Lungu-familie se aansoek om Appèlhof te nader misluk - September 16, 2025

Die Hooggeregshof in Pretoria het die Lungu-familie se aansoek om appèl aan te teken teen ‘n uitspraak wat Zambië toelaat om voormalige president Edgar Lungu vir ‘n staatsbegrafnis te repatrieer, met koste van die hand gewys. Lungu is op 5 Junie in ‘n hospitaal in Pretoria dood waar hy behandeling ontvang het. Sy familie het […]

Read More

Golf-, Moslemlande bankvas agter Katar na Israeli aanval - September 16, 2025

Die nood-spitsberaad van Arabiese en Moslemleiers in Doha sê in sy finale verklaring hulle sal agter Katar staan terwyl dit stappe doen om te reageer op Israel se ‘lafhartige’ aanval verlede week. Jasem Mohamed Albudaiwi, sekretaris-generaal van die Golf Samewerkingsraad, het aan verslaggewers gesê dat die beraad die Golfstate se solidariteit met Katar bevestig het, […]

Read More

Jacques Nienaber verlore vir die Bokke tot 2027 - September 16, 2025

Rugby: Suid-Afrika se Wêreldbeker-afrigter, Jacques Nienaber, sal by sy Ierse span, Leinster, bly tot 2027. Dit beeïndig spekulasie dat hy moontlik na die Springbokke sal terugkeer om by sy vriend, Rassie Erasmus aan te sluit. Nienaber was ‘n afrigter by die Spingbokke vir twee agtereenvolgende Wêreldbeker-titels, en is daarna terug Ierland toe waar hy voorheen […]

Read More

Kommer in toerismesektor oor visa-aansoekproses - September 16, 2025

Die Kabinet se besluit om toegang tot visums met aankoms na nog 36 lande uit te brei is deur die toerismesektor verwelkom, maar daar is steeds kommer. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoewel verbeterings by Hosea Kutako Internasionale Lughawe beplan word, die huidige stelsel ‘n […]

Read More

Solidariteit in amptelike geskil met regering oor afleggings - September 16, 2025

Die vakbond, Solidariteit, het ‘n amptelike geskil met die regering by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkleing en Arbeidsraad, Nedlac, verklaar oor grootskaalse afleggings, met verwysing na swak infrastruktuur, onstabiele kragvoorsiening en beleidsmislukkings. Die vakbond sê omtrent 350-duisend poste is reeds geraak, met meer poste wat in die komende maande in gevaar is. Solidariteit se Dirk Hermann […]

Read More

Malawi-verkiesings begin, met reuse-ekonomiese uitdagings - September 16, 2025

Die presidents- en parlementêre verkiesing in Malawi het begin met 17 name op die stembrief. Politieke ontleders verwag dat die wedloop tussen president Lazarus Chakwera en sy voorganger, Peter Mutharika, sal wees. Albei word beskuldig van korrupsie en wanbestuur. Die verkiesing vind plaas terwyl die land worstel met inflasie van meer as 27-persent, ernstige brandstof-tekorte […]

Read More

NAC skakel met Afrika oor verbetering van lugreise - September 16, 2025

Die Namibië Lughawensmaatskappy is in Lusaka, Zambië, vir ‘n groot kontinentale byeenkoms van lugvaartleiers. By die 74ste Lughawensraad Internasionale Afrika-konferensie skakel hulle met eweknieë van regoor die kontinent om die toekoms van lugreise te vorm. Die geleentheid fokus op sleutelprioriteite in die bedryf soos veiligheid, volhoubaarheid en passasierservaring, met Namibië wat bydra tot omgewingsbesprekings om […]

Read More

Minister se jagkwota-vertraging ‘kos SA miljarde’ - September 16, 2025

Wildlife Ranching South Africa het die omgewingminister, Dion George, beskuldig dat hy nie jaarlikse jagkwotas vir olifante, swartrenosters en luiperds vasgestel het nie. George het onlangs aangekondig hy sal kwotas terughou hangende ‘n hofuitspraak. Die organisasie voer aan die minister gebruik die saak as ‘n verskoning om nie op te tree nie. Wildboere sê die […]

Read More

Starmer maak verskoning vir Mandelson se aanstelling - September 16, 2025

Die Britse premier, Keir Starmer, het in ‘n televisie-onderhoud gesê hy sou nooit Peter Mandelson as Amerikaanse ambassadeur aangestel het as hy toe geweet het wat hy nou weet nie. Dit was die eerste keer dat Starmer in die openbaar gepraat het sedert hy Lord Mandelson afgedank het, toe die druk om van hom ontslae […]

Read More

Sokker: Kampioeneliga begin vanaand - September 16, 2025

Sokker: Die groepfasewedstryde van die Kampioeneliga begin vanaand, met 36 spanne wat dit uitspook om die Europese kampioen te word. In die groepfase speel elke span teen agt spanne met vier tuiswedstryde en vier wegwedstryde. Spanne wat onder die eerste agt eindig, kwalifiseer outomaties vir die laaste 16, terwyl die negende tot 24ste spanne aan […]

Read More