Vandag is laaste dag vir inspeksie van kiesersregister - September 15, 2025

Vandag is die laaste dag vir Namibiërs om die voorlopige kiesersregister te inspekteer as deel van voorbereidings vir die 2025 streek- en plaaslike owerheidsverkiesings. Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie, De Wet Siluka, doen ‘n beroep op die publiek om hul besonderhede na te gaan voor die sperdatum om 17:00. Die register is beskikbaar vir inspeksie […]

Read More

Augustus se genadewater bederf Suide - September 15, 2025

Augustus se onverwagse reën het vir 22 mm in totaal op Araob in die Suide gesorg, toon die jongste verslag van die Namibiese Meteorologiese Dienste. Op Oranjemund is 10,8 gemeet, terwyl 9,8 mm by Koichab-pan en 8 mm op Keetmanshoop geval het. Op Gibeon, Tses en Mariental het tussen 2 tot 5 mm uitgesak. 

Read More

Plaaslike mark kom in rat vir elektriese voertuie - September 15, 2025

Verkope van elektriese voertuie neem wêreldwyd toe en Namibië is geen uitsondering nie. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel plaaslike infrastruktuur steeds agterbly, momentum opbou. Met pryse vir nuwe en gebruikte elektriese voertuie wat daal, en ‘n nasionale laainetwerk wat na verwagting teen middel volgende jaar uitgerol […]

Read More

Homsrivier spog nou met ‘n brug! - September 15, 2025

Inwoners van Warmbad het vanoggend saamgetrek vir die amptelike opening van die Homsrivier-brug. Konstruksie aan dié brug, ‘n belgging van 18,7 miljoen Namibiese dollar, het in Maart verlede jaar begin en is onlangs voltooi. Dit sal Warmbad se verbinding met die res van die land ‘n aansienlike hupstoot gee. 

Read More

Namibiese media van die vryste ter wêreld - September 15, 2025

Namibië se media geniet, naas dié in Suid-Afrika, die meeste vryheid in Afrika, toon ‘n nuwe verslag van Reporters Without Borders. Namibië tel voorts onder die top-30 lande wêreldwyd wat mediavryheid betref. In Reporters Without Borders se 2025-indeks beklee die land die 28ste plek uit 180 lande wêrelwyd, net ná Suid-Afrika in die 27ste posisie. […]

Read More

Aikôna, sê DA oor ‘peperduur’ soldate na Kuba - September 15, 2025

Die DA eis die onmiddellike opskorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se plan om in Kuba ontplooi te word. Die weermag wil volgende jaar 20 van sy soldate teen 28-miljoen-rand na Kuba te stuur vir kursusse, hoewel dit nie hier erken word nie. Die maandelikse koste per student vir die kursus van twee jaar beloop […]

Read More

Netflix se Adolescence maak skoonskip by Emmy’s - September 15, 2025

Netflix se Adolescence het ses toekennings op die 77ste Emmy-toekennings opgeraap. Dit sluit in beste beperkte of kort reeks, terwyl die 15-jarige Owen Copper as beste ondersteunende akteur aangewys is in ‘n beperkte reeks vir Adolescence en daarmee die jongste manlike wenner geword het van enige kategorie vir toneelspel. Seth Rogen het vier Emmy’s gewen vir sy komediereeks The Studio. The Pitt het […]

Read More

Gholf: Saddier was ‘n gedugte teenstaander, sê Noren - September 15, 2025

Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op die eerste ekstra uitspeelputjie ʼn […]

Read More

Pa verwurg glo kinders, oorhandig homself aan polisie - September 15, 2025

‘n Namibiese man van 33 jaar het homself vanogggend aan die polisie op Okatope oorhandig ná hy Sondagaand na bewering sy twee kinders naby ‘n nedersetting in Oshikoto verwurg het. Die oorledenes is sy vierjarige dogtertjie en tweejarige seuntjie. Die verdagte het ná die moorde teksboodskappe aan die kinders se ma en familielede gestuur en […]

Read More

DA soek dringende antwoorde oor polisie - September 15, 2025

Die DA het onthul dat 57 polisielede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike waarskuwings vervang. Hy sê die […]

Read More