Arbeidskommissaris sat vir sloer met dispute - September 16, 2025
Die Kantoor van die Arbeidskommissaris word oorval met ‘n groot toename in die uitstel van prosedures om arbeidsgeskille op te los. Die vernaamste rede hiervoor is partye wat onvoorbereid is. Arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla sê met onmiddellik effek sal geen uitstel langer toegestaan word tensy ‘n geldige rede verskaf word nie. Die woordvoerder van die Kantoor […]
China gaan invoertariewe na Afrika spoedig skrap - September 16, 2025
China se ambassadeur na Namibië, Zhao Weiping, sê die land gaan saam met Namibië werk om heffings op invoere uit die supermoontheid in Afrika so vinnig as moontlik af te skaf. Dit kom midde die vasteland wat hoër tariewe van Amerika in die gesig staar. China is reeds die afgelope 15 jaar Afrika se grootste […]
Nuwe Keetmans-weegbrug druk besig - September 16, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het die nuwe Keetmanshoop-weegbrug van 60 miljoen Namibiese dollar amptelik geopen. Die projek is ten volle deur die regering befonds. Die weegbrug het vandat dit verlede Maandag in werking gestel is, reeds 1 918 swaarvoertuie bedien. Dit is tans vir 16 uur ‘n dag operasioneel, maar daar is planne om die diens […]
Mbeki: SA wil geen handelsoorlog met Amerika hê - September 16, 2025
Oudpresident Thabo Mbeki het Suid-Afrika versoek om opbouende dialoog met Amerika te voer om ‘n handelsoorlog te voorkom en nasionale soewereiniteit te beskerm. Mbeki het by Unisa gepraat oor ekonomiese uitdagings en waarsku teen ‘n botsing nadat Washington tariewe van 30 persent op belangrike Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het. Mbeki het die regering se pogings onderskryf […]
Twee tronk toe oor ‘heksery’ in Zambië - September 16, 2025
‘n Zambiese hof het twee mans tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hulle probeer het om president Hakainde Hichilema dood te maak met behulp van heksery. Leonard Phiri en die Mosambieker Jasten Mabulesse Candunde is onder die Hekserywet skuldig bevind nadat hulle in Desember in hegtenis geneem is met sogenaamde toorgoed in hul besit, waaronder […]
Krieket: Pakistan teleurgesteld in Indië se sportmangees - September 16, 2025
Pakistan het teleurstelling uitgespreek nadat Indië geweier het om hande te skud gedurende Sondag se Asië-bekerwedstryd tussen die twee aartsvyande in Dubai. Die kapteins het nie hande geskud na die loot nie en die spelers het mekaar nie bedank nadat Indië met sewe paaltjies gewen het nie. Dit was die buurlande se eerste wedstryd sedert […]
N$28 miljoen ondersteuningsprogram vir kleiner boere geloods - September 15, 2025
Die landbouministerie het ‘n ondersteuningsprogram van 28 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid onder kleinskaalse boere in al 14 streke te bevorder. Sleutelinisiatiewe is gemik op tuinbou, pluimvee, suiwel en kleinvee, met subsidies en opleiding wat op meer as 3 000 produsente gemik is. Produsente kan aansoek doen by hul naaste […]
Publiek moet onwettige kragaansluitings teenstaan: Eskom - September 15, 2025
Eskom vra die publiek om onwettige kragaansluitings en elektrisiteitsdiefstal teen te staan. Woordvoerder Daphne Mokwena sê hierdie bedrywighede skaad kraglewering en bedreig openbare veiligheid. Sy sê elektrisiteit moet slegs van Eskom-goedgekeurde voorsieners gekoop word, en kliënte word aangemoedig om hulle kragverbruik te reguleer. Mokwena sê dit is noodsaaklik om veilige, betroubare en regverdige toegang tot […]
Rubio sê erkenning van Palestynse staat versterk net Hamas - September 15, 2025
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê Hamas word aangemoedig deur pogings van Brittanje, Frankryk en ander Amerikaanse bondgenote om ‘n Palestynse staat te erken. Hy het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, in Jerusalem gesê so ‘n erkenning het geen uitwerking nie en dien eintlik as ‘n hindernis teen […]
ManU se Amorim staan by sy stelsel - September 15, 2025
Sokker: Die druk op die afrigter van Manchester United, Ruben Amorim, raak al hoe meer, met sy span wat gister 3-nul in die Premierliga teen Manchester City verloor het. Die Red Devils het slegs vier punte uit hulle eerste vier wedstryde gekry, wat beteken dit is hulle swakste begin in ‘n Premierliga-seisoen in 33 jaar. […]