Fed verlaag rentekoerse in Amerika - September 18, 2025
Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank maak vandag sy monetêre beleidsaankondiging. Die gerekende ekonoom Dawie Roodt […]
Tennis: Oekraïne skitter in Billie Jean King-beker - September 18, 2025
Oekraïne, wat vir die eerste keer deelneem aan die Billie Jean King-beker-vrouekompetisie, is deur na die halfeindronde ná ‘n oorwinning oor Spanje in China. Marta Kostuyk en Elina Svitolina het met Jessica Bouzas Maneiro en Paula Badosa afgereken. Oekraïne speel volgende teen die verdedigende kampioen, Italië, nadat Elisabetta Cocciaretto en Jasmine Paolini hard moes werk […]
Krieket: Eagles vandag in derde T20 teen Zimbabwe - September 18, 2025
Namibië se nasionale krieketspan kry vanmiddag vir oulaas die kans om hul staal teen Zimbabwe te wys in hul derde T20-wedstryd teen die buurland. Zimbabwe het reeds die eerste twee wedstryde in die reeks van drie gewen. Hulle het Namibië Maandag met 33 lopies geklop en Dinsdag met vyf paaltjies. Die laaste wedstryd begin vandag […]
EU staan bankvas agter Namibië se groennywerheid - September 18, 2025
Die Europese Unie het Namibië opnuut verseker dat dit die land se groennywerheidagenda ondersteun en gesê een miljard euro is hiervoor opsy gesit. Die EU se kommissaris van internasionale vennootskappe, Jozef Sikela, vergesel van ander hoëlui uit dié magsblok, besoek Namibië tans. Hulle het Woensdag ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumbu Nandi-Ndaitwah by Staatshuis gebring:
Aktivis Ben Freeth saal weer SOAG-perd op - September 18, 2025
Die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth is terug op sy perd. Ná ‘n simboliese perdryreis van 2 400 km na die SAOG-tribunaal in 2024, het Freeth hierdie week na Windhoek teruggekeer en die gebed wat hy aan die deur vasgespeld het, steeds onaangeraak gevind. Nou ry hy na Kaapkruis en sit sy sending voort […]
Drie polisiebeamptes vas oor beweerde aanranding by Spitzkoppe - September 18, 2025
Drie polisiebeamptes is gearresteer in verband met die beweerde aanranding op Melvin //Areseb sowat drie weke gelede by Spitzkoppe, en verskyn vandag in die landdroshof op Usakos. //Areseb se regsverteenwoordiger, wat pro bono optree, het intussen aan die media gesê //Areseb gaan die polisie vir drie miljoen Namibiese dollar dagvaar en ook skadevergoeding van die […]
Agribank help graanboere in Zambezi - September 18, 2025
Agribank het ‘n nuwe akkerboupakket vir graanboere op Katima Mulilo van stapel gestuur, waarmee boere saad, kunsmis, toerusting en water-infrastruktuur kan bekom. Die pakket gaan na verwagting binnekort ook na Rundu uitgebrei word. Agribank se waarnemende bestuurder in Zambezi, Etuhole Ingo, het meer:
Gesondheid ontplooi span teen masels in Opuwo-distrik - September 18, 2025
Die gesondheidsministerie het ‘n span in die Opuwo-distrik ontplooi ná masels daar uitgebreek het. Daar is tans tien bevestigde gevalle in die distrik. Noodreaksiemaatreëls, insluitende die isolering van pasiënte, is ingestel. Die ministerie het Woensdag met inentingsveldtog in geraakte areas begin, wat tot 3 Oktober duur. Dertien inentingspanne, wat 44 verpleegsters insluit, is ontplooi. Meer as 28 […]
Uitspraak in Maria Coetzee-saak dié maand verwag - September 18, 2025
Maria Johanna Coetzee, wat aangekla is van bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Internasionale Skool in 2018, sal waarskynlik op 24 September haar lot uitvind. Waarnemende Regter Makapa Simasiku het in die Windhoek hoërhof aangedui dat hy op daardie datum uitspraak sal lewer. Coetzee, wat die skool se finansiële […]
DA eis antwoorde oor ‘roekelose besluite’ oor sport, kultuur - September 18, 2025
In Suid-Afrika gaan die DA die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, in die parlement uitvra oor sy departement se mislukkings, soos wanbestuur en roekelose finansiële besluite. Die party sê kultuurfeeste en grondvlaksport het gely nadat 82 miljoen Suid-Afrikaanse rand van sportfederasies herlei is om video-assistent-skeidsregter-tegnologie in sokker te befonds. Die DA eis […]