Rugby: Wallabies kondig groep teen All Blacks aan - September 18, 2025

Die Wallabies-afrigter, Joe Schmidt, het sy groep van 34 bekendgemaak wat Nieu-Seeland in die laaste twee rondes van die Rugbykampioenskap gaan takel. Dit bestaan uit 19 voor- en 15 agterspelers. Die stut, James Slipper, kan sy 150ste verskyning maak en aansluit by Alun-Wyn Jones van Wallis en die All Black, Sam Whitelock, wat die enigste […]

Read More

LPM bevraagteken Jeugontwikkelingsfonds se vereistes - September 18, 2025

Die LPM se jeugkommando beskryf die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds as ‘n progressiewe en potensieel transformerende inisiatief, maar het die bekendstellingsfase daarvan gekritiseer. Die jeugkommando se leier, Duminga Ndala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê met die huidige kriteria en gebrek aan duidelike inligting, loop baie jongmense die risiko om uitgesluit te word.

Read More

Aanklaers in SA toenemend geteiken - September 18, 2025

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die wreedaardige moorde op aanklaers is ‘n gruwelike aanval op die regstelsel en die oppergesag van die reg. Die minister sê vyf aanklaers is die afgelope vyf jaar in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap doodgeskiet. Kubayi sê hierdie aanvalle op mense in die regsberoep […]

Read More

Moody’s voorspel swaar tye vir SA - September 18, 2025

Die graderingsagentskap, Moody’s, verwag Suid-Afrika se ekonomie sal oor die volgende twee jaar met minder as 1,5 persent per jaar groei. Dis minder as die byna 5 persent wat vir Afrika suid van die Sahara voorspel word. Moody’s sê hy verwag Amerikaanse tariewe sal slegs ʼn matige uitwerking op die land hê, maar kleiner aanvraag […]

Read More

Uvhungu-Vhungu se uier bly kurkdroog - September 18, 2025

Vir meer as 16 jaar is die Uvhungu-Vhungu-melkplaas ‘n dormante wit olifant wat nog nie ‘n druppel melk geproduseer het nie, ten spyte van verskeie duur herlewingspogings. Dit was ‘n hete onderwerp in die parlement, waar wetgewers antwoorde geëis het. Landbouminister Inge Zaamwani, wat vroeër vanjaar die amp opgeneem het, sê sy het die plaas […]

Read More

SA dien dossiere teen Israel by VN in - September 18, 2025

Suid-Afrika het vandag drie openbare dossiere by die VN Veiligheidsraad ingedien waarin Israel beskudig word van volksmoord teen Palestyne in Gaza. Die voorleggings beskryf beweerde aanhitsing deur Israelse amptenare, dade van volksmoord, en die gebruik van verhongering en die gebruik van hulpverlening as ‘n wapen. Die dossiere dien as aanvulling tot Suid-Afrika se voortgesette Internasionale […]

Read More

Russiese opposisieleier beslis vergiftig, sê weduwee - September 18, 2025

Die weduwee van die ontslape Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, Yulia Navalnaya, sê buitelandse laboratoriumtoetse het bevestig hy is vergiftig. Die 47-jarige Navalny is in Februarie 2024 in ‘n Russiese tronk dood. Navalnaya, wat Moskou reeds lank beskuldig dat hy vermoor is, het ‘n video op X geplaas waarin sy beweer twee laboratoriums in verskillende lande […]

Read More

Gholf: SA se Van Niekerk, Mack gee pas aan by Sunbet Challenge - September 18, 2025

Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië. Van Niekerk, wat probeer om […]

Read More

Andrada lewer tonne tin - September 18, 2025

Die produksie van tinkonsentraat by Andrada Mining se myn op Uis het in die eerste helfte van hul huidige boekjaar met 14 persent gestyg, vergeleke die ooreenstemmende tydperk in 2024. Altesaam 858 ton tinkonsentraat is gelewer. Volgens die uitvoerende hoof van Andrada, Anthony Viljoen, versterk die jongste resultate die maatskappy se rol in die wêreldmark […]

Read More

Madlanga-kommissie: KZN-polisiekommissaris getuig teen polisieminister - September 18, 2025

Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig dat die minister van polisie, Senzo Mchunu, ten volle betrokke is by kriminele sindikate. President Cyril Ramaphosa het Mchunu in Julie op onmiddelike verlof geplaas oor bewerings dat hy met sindikate saamwerk en by hoë profiel-ondersoeke inmeng. Mkhwanazi het aan […]

Read More