Hier’s waar om in Afrika te belê - October 28, 2025
Die finansiëledienstemaatskappy RMB het in samewerking met die Gordon-instituut vir Sakewetenskap, die 2025/26 verslag oor waar om in Afrika te belê vrygestel. Seychelle en Mauritius behou die eerste twee plekke, terwyl Egipte, Suid-Afrika en Marokko die top vyf voltooi. Die Ivoorkus het met agt plekke tot agtste gestyg, terwyl Nigerië met nege plekke tot agtiende […]
Vyf junior Bokke in SA Rugby Onder-19 Akademie-groep - October 28, 2025
Rugby: Vyf lede van die Junior Springbokspan wat vroeër vanjaar die onder 20-wêreldkampioenskap gewen het, is ingesluit in die SA Rugby Onder-19 Akademie-groep van 30 spelers vir ‘n Europese toer van drie wedstryde. Die vyf is die Junior Bok-kaptein, Riley Norton, Oliver Reid, Phiwayinkosi “Rambo” Kubheka, Siphosethu Mnebelele en Vusi Moyo. Die groep speel op […]
Geen nuwe M-pokke gevalle aangemeld - October 28, 2025
Geen nuwe gevalle van M-pokke is tot vandag toe aangemeld nie. Woordvoerder van die ministerie van gesondheid, Walters Kamaya, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die twee pasiënte in Swakopmund in ‘n stabiele toestand bly en behandeling ontvang. Verder is daar geen veranderings nie.
Langbaanrenne die naweek op Tony Rust-renbaan - October 28, 2025
Dis weer tyd vir langbaanrenne die naweek op die Tony Rust-renbaan. Volgens Francois Lottering is bestuurders van Suid-Afrika en Angola ook ingeskryf. Hekke maak nege-uur oop met oefenrondes wat 11-uur begin en die teer wat vanaf half-drie begin brand. Lottering het meer.
NNN in energieministerie beteken ‘geen oorsig deur NV’ - October 28, 2025
Reaksie is ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om minister Natangwe Ithete af te dank. Die stap het grondwetlike debat ontketen. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië se hibriede stelsel die president onder sekere omstandighede mag toelaat om ‘n ministeriële rol te vervul, die stap ernstige kommer wek […]
Venaani steun Sankwasa se reis- en S&T-verbod - October 28, 2025
Die PDM-leier McHenry Venaani het sy steun uitgespreek vir stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa wat streeksraadlede die koste van ongemagtigde reise self sal laat dra. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Venaani gesê dat regeringsamptenare aanspreeklikheid moet toon en moet verseker dat elke reis ‘n werklike doel dien, nie vir persoonlike gewin […]
Rundu handelskou lok 206 uitstallers, Afrika-lande - October 28, 2025
Die Rundu jaarlikse handelskou is amptelik deur visepresident Lucia Witbooi geopen, wat die belangrikheid van sulke skoue uitgelig het. Sy sê hul invloed is veel meer as net koop en verkoop, want dit bemagtig en versterk streeks-ekonomiese groei. Die skou het aansienlik gegroei sedert die eerste een in 2016 aangebied is en verlede jaar was […]
Melissa se ‘katastrofiese’ winde binne ure in Jamaika - October 28, 2025
Katastrofiese orkaan-krag winde sal Jamaika na verwagting binne die volgende paar uur bereik. Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum sê maksimum volgehoude winde van sowat 280km/h word verwag. Orkaan Melissa is nou sowat 85km van die eiland af, maar orkaankragwinde sal tot 45km van die middel gevoel word. Dit beweeg stadig teen net sowat 11km/h, en Jamaika […]
NIPDB wen globale toekenning vir groenwaterstof-werk - October 28, 2025
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het die 2025 Beleggingsuitnemendheidstoekenning van die Wêreldvereniging van Beleggingsbevorderingsagentskappe in die kategorie Innoverende Beleggingsbevorderingsveldtog gewen. Die toekenning is tydens die Wêreldbeleggingskonferensie in Sharjah, Verenigde Arabiese Emirate, oorhandig. Die raad is erken vir sy werk om groenwaterstof as ‘n nuwe en opwindende beleggingsgeleentheid vir Namibië te bevorder. Raadswoordvoerder Catherine Shipushu het […]
AfriForum takel Pretoria se probleme met #OnsDorp-veldtog - October 28, 2025
AfriForum se Pretoria-takke het in September en Oktober ‘n beduidende impak deur hul #OnsDorp-veldtog gemaak. Hulle het gras gesny, meer as ‘n duisend sakke vullis verwyder, slaggate herstel, padmerke geverf en 63 ton herwinbare materiaal ingesamel. Arno Roodt van AfriForum sê taklede het ook gemeenskapsveiligheid verbeter met patrollies, sekuriteitsinstallasies en hulp by brande. Hy sê […]