Afval-, rioolkrisis by sewe NWR-lodges - September 16, 2025
Afval- en rioolprobleme by sewe van Namibia Wildlife Resort se lodges is glo só erg dat dit nie meer aan omgewingstandaarde voldoen nie, berig The Namibian. Die dagblad haal ‘n brief van NWR-voorsitter Haroldt /Urib aan waarin lodges by Gross Barmen, Popa-valle, Sesriem, Waterberg en /Ai-/Ais onder andere uitgelig word. /Urib het die bestuur van […]
SADP arresteer meer as 15 000 verdagtes - September 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy behaal steeds aansienlike sukses met sy landwye Shanela-operasies. Die afgelope week is 15 763 verdagtes weens verskeie oortredings gearresteer. Dit sluit 2 133 gesoekte persone in wat in verskillende dele van die land vasgetrek is. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 265 verdagtes is aangekeer weens verkragting en 92 was […]
Hamas-leiers nie veilig, waarsku Netanyahu - September 16, 2025
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu weier om nog aanvalle op Hamas-leiers uit te sluit en sê terroriste sal nêrens gevrywaar wees nie. Israel het verlede week Hamas-leiers in Katar, ʼn Amerikaanse bondgenoot, aangeval en vyf mense doodgemaak. Vyf was lede van die militante groep en een ʼn weermaglid van Katar. Netanyahu het Maandag tydens […]
Gholf: Viktor Hovland maak buiging in SA - September 16, 2025
Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank Gholfuitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buitebaan gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning by die Ryder Cup by Bethpage Black in Farmingdale, New York, […]
Namibië ál gewilder onder bootreisigers - September 16, 2025
Namibië word toenemend beskou as een van die wêreld se mees belowende markte vir bootreis-toerisme. European Cruise Service sê dit het hulle oortuig om African Cruise Service as deel van hul strategie te stig en die eerste streekkantoor in Walvisbaai te open. Die kusdorp se ligging is perfek vir toeroperateurs wat beide roetes van Noord- […]
Cosatu bang twis tussen ANC, SAKP verdeel werkers - September 16, 2025
Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen ‘n beroep op die ANC en SAKP om nie ‘n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as ‘n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en voer as redes aan die […]
Amerika val nóg ‘n boot van Venezuela aan - September 16, 2025
President Donald Trump van Amerika sê die weermag het ʼn aanval uitgevoer op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmvaartuig wat in internasionale waters op pad was na Amerika. Drie mans is in Maandag se aanval dood. Dit volg na ʼn soortgelyke aanval vroeër die maand waarin elf mense dood is. Trump sê hierdie uiters gewelddadige dwelmkartelle hou […]
Vrouerugby: Franse flank geskors ná sy byt - September 16, 2025
Die Franse flank, Axelle Berthoumieu, is vir 12 wedstryde geskors na sy ‘n Ierse opponent, Aiofe Wafer, tydens Sondag se Vrouewêreldbeker-kwarteindstryd in Exeter, Engeland gebyt het. Die 25-jarige het erken sy het ‘n rooikaart-oortreding begaan, maar gaan teen die lengte van die verbod appelleer. Die skorsing beteken Berthoumieu is vir die res van die Wêreldbeker, […]
Depressie, angs teister Kavango-Oos - September 16, 2025
Kavango-Oos gaan gebuk onder geestesgesondheidskrisis met bykans 4 500 gevalle wat in die 2023/24-begrotingsjaar aangemeld is. ‘n Senior maatskaplike werker in die ministerie, Agnes Rengi, beskryf die syfers as kommerwekkend en sê dit weerspieël ‘n styging in gevalle van onder meer depressie, angs en trauma-verwante diagnoses. Die toenemende afwesigheid van ‘n vaderfiguur in huishoudings speel […]
Johannesburg se waterprobleme droog net nie op nie - September 16, 2025
Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die huidige waterprobleme by die metro word vinnig hanteer. Dit kom te midde van wisselvallige watervoorsiening in groot dele van die metro wat onlangs tot vier dae van betogings in die Westbury-area gelei het. Die burgemeester het gister die Alexandra-reservoir besoek wat een van dié is wat die swaarste […]