Christelike gemeenskap ‘nie verward oor mans, vroue en vanne’ - September 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die Christelike gemeenskap is nie verward deur die Konstitusionele Hof se uitspraak wat toelaat dat mans wettig hul vrouens se vanne kan aanneem nie. Die hof het bevestig dat afdelings van die Wet op Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in effek ‘n laer hof se uitspraak handhaaf. Die […]
Israel loods grondaanval op Gazastad - September 16, 2025
Israel het vroegoggend sy langverwagte grondaanval op Gazastad geloods, kort nadat die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, Israel se doelwit goedgekeur het om Hamas in Gaza te vernietig. ‘n Ondersoek van die Verenigde Nasies het Israel intussen aangekla van volksmoord in die Palestynse streek, en eerste minister Benjamin Netanyahu en ander senior […]
O’Connor wil vir Wallabies teen All Blacks speel - September 16, 2025
Rugby: Die Wallabies-losskakel, James O’Connor wil na Australië terugkeer vir die twee Bledisloe- en Rugbykampioenskaptoetse teen die All Blacks. Die 35-jarige het na die Engelse klub Leicester Tigers vertrek, waar hy sou aansluit na die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, maar hy het weens beserings in die groep gebly. Hy het dié seisoen […]
HPV-inentingsveldtog ent 65 000 meisies in 2 weke in - September 16, 2025
Sommige ouers is huiwerig om toestemmingsvorms vir die HPV-entstof te teken, maar die gesondheidministerie sê daar is geen rede tot vrees nie. Woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat hoewel weerstand ‘n uitdaging was, meer as 65 000 meisies van 9 tot 14 jaar steeds in net twee weke ingeënt is. Die […]
Dis hoekom Old Mutual CrossFit Namrox Throwdown ondersteun - September 16, 2025
Old Mutual Namibia het die CrossFit Namrox Throwdown oor die naweek by CrossFit Damascus in Windhoek met 30 000 Namibiese dollar geborg. Hierdie unieke fiksheidsgeleentheid het tradisionele gewigoptel verruil vir ‘n meer toeganklike formaat, wat hardlopers, fietsryers, triatlete en hibriede atlete verwelkom het. Alle opbrengste het na Special Olympics Namibia gegaan, wat hul missie ondersteun […]
Wettige ivoor-verkope ‘sal stropery stuit’ - September 16, 2025
Namibië wil weer die COP20-beraad nader om sy voorraad ivoor wettig te verkoop en sê die opbrengs sal bewaring en plaaslike gemeenskappe ondersteun. Ondersteuners, soos voormalige president van die Namibië Landbou-unie, Piet Gouws, noem dit ‘n slim en volhoubare plan. Maar die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, bekend as Cites, waarsku dat dit […]
Namcor-saak: Willemse eerste gearresteer ‘weens vlugrisiko’ - September 16, 2025
Die hoofondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, Oberty Inambao, het vandag in die Windhoek-landdroshof getuig dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse die eerste was wat in die Namcor-korrupsiesaak in hegtenis geneem is weens kommer dat hy ‘n vlugrisiko inhou. Die staat staan borgtog teen in die voortgesette aansoekverrigtinge waarby verskeie beskuldigdes betrokke is wat met die Namcor-korrupsieskandaal verbind […]
Eco Atlantic se olie-eksplorasieplanne in Walvis-kom vorder - September 16, 2025
Eco Atlantic het ‘n ooreenkoms gesluit om sy 85 persent belang in die aflandige PEL 98 in die Walvis-kom aan die Namibiese maatskappy Lamda Energy te verkoop. Dit moet deur die regering goedgekeur word. Die Londen-genoteerde maatskappy het ook lisensie-verlengings gekry vir PELs 97, 99 en 100 tot September 2026. Onder opgedateerde werkprogramme moet Eco […]
Hollywood-ikoon Robert Redford sterf - September 16, 2025
Die Hollywood-ikoon Robert Redford het op 89-jarige ouderdom gesterf. Sy reklame-agent, Cindi Berger, sê hy is vroeër vandag oorlede “in Sundance in die berge van Utah – die plek wat hy liefgehad het, omring deur diegene wat hy liefgehad het.” Sy het bygevoeg dat die gesin privaatheid versoek. Die afgetrede akteur wat regisseur igeword het, […]
Planne vir elektroniese handtekeninge goed op dreef - September 16, 2025
Namibië berei voor om elektroniese handtekeninge landwyd uit te rol as deel van sy digitale transformasie-agenda. Linda Aipinge-Nakale, waarnemende uitvoerende direkteur in die inligtingministerie, het vanoggend tydens ‘n e-handtekeninggeleentheid bevestig dat die wetlike en regulatoriese raamwerke, insluitend elektroniese handtekening- en kuberveiligheids-akkreditasieregulasies, byna gefinaliseer is. Die stap is daarop gemik om veilige digitale transaksies te bevorder, […]