Sokker: Fifa bestee gróót vir Wêreldbekertoernooi - September 17, 2025

Die wêreldbeheerliggaam Fifa het aangekondig dat 6,1 miljard rand aan klubs versprei gaan word vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika – ‘n verhoging van bykans 70 persent teenoor die vorige toernooi in Katar in 2022. Dit is deel van Fifa se uitgebreide klubvoordeleprogram, waar klubs vergoed word wanneer spelers vrygestel word om aan kwalifiseerders […]

Read More

‘Politiek van die maag’ glo rede vir PDM-uittog - September 17, 2025

Die PDM het ‘n vlaag bedankings beleef, met ses lede wat in die laaste twee weke bedank het. Die jongste is Julia Nekwaya, die party se jeugliga-sekretaris-generaal. Onder die ander bedankings is die voormalige skaduminister van onderwys, Charmaine Tjirare. Die bedankings kom ná PDM se groot verlies in die 2024-verkiesing, en hulle van 16 setels […]

Read More

Madlanga-kommissie begin in Pretoria - September 17, 2025

Die langverwagte Madlanga-kommissie begin vandag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het die kommissie aangestel ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy maak bewerings oor samespanning en korrupsie in die strafregstelsel. Hy beweer die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bande met ʼn misdaadsindikaat. Mkhwanazi sal die kommissie se eerste […]

Read More

IEA maan teen laer olie-, gasproduksie - September 17, 2025

Die Internasionale Energie-agentskap sê die gemiddelde tempo waarteen olie- en gasvelde se produksie oor tyd afneem, het wêreldwyd aansienlik versnel. Dit is grootliks vanweë groter afhanklikheid van skalie- en diepseebronne. Die nuwe IEA-verslag sê die gemiddelde wêreldkoerse vir jaarlikse na-spits-afname is 5,6 persent vir olieproduksie en 6,8 persent vir konvensionele aardgas. Die agentskap sê sonder […]

Read More

Krieket: Protea-vroue seëvier teen Pakistan - September 17, 2025

Die Protea-vroue het Pakistan met agt paaltjies verslaan in hul eerste eendagwedstryd in Lahore om ‘n 1-0 voorsprong te neem in die reeks van drie wedstryde. Sidra Amin het ‘n onoorwonne honderdtal aangeteken met die gashere op 255 vir vier in hul 50 boulbeurte. In antwoord het Marizanne Kapp en Tazmin Brits tonne lopies en […]

Read More

Chinese voertuie ál gewilder in Namibië - September 17, 2025

Chinese motorvervaardigers wen toenemend veld in Namibië, toon die jongste voertuigverkoopsyfers. Verlede maand het Chinese handelsmerke ‘n markaandeel van 11 persent gehad, meer as dubbel die 4,8 persent van ‘n jaar gelede, sê Simonis Storm. Haval bly die gewildste Chinese handelsmerk onder verbruikers, sê die ontleders. Nuwelinge soos Omoda, Jetour en Jaecoo laat geld hulle […]

Read More

Onnatuurlike sterftes in SA-tronke kommerwekkend - September 17, 2025

Die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste is bekommerd oor onnatuurlike sterftes onder gevangenes ná ʼn verslag van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste oor sy prestasie in 2025/2026 se eerste kwartaal. Die inspektoraat se klagtekantoor het 177 klagtes ontvang. Dit sluit 46 gevalle in waar gevangenes mekaar aangerand het, 29 klagtes oor beamptes wat gevangenes […]

Read More

VN: ‘Volksmoord in Gaza ‘n morele wandaad’ - September 17, 2025

Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie oor die besette Palestynse gebied het bevind Israel se optrede in Gaza kom neer op volksmoord. In ʼn nuwe verslag word Israel onder meer beskuldig dat hy burgerlikes teiken wat hy volgens wet moet beskerm, en onmenslike toestande skep wat Palestyne se dood veroorsaak. Israel verwerp die verslag […]

Read More

Registrasie vir Navachab-halfmarathon verleng - September 17, 2025

Goeie nuus vir drawwers: Registrasie vir die 11de Navachab-halfmarathon is tot middernag vandag verleng. Dié gewilde resies vind Saterdag op Karibib plaas. Resiesdirekteur Bethold Karumendu het meer:

Read More

‘Regering moet ingryp by dwelmkrisis’ - September 17, 2025

Die regering word versoek om sterk en onmiddellike stappe te doen om die toenemende dwelmmisbruik onder die land se jeug te takel. Die Rehoboth-gemeenskapsaktivis, Manfred Draghoender, beklemtoon dat dwelmmisbruik ‘n ernstige probleem binne die gemeenskap bly. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Draghoender gesê die euwel dra gereeld by tot gewelddadige gedrag, wat […]

Read More