Gesondheid, landbou suig aan agterspeen in nuwe voertuig-begroting - September 17, 2025

Die sentrale regering het sy begroting vir nuwe voertuigverkope in die 2025/26 boekjaar met 14,8 persent verhoog tot ‘n 12-jaar hoogtepunt van 384 miljoen Namibiese dollar, met die veiligheidskluster wat byna die helfte kry. Die meeste hiervan gaan weer na die veiligheid- en sekuriteitsministerie en die verdedigingministerie, wat tot dusver geen openbare tenders uitgereik het […]

Read More

Laboratoriums bewys glo Alexei Navalny is in tronk vergiftig - September 17, 2025

Die Russiese opposisieleier Alexei Navalny se weduwee, Yulia Navalnaya, sê dat twee buitelandse laboratoriums bevestig het dat haar man vergiftig is, na toetse op biologiese monsters wat in die geheim uit Rusland gesmokkel is. Die 47-jarige Navalny is skielik op 16 Februarie 2024 oorlede, terwyl hy in ‘n tronk sowat 64km noord van die Arktiese […]

Read More

RFA skryf N$371 miljoen af in voertuiglisensie-skuld - September 17, 2025

Die Padfondsadministrasie, RFA, het aangekondig dat hulle meer as 371 miljoen Namibiese dollar in voertuiglisensie-skuld ouer as drie jaar afgeskryf het. Vir nuwer skuld kan eienaars aansoek doen om rente en boetes kwyt te skeld, terwyl die hoofskuld steeds verskuldig is. Kwytskelding tot 1 miljoen dollar word deur die administrasie goedgekeur; groter kwytskelding benodig goedkeuring […]

Read More

ANC vernietig munisipaliteite en omgewing, sê VF Plus - September 17, 2025

Die Vryheidsfront Plus in Noordwes beskuldig die ANC dat sy disfunksionele munisipaliteite die omgewing vernietig. Michal Groenewald van die party sê in die Rustenburg- en Brits-omgewing word giftige chroomslyk-chemikalieë en mynafval wat swaar metale bevat, jare lank al in strome en vleilande gestort, maar niemand tree op teen die oortreders nie. Groenewald sê die huidige […]

Read More

Trump kuier by Koning Charles in Windsor - September 17, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump en sy vrou Melania, het aan boord van Marine One by Windsor-kasteel aangekom. Die prins en prinses van Wallis het hulle ontvang vir hul tweede staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk. Hulle het daarna by die koning en koningin aangesluit vir ‘n koets-optog deur die Windsor-landgoed, voor ‘n verbyvlug en vanaand […]

Read More

All Black-skrumskakel Roigard terug na besering - September 17, 2025

Rugby: Die All Black-skrumskakel Cameron Roigard is weer fiks nadat ʼn voetbesering hom twee maande op die kantlyn gehou het. Die 24-jarige sal Saterdag in Pukekohe vir Counties Manukau uitdraf in hulle provinsiale wedstryd teen Auckland. Roigard kan moontlik ook deel wees van Nieu-Seeland se komende twee Rugbykampioenskaps-kragmetings met Australië. Die Wallabies loop met 11 […]

Read More

Besin oor volhoubare vervoer op Motorvrye Dag - September 17, 2025

Motorvrye Dag vind hierdie Vrydag plaas, en die Namibiese Burgerlugvaartowerheid moedig almal aan om die dag te huldig deur motorgebruik te verminder en te besin oor meer volhoubare vervoermiddele. As deel van sy breër verbintenis tot omgewingsverantwoordelikheid, sê die owerheid dat inisiatiewe soos Motorvrye Dag noodsaaklik is om bewustheid oor klimaatsverandering te verhoog en uitlatings […]

Read More

Madlanga-kommissie oor SA polisiemag skop af - September 17, 2025

Die regterlike kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel onder die voorsitterskap van afgetrede Regter Mbuyiseli Madlanga, begin vandag met sy werk in Pretoria. Die DA-lid, Lisa Schickerling, sê die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het bewerings geopper oor politici wat by die polisie inmeng en die publiek se vertroue […]

Read More

Israel sê daar’s tydelike roete vir vlugtelinge uit Gazastad - September 17, 2025

Die Israelse weermag sê hy het ‘n nuwe tydelike roete geopen vir mense om van Gazastad te vlug, terwyl hy voortgaan met ‘n grootskaalse grondaanval om Hamas te vernietig. Die weermag het Dinsdag voor dagbreek ‘n massiewe bombardement op Gasa-stad begin en troepe dieper in die Gaza-strook se grootste stedelike gebied ingestuur. Dit kom te […]

Read More

Sabalenka onttrek aan Chinese Ope - September 17, 2025

Tennis: Die wêreld-nommer-een en heersende Amerikaanse Ope-kampioen, Aryna Sabalenka, het weens ʼn ligte besering onttrek aan volgende week se Chinese Ope. Die Belarus het al drie keer die kwarteindronde in Beijing gehaal: in 2018, 2023 en verlede jaar. Met Sabalenka se onttrekking is die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, die eerste gekeurde. Ander deelnemers sluit […]

Read More