Britse koningshuis rol rooi tapyt uit vir Trump - September 18, 2025

Brittanje het omtrent die rooi tapyt uitgerol vir Amerikaanse president Donald Trump op sy tweede staatsbesoek, met ‘n koninklike banket wat Donderdagaand by Windsor-kasteel gehou is. Dit volg op ‘n koetsrit saam met Koning Charles deur die Windsor-landgoed, nadat Trump en sy vrou Melania deur die prins en prinses van Wallis by Windsor verwelkom is. […]

Read More

Krieket: Gróót geld gaan hom nie verander, sê Proteas se Brevis - September 18, 2025

Die Protea-kolwer Dewald Brevis sê die reuse-koopprys wat hy in die SA20 losgeslaan het, gaan hom nie verander nie en hy gaan steeds op die veld om homself te geniet. Pretoria Capitals het die 22-jarige gekoop vir ‘n allemintige 16,5 miljoen rand gedurende verlede week se spelersveiling nadat hy die eerste drie seisoene vir die […]

Read More

IKT-sektor aan die verander, wys data - September 17, 2025

Namibië se IKT-sektor is aan die beweeg, met nuwe data van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, wat belangrike verskuiwings regoor die bedryf onthul. Die verslag beklemtoon die bestendige afname van tradisionele kommunikasiedienste. Terselfdertyd het kuberveiligheidsdreigemente meer as verdubbel, gedryf deur aanvalle wat op laekoste-Android-toestelle gemik is. Belegging in die sektor het skerp met 48 persent gedaal, selfs […]

Read More

Paroolhersieningsberaad ‘keerpunt vir strafregstelsel’ - September 17, 2025

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal ‘n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun te veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof sien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê parool is ten diepste […]

Read More

Eerste groep siek Gaza-kinders kom in VK aan - September 17, 2025

Die eerste groep ernstige siek kinders van Gaza het in Brittanje aangekom ingevolge ‘n plan wat hulle toelaat om dringende mediese behandeling te ontvang. ‘n Tussen-regeringstaakmag het weke lank beplan aan die ingewikkelde humanitêre operasie om die kinders en hul onmiddellike gesinslede te ontruim vir spesialis-sorg in die staatsbeheerde Nasionale Gesondheidsdiens. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy […]

Read More

Ghana-middelveldspeler Partey pleit onskuldig aan verkragting - September 17, 2025

Sokker: ‘n Middelveldspeler van Ghana en Villarreal, Thomas Partey, het onskuldig gepleit op aanklagte dat hy twee vroue verkrag het en ‘n derde seksueel aangerand het. Die 32-jarige, voormalige speler van Arsenal, staan tereg op vyf aanklagte van verkragting asook een klagte van seksuele aanranding. Partey is borgtog toegestaan en sal weer in November 2026 […]

Read More

MTC belê in kreatiewe bedryf met Content Creators Awards - September 17, 2025

MTC se hoof bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo, het amptelik die nominasies vir die 2025 MTC Content Creators Awards onthul. Nou in sy tweede jaar, vier die toekennings nie net kreatiwiteit nie, maar is dit deel van ‘n groter missie om ‘n volhoubare kreatiewe ekonomie in die land te bou. Met meer as 21 kategorieë, het MTC […]

Read More

2025 Namibië Ope-skaakkampioenskappe stel talent ten toon - September 17, 2025

Die Namibië Skaakfederasie se 2025 Namibië Ope-kampioenskappe, geborg deur Bank Windhoek, het ‘n lewendige mengsel van internasionale meesters, gesoute kampvegters en belowende jong talente in Windhoek bymekaar gebring. Die geleentheid het spelers van Namibië, Zambië en Botswana gelok en het klassieke, vinnige en blits-formate aangebied. Namibië se spelers het oorheers, met internasionale skaakmeester Dante Beukes […]

Read More

Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC - September 17, 2025

Die IPC doen ‘n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir ‘n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir ‘n opdatering oor die proses en beklemtoon dat die […]

Read More

Nasan Energies wil 53 Engen- en Shell-vulstasies koop - September 17, 2025

In ‘n stap wat daarop gemik is om Namibië se brandstofkleinhandelsektor te hervorm, het Nasan Energies Namibia ‘n ooreenkoms aangekondig om 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy te verkry. Die transaksie volg op ‘n opdrag van die Namibiese Mededingingskommissie, wat vereis het dat Vivo ‘n deel van sy netwerk verkoop nadat hulle Engen Namibia […]

Read More