Gebrek aan statistieke, inligting kelder demensie-bewustheid - September 15, 2025
September is Demensie-bewustheidsmaand en Namibië staar steeds ‘n ernstige uitdaging in die gesig om die toestand aan te spreek weens ‘n gebrek aan betroubare statistieke en voortdurende sosiale stigma. Dit is volgens Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer’s Dementia Namibia, wat sê daar is steeds te min inligting oor die siekte beskikbaar. In ‘n onderhoud met […]
‘Special One’ behou WBO Afrika Super-veergewig Kampioenskapstitel - September 15, 2025
Die plaaslike boks-sensasie Flame “Special One” Nangolo het sy WBO Afrika Super-veergewig Kampioenskapstitel suksesvol verdedig in die Rooms-Katolieke-saal in Windhoek. In ‘n opwindende kragmeting oor die volle tien rondtes het Nangolo die Olimpiër Steven Bagwasi van Botswana oortuigend op punte geklop na ‘n eenparige besluit deur die skeidsregters. Dit verleng sy onoorwonne rekord na 14 […]
Toestand van land is weens Swapo-regering: Kauandenge - September 15, 2025
Joseph Kauandenge, die president van die Vereniging vir Plaaslike Belange, of Asoli, het teruggekap teen bewerings deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat dienslewering sonder ‘n Swapo-meerderheid sal ineenstort. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Kauandenge gesê Swapo regeer al 35 jaar, en wat die land kan toon is wydverspreide korrupsie, nepotisme en ineenstortende plaaslike […]
KI kan demokrasie bedreig, sê analis - September 15, 2025
Vandag is die Internasionale Dag van Demokrasie, met ‘n tersaaklike tema: “Versekering van Doeltreffende Bestuur van KI op Alle Vlakke.” Namate kunsmatige intelligensie toenemend globale besluitneming vorm, ontstaan vrae oor die impak daarvan op demokrasie self. Politieke ontleder Henning Melber waarsku dat demokrasie onder beleg is, nie net deur krimpende vryhede en toenemende populisme nie, […]
Kontrasterende temperatuurafwykings in Augustus - September 15, 2025
Namibië het in Augustus kontrasterende temperatuurafwykings ondervind, met koeler as normale toestande wat oor die grootste deel van die westelike, noordelike, uiterste noordoostelike en sentrale dele van die land geheers het. Die Namibiese meteorologiese diens sê die temperatuur het in hierdie gebiede tot soveel as 3,5 grade Celcius onder normaal gedaal. Die warmste afwykings was […]
Charlie Kirk-moordverdagte ‘gee nie samewerking’ - September 15, 2025
Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, sê die verdagte in die moord op die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk gee nie sy samewerking aan die owerhede saam nie, maar mense na aan hom wel. Die 22-jarige Tyler Robinson is Donderdagaand in hegtenis geneem ná ‘n soektog van 33-uur. Kirk, ‘n bondgenoot van president Donald Trump, is […]
Namcor-saak: Willemse ontken beplande ontsnapping - September 15, 2025
Voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse het in sy borgtogverhoor bewerings ontken dat hy betrokke was by ‘n beplande ontsnapping na sy inhegtenisneming twee maande gelede. Aanklaers beweer dat ‘n polisiereservis wat met een van Willemse se medebeskuldigdes verbind is, sy hospitaalvervoer op verdagte wyse gevolg het toe hy vir hoë bloeddruk opgeneem is. Willemse dring aan […]
Verdedingministerie bestee R20 miljoen aan reise - September 15, 2025
ActionSA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en haar adjunkte het ‘n verbysterende 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan reise vermors sedert sy die amp begin beklee het. Hulle het na bestemmings soos Viëtnam, Kuba, Maleisië, Japan en Turkye gereis sonder enige regverdiging of voordeel vir die koste verbonde. Lerato Ngobeni van ActionSA sê van die […]
Rubio ontmoet Bibi oor Israelse lugaanval in Doha - September 15, 2025
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, het ongemak uitgespreek teenoor die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, oor lugaanvalle op Katar wat dreig om die reeds sukkelende wapenstilstandspoging in Gaza te laat ontspoor. Israel se belangrikste bondgenoot het ‘n solidariteitsbesoek gereël ‘n week voor ‘n Frans-geleide beraad by die Verenigde Nasies om ‘n Palestynse staat te […]
Franse flank wat glo Ier byt in die sop - September 15, 2025
Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu kan ‘n lang skorsing verwag as sy daaraan skuldig bevind word dat sy ‘n Ierse teenstander, Aiofe Wafer, gebyt het tydens hulle kwarteindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Exeter, England. Ierland se kaptein, Sam Monaghan, het die kwessie onder die skeidsregters se aandag gebring, maar daar is nie op die […]