Kenner sê mynbou moet eerder fokus op verwerking as ontginning - October 29, 2025

Namibië se mynbousektor maak gereed vir ‘n massiewe uitbreiding van 48 miljard Namibiese dollar, wat glo meer as 18 000 nuwe werksgeleenthede in die volgende vier jaar sal skep. Maar arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê daardie syfers moet met omsigtigheid hanteer word. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch gesê Namibië moet fokus op […]

Read More

Kandidaat-registrasie: LPM is gereed om hof toe te gaan - October 29, 2025

Die Landless People’s Movement ontken hulle kandidate se name vir die komende verkiesings was laat ingedien, en blameer die Verkiesingskommissie van Namibië se aanlyn stelsel vir tegniese mislukkings. Dit kom na mediaberigte dat die party laat was met voorleggings in 28 plekke. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die party voortdurende […]

Read More

NNN herdenk vandag 73ste verjaardag - October 29, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah herdenk vandag haar 73ste verjaarsdag. Bekend onder die bynaam “NNN”, het sy geskiedenis gemaak toe sy op 21 Maart 2025 ingehuldig is en Namibië se eerste vroulike en vyfde president geword het. ‘n Veteraanpolitikus en langdurige lid van Swapo, het sy talle hoëvlak-regeringsposisies beklee, insluitend adjunk-eerste minister sowel as minister van internasionale […]

Read More

Prunella Scales, of te wel Sybil Fawlty, sterf op 93 - October 29, 2025

Prunella Scales, geliefde Britse aktrise veral bekend as Sybil Fawlty, is op 93 oorlede. Terwyl sy talle rolle vertolk het en ‘n Bafta gewen het, is sy veral bekend vir haar uitbeelding van die skerptongige en heerssugtige hoteleienaar se vrou, Sybil Fawlty, in die klassieke 1970’s-sitkom Fawlty Towers, saam met John Cleese. Daar was net […]

Read More

Toep vergemalik Erongo RED-kliënte se lewens - October 29, 2025

Die Erongo Streekselektrisiteitsverspreider, Erongo RED, het ‘n mobiele toepassing bekendgestel wat kliënte toelaat om enige tyd elektrisiteit te koop, hul rekeninge te betaal, foute aan te meld en toegang tot sleuteldienste te kry. Uitvoerende hoof Tino !Hanabeb sê die aanvanklike begroting om die toep te ontwikkel was 5 miljoen Namibiese dollar, maar slegs 500 000 […]

Read More

Meer as 110 000 verloor werk in SA se staalsektor - October 29, 2025

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110 000 mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, […]

Read More

Melissa: Jamaika is rampgebied, Kuba wag in spanning - October 29, 2025

Orkaan Melissa is op pad na die ooste van Kuba nadat dit oor Jamaika beweeg het. Dis die ergste storm in moderne geskiedenis wat dié Karibiese nasie tref. Dit het afgeneem tot ʼn kategorie 3-storm, maar sal na verwagting steeds winde van tot 125 kilometer per uur bereik. Melissa het sewe sterftes veroorsaak: drie in […]

Read More

IDF voer aanvalle in Gaza uit - October 29, 2025

Israeliese vegvliegtuie het Dinsdagaand teikens in Gaza getref nadat Israel se premier, Benjamin Netanyahu, die weermag beveel het om kragtige aanvalle in die strook uit te voer. Dit is die jongste toets van die toenemend wankelrige VSA-bemiddelde wapenstilstand. Netanyahu het die aanvalle beveel ná ‘n noodvergadering om wat hy noem Hamas-skendings van die skietstilstand te […]

Read More

Cedric Willems kry N$200 000 borgtog - October 28, 2025

Die Namcor-bedrogbeskuldigde Cedric Willemse is borgtog van 200 000 Namibiese dollar toegestaan in die Windhoek-landdroshof. Landdros Olga Muharukua het beslis dat die staat nie geloofwaardige bewyse gelewer het wat toon dat Willemse moontlik met ondersoeke of getuies kan inmeng nie. Willemse moet daagliks by die ondersoekbeampte aanmeld en in Windhoek bly as deel van sy […]

Read More

Dieselfde AK-47 gebruik in moord op Armand Swart, DJ Sumbody en ander - October 28, 2025

Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf ‘n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem ooreen onder mikroskopiese ontleding. Hy […]

Read More