King’s Baton Relay eersdaags in Namibië - September 17, 2025

Die Namibiese been van die wêreldbekende King’s Baton Relay vind van 25 tot 27 September in Windhoek en aan die kus plaas. Dié aflos het in Maart by Buckingham-paleis in Londen begin en eindig volgende jaar by die opening van die Statebondspele in Skotland. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee en Statebondspele, […]

Read More

Regering oorweeg tegniese kolleges - September 17, 2025

Die regering oorweeg dit om bestaande beroepsopleidingsentrums in staatsbesit in tegniese kolleges te omskep, as deel van die land se Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Beroepsopleiding bly ‘n prioriteit vir die regering, maar die sektor moet aan die huidige en toekomstige kundigheidsbehoeftes voorsien, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Haar openingstoespraak tydens die nasionale beroepsopleidingslypskool op Otjiwarongo Dinsdag is […]

Read More

Masels breek uit in Opuwo-distrik - September 17, 2025

Gesondheidsminister Esperance Luvindao het ‘n maselsuitbreking in die Opuwo-distrik in Kunene verklaar. Volgens die minister is 20 mense sedert Vrydag vir die siekte getoets en tien gevalle is bevestig. Die meeste van die bevestigde gevalle is mense wat nie teen masels ingeënt is nie, sê sy. Die ministerie gaan gevolglik vandag met inentingsveldtog in geraakte […]

Read More

Nekundi beloof regverdige heffings vir vragmotors - September 17, 2025

Vervoerminister Veikko Nekundi sê ‘n nuwe, regverdige heffingstelsel gaan padverbruik deur vragmotors in die land reguleer. Dit volg ná die oorlaai van swaarvoertuie gedekriminaliseer is. Operateurs sal heffings betaal wat ooreenstem met die werklike skade aan paaie en sal volgens afstand bepaal word.

Read More

Meer as N$800 m se data in tweede kwartaal verbruik - September 17, 2025

Dataverbruik in Namibië genereer sedert die laaste drie maande van 2024, telkens inkomste van meer as 800 miljoen Namibiese dollar vir verskaffers elke kwartaal. Dit is beduidend meer as die bykans 600 miljoen dollar aan die begin van 2022. Namibiërs het in die tweede kwartaal van vanjaar 821 miljoen dollar aan data bestee, toon die […]

Read More

Só lyk die stand van damme in Namibië - September 17, 2025

Die sentrale dele se waterbronne staan op 72,6 persent, met die Von Bach op 93 persent na wateroordrag, volgens NamWater se jongste dambulletin. Die Swakoppoort is op 86,7 persent en die Omatako op 29,6 persent. Die totaal is heelwat meer as die 13,6 persent wat dieselfde tyd verlede jaar gemeet is. In die ooste is […]

Read More

Kommer oor wetsontwerp oor migrante in SA - September 17, 2025

Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge is bekommerd die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie sal afdwingings- en deportasiemeganismes teen migrante, vlugtelinge en asielsoekers versterk. Die wetsontwerp, wat in die parlement bekragtig is, stel duidelike reëls vir aanhouding en deportasie, met landdroste wat toesig hou oor besluite. Claude Kayitare van die organisasie sê die fokus op vinniger […]

Read More

TikTok tik voort in Amerika – vir nou - September 17, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika en China het ‘n ooreenkoms oor TikTok bereik, met Washington wat sê beheer oor TikTok moet na VSA-beheerde eienaarskap skuif. Die ooreenkoms is oor twee dae in Madrid bereik tussen Amerika se minister van finansies, Scott Bessent, en die adjunkpremier van China, He Lifeng. TikTok het nagenoeg twee […]

Read More

Krieket: Zimbabwe verslaan Namibië wéér - September 17, 2025

Zimbabwe het Namibië Dinsdag met vyf paaltjies in hul T20-reeks in die buurland geklop. Namibië het 169 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken, terwyl Zimbabwe 170 lopies vir die verlies van vyf paaltjies behaal het. Zimbabwe het nou twee van die drie wedstryde in die reeks gewen. Die twee spanne kom weer môre […]

Read More

GIPF verhoog groen beleggings - September 16, 2025

Die Regeringsinstellings-pensioenfonds, GIPF, het sy groen beleggings verhoog, insluitend 56 miljoen Namibiese dollar in Bank Windhoek se groen effekte en ondersteuning vir FNB Namibia se 2025-volhoubaarheidseffekte. Oor die afgelope nege jaar het die fonds 2,1 miljard dollar toegewy aan infrastruktuurprojekte in lyn met Namibië se energie-oorgang, waarvan byna 1 miljard dollar reeds in behuising, hernubare […]

Read More