Hyphen se Toni Beukes vereer vir rol in groenwaterstof-sektor - September 15, 2025

Toni Beukes, hoof van omgewing, maatskaplike sake en bestuur by Hyphen Hydrogen Energy, is aangewys as Vrou van die Jaar in Groenwaterstof 2025 by die Global African Hydrogen Summit. Die toekenning beklemtoon haar toewyding aan die bevordering van volhoubare, inklusiewe ontwikkeling in Namibië se groenwaterstof-sektor. Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gedeel wat die erkenning […]

Read More

Cyril se hoof-lyfwag vrygespreek in Phala Phala-tugsaak - September 15, 2025

Die hoof van Presidensiële Beskerming, Wally Rhoode, is onskuldig bevind aan wangedrag tydens ‘n polisie-tugsaak. Hy is daarvan beskuldig dat hy onreëlmatig ‘n nie-amptelike ondersoek ingestel het na die Phala Phala-diefstalsaak van 2020 toe tien-miljoen-rand van president Cyril Ramaphosa se wildsplaas in Limpopo gesteel is. Die Openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, het bevind dat hy onregmatig […]

Read More

Coldplay sluit sy Wembley-reeks van rekords af - September 15, 2025

Coldplay het die einde van hul 10 vertonings op die Wembley-stadion wat rekords laat spat het, afgesluit met ‘n skitterende, veelkleurige aand van musikale towerkuns en die speel van treffers uit elke era van hul 25-jaar lange loopbaan. Die vertoning het die jongste deel van hul Music Of The Spheres-toer afgesluit, wat sedert 2022 vier […]

Read More

Retief Goosen wen vierde PGA-Toer-kampioene-titel - September 15, 2025

Gholf: Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, Retief Goosen het die Sanford International by die Minnehaha-buiteklub in Suid-Dakota gewen om sy vierde PGA Toer-kampioene-titel te verower. Die 56-jarige het sy laaste ronde in 67-houe voltooi om twee houe voor die Amerikaner, Bo van Pelt te eindig. Ernie Els, Goosen se landgenoot, en Darren Clarke van Noord-Ierland was saam […]

Read More

81-jarige vrou in hof oor amper N$100 000 se sigarette - September 15, 2025

‘n 81-jarige pensionaris, Rusia Ugwanga, het vanoggend in die Usakos landdroshof verskyn op ‘n klag van onwettige besit van tabakprodukte. Sy is Sondagaand naby die Bistro Restaurant op die B2-pad in ‘n roetine polisie-patrollie gestop en die wit Quantum waarin sy gereis het is deursoek. Die polisie het 2 495 pakkies Yes-sigarette in sakke verpak […]

Read More

Statutêre verkragting dryf tienerswangerskappe: DA - September 15, 2025

Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die toename in seksuele aanranding en tienerswangerskappe, wat volgens hom ‘n pandemievlak bereik het. Meer as 23 691 tienerswangerskappe is in 2024 in die provinsie aangemeld. Intussen is 521 babas van ma’s tussen 10 en 14 jaar in ‘n gesondheidsinstelling in gebore. Solly Msimanga van die […]

Read More

Miljoene kan weens hitte sterf: Aussie minister - September 15, 2025

Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die regering moet ʼn streng teiken stel vir vrystellingvermindering teen 2035. Hy het die langverwagte Nasionale Klimaatrisiko-beoordeling vrygestel wat Australië se eerste omvattende uiteensetting gee van die gevolge wat die klimaat inhou. Die verslag beklemtoon die verhoogde gevaar van hitte-verwante sterftes, wat miljoene kan bereik, […]

Read More

Allan Hatherley wen weer UCI-bergfiets-wêreldkampioenskap - September 15, 2025

Fietsry: Die Suid-Afrikaner Allan Hatherley het sy titel by die UCI-bergfiets-wêreldkampioenskap suksesvol verdedig toe hy goud gewen het by die Crans-Montana in Switserland. Hy is die vierde fietsryer in die geskiedenis wat dié prestasie behaal. Die 24-jarige Durbaniet het die wedren in een uur en 30 minute voltooi. Die Italianer, Simone Avendetto, was tweede en […]

Read More

Mark mal oor Bank Windhoek se obligasie - September 15, 2025

Bank Windhoek se veiling van Namibië se eerste volhoubaarheidsgekoppelde obligasie het oorweldigende belangstelling gelok, met bodaanbiedinge van 525,5 miljoen Namibiese dollar, meer as dubbel die aanbod. Die bank het suksesvol 250,5 miljoen dollar ingesamel en 300 miljoen dollar oor die volgende twee jaar toegewy om kleinskaalse, inklusiewe groeiprojekte regoor die land te ondersteun. Claire Hobbs, […]

Read More

Rugby: Springbokke weer boaan wêreldranglys - September 15, 2025

Suid-Afrika is weer boaan die wêreldranglys nadat hy Nieu-Seeland Saterdag in Wellington 43-10 verpletter het vir sy grootste oorwinning ooit oor sy aartsvyand. Ierland is tweede en die All Blacks skuif af na die derde plek. Frankryk en Engeland is onderskeidelik vierde en vyfde. Australië is sewende na sy naelskraapse nederlaag van 28-26 teen Argentinië, […]

Read More