VN se Menseregteraad voer dringende debat oor Israel - September 16, 2025

Die Verenigde Nasies se Menseregteraad voer vandag ‘n dringende debat oor Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Katar. Die debat is byeengeroep nadat twee amptelike versoeke ontvang is, een van Pakistan namens lidlande van die Organisasie van Islamitiese Samewerking, en die ander van Koeweit namens die Samewerkingsraad vir die Arabiese Golfstate. Dit is die 10de […]

Read More

Paalspring: Duplantis laat spat eie wêreldrekord vir 14de keer - September 16, 2025

Die Sweeds-Amerikaanse paalspringatleet, Mondo Duplantis, het sy eie wêreldrekord vir ‘n 14de keer verbeter met ‘n ongelooflike sprong van 6,3 meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Die 25-jarige het reeds die goue medlaje ingepalm toe die jong Griekse atleet, Emmanouil Karalis, op ses meter uitgeval het. Die luidrugtige skare het Duplantis daarna gehelp om […]

Read More

Ithete gaan kyk na Namdia-sekuriteit - September 16, 2025

Die minister van myne, Natangue Ithete, het Namdia Maandag besoek om homself en sy span op hoogte te bring met die verskerpte veiligheidsmaatreëls wat dié diamantmaatskappy ingestel het ná dit in Januarie vanjaar beroof is. Volgens die Namdia-voorsitter Justus Hausiku gaan dié maatreëls die maatskappy meer weerstandig maak en help om die publiek se vertroue […]

Read More

Forum eis vrystelling van geheime Phala Phala-verslag - September 16, 2025

Die Activists and Citizens Forum doen ‘n beroep op die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee om die hoogsgeheime Phala Phala-verslag te deklassifiseer. Miljoene rande in buitelandse valuta is in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel. Die forum voer aan die klassifisering is ‘n poging om die waarheid te verdoesel en […]

Read More

DNS verbind verdagte met Kirk-moord - September 16, 2025

Die FBI-direkteur, Kash Patel, sê DNS-bewyse wat ondersoekers gevind het, verbind die man wat beskuldig word van die moord op die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, met die voorval. Die 22-jarige Tyler Robinson is gearresteer nadat hy Kirk na bewering Woensdag by die Utah Valley University doodgeskiet het. Patel het aan Fox News gesê die geweer […]

Read More

Atletiek: SA se Tshite in eindronde vir 1 500 m in Tokio - September 16, 2025

Tshepo Tshite is deur na die mans se 1 500 m-eindronde by die Wêreldkampioenskap in Tokio. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon regkry sedert Moskou 2013, toe Johan Cronje die brons verower het. Marioné Fourie is uitgeskakel in die vroue 100 meter hekkie-halfeindronde. In die mans 110 meter hekkies kon drie Suid-Afrikaners, John […]

Read More

Erfenisweek: ‘Dra jou fakkel met trots’ - September 16, 2025

Die jaarlikse Namibiese Erfenisweek, ‘n viering en bevordering van die land se ryk kultuur, geskiedenis en natuurlike erfenis, het Maandag amptelik begin en duur tot Sondag. Vanjaar se tema, “Fakkeldraers van Ons Erfenis”, beklemtoon die belangrikheid van die bewaring en eerbiediging van hierdie waardes. Tydens die openingseremonie in Rehoboth het Baster Kaptein Jacky Britz die […]

Read More

Krieket: Namibië in groot stryd vandag teen Zimbabwe - September 16, 2025

In krieketnuus het Zimbabwe Namibië Maandag met 33 lopies in hul eerste T20-wedstryd in Bulawayo verslaan. Zimbabwe het 211 lopies vir die verlies van drie paaltjies aangeteken, terwyl die Namibiese telbord op 178 lopies vir die verlies van sewe paaltjies gestaan het. Die twee spanne kom vandag om halftwee weer teen mekaar te staan. Namibië […]

Read More

CoW open laaipoort vir e-voertuie - September 16, 2025

Stad Windhoek het Maandag sy eerste poort vir die laai van elektriese motors by sy hoofkantoor bekendgestel, in samewerking met Tesla Energy Solutions. ‘n Groot motor kan binne vier tot vyf ure ten volle herlaai vir sowat 120 Namibiese dollar. Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja sê die poort is deel van die hoofstad se groenstrewe […]

Read More

Nuwe spelers in November-verkiesings - September 16, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië sê vier nuwe organisasies en verenigings het vir die streeks- en plaaslike verkiesings in November geregistreer. Hulle is die Association for Localised Interest in Swakopmund, die Walvis Bay Community Association, die Outjo Residents Association en die Grootfontein Rates and Taxpayers Association. Ingevolge die wet kan die publiek en ander geregistreerde organisasies of […]

Read More