê al het die inflasiekoers ietwat verbeter van 3,5 persent in Julie na 3,3 persent verlede maand, sal die goewerneur van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, waarskynlik ‘n verdere verlaging tot November vertraag. Die […]
Eerste in Afrika: Geïntegreerde groenwaterstofaanleg open aan kus - September 18, 2025
Cleanergy Solutions Namibia open vandag Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstofaanleg aan die kus. Die perseel het ‘n sonaangedrewe elektroliseerder wat groenwaterstof produseer, ‘n vulstasie vir groenwaterstof-aangedrewe voertuie, asook ‘n akademie vir opleidingsdoeleindes. Die projek is ‘n gesamentlike vennootskap deur O&L Namibia en CMB Tech. Die Europese Unie het die projek gedeeltelik.
Digitale bankbedrog meer as verdubbel in SA - September 18, 2025
FNB sê die gevaar van digitale bankbedrog neem toe terwyl Suid-Afrikaners die laaste deel van die jaar aanpak en besteding toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankbedrog-inligtingsentrum het voorvalle van digitale bankbedrog toegeneem van 31 000 in 2023 tot 64 000 verlede jaar. Chris Boxall van FNB sê swendelaars word al meer gesofistikeerd in die manier waarop […]
Kirk-moord: Obama maan teen ‘ongekende politieke krisis’ - September 18, 2025
Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen ‘n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens ‘n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie met baie van sy sienings […]
Tennis: Kenia se Eno Polo nuwe hoof van ATP - September 18, 2025
Die gewese Keniaanse Davisbekerspeler Eno Polo is die nuwe uitvoerende hoof van die beheerliggaam vir die mansberoepspel, die ATP. Die 58-jarige Polo volg Massimo Calvelli op nadat die Italianer in Junie ná vyf jaar in die rol bedank het. Polo sal toesig hou oor die ATP se wêreldwye bedrywighede en die OneVision-hervormingsplan voortsit. Dié plan moet […]
Vroue in hospitaal ná seekoei-aanval - September 18, 2025
Twee vroue is in die hospitaal op Rundu ná hulle Dinsdagmiddag deur ‘n seekoei naby ‘n nedersetting in Kavango-Oos aangeval is. Volgens die polisie was die vroue deel van ‘n groep van ses wat hul wasgoed in die rivier wou was. Hulle het daarna besluit om in die rivier af te koel. Die seekoei het […]
Vakbond pleit vir verligting by Reserwebank - September 18, 2025
Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank dringend versoek om die repokoers te verlaag vir ‘n blaaskans aan miljoene werkers wat sukkel om weens die stygende lewenskoste te oorleef. Die Reserwebank het sedert die aanvang van die siklus van koersverlagings verlede September koerse kumulatief met 125 basispunte verlaag, en daarmee die terugkoopkoers van 8,25 persent tot 7 […]
EU soek sanksies teen Israel én Hamas - September 18, 2025
Die Europese Kommissie beplan om handel met Israel te beperk en sanksies in te stel teen sogenaamde ekstremistiese ministers in sy regering. Die voorstel moet deur die meerderheid van die Europese Unie se 27 lidlande aanvaar word, maar sal waarskynlik teenstand kry, veral van Duitsland en Italië. Die EU is Israel se grootste handelsvennoot, met […]