Amoomo sê oor foongesprek-privaatheidsbreuk - September 17, 2025

Prokureur Kadhila Amoomo het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike privaatheidsbreuk deur die telekommunikasieverskaffer MTC. Hy beweer dat individue by telefoonoproepe gevoeg kan word sonder hul medewete of toestemming. Hierdie praktyk, sê hy, kom neer op ongemagtigde onderskepping en kan deur owerhede uitgebuit word om waarneming sonder ‘n lasbrief uit te voer. Hy het met Kosmos […]

Read More

SA se jaarlikse inflasie daal tot 3,3% in Augustus - September 17, 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3-persent verlangsaam, minder as die 3,5-persent in Julie. Die hoofdirekteur van prys-statistieke, Patrick Kelly, sê laer voedsel- en brandstofpryse het gehelp om die koers te verlaag. Jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het tot 5,2-persent gedaal en brandstof het met 5,7-persent gedaal. Intussen is […]

Read More

Kaliforniese woestyn reg vir Coachella - September 17, 2025

Justin Bieber, Sabrina Carpenter en Karol G is die hoofkunstenaars by die 2026 Coachella Valley-musiek- en kunstefees by die Empire Polo Clubin Indio. Dit is die eerste optrede vir al drie kunstenaars in die Kaliforniese woestyn. Carpenter sal Vrydag die verhoog betree, met Bieber en Karol G wat onderskeidelik Saterdag en Sondag as hoofkunstenaars op […]

Read More

Madrid, Arsenal en Spurs aan wenkant in Kampioeneliga - September 17, 2025

Sokker: Die 15-malige kampioen, Real Madrid, het met tien spelers sy Kampioeneliga-veldtog op ‘n wennoot begin deur Marseille 2-1 te klop. Kylian Mbappé het twee strafdoele aangeteken, maar kaptein Dani Carvajal is afgestuur omdat hy Marseille se doelwagter, Gerónimo Rulli, met die kop gestamp het. Juventus en Borussia Dortmund het met vier-elk gelykop gespeel. Die […]

Read More

Rugby: Min veranderinge aan Bok-groep teen Pumas - September 17, 2025

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het die meeste spelers behou wat Nieu-Seeland verlede naweek geklop het toe hy sy groep aangekondig het vir die laaste twee Rugbykampioenskapswedstryde teen Argentinië in Durban en Londen. Die groep kom môre in Durban bymekaar nadat hulle ‘n paar dae saam met hulle gesinne deurgebring het. Willie le Roux is uitgelaat. […]

Read More

Voorstelle vir groennywerheidsone vorder fluks - September 17, 2025

Die Omgewingsbeleggingsfonds se ambisieuse voorstel om Namibië se eerste groennywerheidsone te vestig, het tot die finale keuringstadium gevorder vir 625 miljoen Namibiese dollar in internasionale klimaatbefondsing. Hierdie projek, wat onder die top 20 uit meer as 500 wêreldwye voorleggings geplaas is, kan Namibië aan die voorpunt van volhoubare nywerheidsontwikkeling plaas. Die fonds se woordvoerder, Romeo […]

Read More

Rand bult spiere teen Amerikaanse dollar - September 17, 2025

Die rand het dié week nuwe hoogtepunte teenoor die Amerikaanse dollar bereik, danksy toenemende verwagtinge van rentekoersverlaging in die VSA. Dit het beleggers laat stroom na ontluikende mark-effekte, wat die plaaslike geldeenheid verder versterk het. Die rand, en daarmee saam die Namibiese dollar, verhandel tans teen 17,38 teenoor die Amerikaanse dollar, wat die sterkste vlak […]

Read More

Bykans 3 000 onwettige visnette gekonfiskeer - September 17, 2025

Meer as 2 800 visnette en meer as 2,7 ton vis is sedert 2023 in die twee Kavango-streke as deel van onwettige bedrywighede gekonfiskeer. Volgens die uitvoerende direkteur van water en marienebronne in die visseryeministerie, Teofilus Nghitila, voer die ministerie ‘n verbete stryd teen onwettige visvang langs die Kavangorivier, ‘n bedreiging vir die varswater-ekostelsel. ‘n […]

Read More

N$480 m in telekommunikasie in eerste halfjaar belê - September 17, 2025

Sowat 480 miljoen Namibiese dollar is in die eerste ses maande vanjaar in die plaaslike telekommunikasiesektor belê, vergeleke met 510 miljoen dollar in dieselfde halfjaar in 2024. Die Namibiese Regulatoriese Owerheid vir Kommunikasie, oftewel Cran, sê in sy jongste verslag Telecom Namibia en Paratus Telecommunications het beduidende beleggings in die eerste twee kwartale vanjaar gemaak. 

Read More

SA belê beraad om parool te hersien - September 17, 2025

Die departement van korrektiewe dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal ‘n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun té veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof gesien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê parool is ten diepste […]

Read More