Krieket: Eendagreeks teen Pakistan belangrik, sê Protea-kaptein - September 16, 2025
Die Protea-vrouespan se kaptein, Laura Wolvaardt, sê die eendagreeks teen Pakistan is die perfekte voorbereiding vir die komende Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka. Die eerste van drie eendagwedstryde begin vanmiddag in Lahore. Suid-Afrika het ʼn sterk eendagwedstryd-rekord teen Pakistan met 21 oorwinnings uit 28 kragmetings tussen die twee lande. Wolvaardt sê dis ʼn uitstekende […]
Geen borg vir pa wat glo twee kindertjies vermoor - September 16, 2025
Die man wat van die moorde op sy twee klein kindertjies Sondag beskuldig word, het vanoggend sy eerste verskyning in die landdroshof op Ondangwa gemaak. Thomas Sheya, 33, is borg geweier. Die slagoffers was ‘n seuntjie van twee jaar en ‘n dogtertjie van vier. Die saak is vir verdere ondersoek tot 23 Maart volgende jaar […]
Damme steeds meer as 82% vol - September 16, 2025
NamWater se jongste bulletin toon Namibië se damme was teen Maandag 82,7 persent in totaal vol, effe minder as die 83,1 persent van die vorige week. Die grootste daling is by die Hardapdam aangeteken, nou op 64,6 persent, terwyl die Neckartal-dam amper vol bly op 97,6 persent. Intussen het die Von Bach-dam ‘n effense toename […]
EU-hoës land môre in Namibië - September 16, 2025
‘n Hoëvlak-afvaardiging van die Europese Unie land môre in Namibië vir ‘n driedaagse besoek oor hoe die magsblok se Global Gateway-beleggings in plaaslike groennywerhede werkskepping en ekonomiese groei in die land kan bevorder. Die afvaardiging is onder leiding van die EU se kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jozef Síkela. Hulle sal onder andere met president Netumbo […]
Oshakati-polisie ondersoek moord op baba - September 16, 2025
Die polisie op Oshakati ondersoek in saak van moord ná ‘n man na bewering Maandag ‘n baba “doelbewus” doodgery het. Die verdagte het glo by ‘n cuca-winkel gekuier, in ‘n rusie met vriende betrokke geraak, toe in sy motor geklim en mense by cuca-winkels begin rondjaag. Die baba se ma het probeer vlug. Hy was […]
Shell vandag in Konstitusionele Hof in SA - September 16, 2025
Gemeenskappe aan die Wildekus takel Shell, Impact Africa en die departement van minerale hulpbronne en energie vandag in die Konstitusionele Hof. Die saak handel oor die seismiese gas-opnames aan die Wildekus en regte om olie te ontgin wat in 2014 aan Shell en Impact Africa toegestaan is. Die hof moet bepaal of die Appèlhof se […]
Olifante help honger stil - September 16, 2025
Sowat 142 ton olifantvleis is as deel van die regering se inisiatief vir droogteverligting aan huishoudings in agt streke versprei, sê eerste minister Elijah Ngurare. Sowat 1,4 miljoen mense landswyd het voedselhulp van die regering ontvang, wat ook ander wildsvleis ingesluit het. Die program, wat nou amptelik afgehandel is, het die regering ‘n beraamde 1,3 […]
SA laerskool se water meer as ‘n maand afgesny - September 16, 2025
Die DA in Johannesburg het ‘n skriftelike versoek aan die burgemeester, Dada Morero, gerig om krane by die Poseidon Primary School in Ennerdale weer oop te draai. Dit volg nadat Johannesburg Water die watertoevoer na die skool afgesny het weens wanbetaling. Ouers van leerders sê hul kinders doen al meer as ‘n maand infeksies op […]
Britse vegvliegtuie gaan Poolse lugruim help beskerm - September 16, 2025
Vegvliegtuie van die Koninklike Lugmag sal lugverdedigingsmissies oor Pole vlieg as deel van ‘n Navo-sending, het die Britse regering aangekondig. Dit volg na Russiese hommeltuie verlede week die Poolse lugruim binnegegaan het in Russiese president Vladimir Putin se mees betekenisvolle skending van die Navo-lugruim tot nog toe. Die Britse verdedigingminister John Healey het op ‘n […]
Krieket: Pakistan lê klagte teen skeidsregter Andy Pycroft - September 16, 2025
Die Pakistanse krieketbeheerliggaam, vra dat wedstrydskeidsregter, Andy Pycroft, verwyder moet word na die Asiëbekerwedstryd teen Indië in Dubai. Dit volg nadat die Indiese spelers geweier het om na die wedstryd hand te skud met die Pakistanse spelers. Indië het die wedstryd met sewe paaltjies gewen. Dit is die eerste wedstryd tussen die twee aardsvyande sedert […]