EU kap Rusland oor Roemenië se lugruim - September 15, 2025
Die Europese Unie veroordeel Rusland se skending van Roemenië se lugruim. Dié land se ministerie van verdediging sê hy het die naweek ʼn Russiese hommeltuig opgemerk toe twee F-16-vegvliegtuie die land se grens met Oekraïne gepatrolleer het. Pole het verlede week minstens drie Russiese hommeltuie in sy lugruim afgeskiet. Die EU-hoof van Buitelandse Beleid, Kaja […]
MotoGP: Marquez jaag sewende titel - September 15, 2025
Ducati-renjaer Marc Marquez is nader aan sy sewende MotoGP-titel nadat hy die San Marino Grand Prix in Italië gewen het. Die Spanjaard het Aprilia-renjaer Marco Bezzecchi in die 12de ronde verbygesteek en nie weer teruggekyk nie. Bezzecchi was tweede en die Gresini Racing-deelnemer, Alex Marquez, was derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was tiende. Marquez, wat […]
Man verloor N$188 870 in bankslenter - September 15, 2025
‘n Swendelaar het ‘n 31-jarige Namibiese man Vrydagmiddag van meer as 188 000 Namibiese dollar beroof. Die verdagte het die man gebel en hom glo gewaarsku dat iemand geld uit die slagoffer se bankrekening probeer onttrek. Die verdagte het gesê hy kan die slagoffer help, maar dan moet hy die geld na sy rekening oorplaas. […]
Herrie oor vroue-vanne duur voort in SA - September 15, 2025
Die Men’s Council of South Africa doen ‘n beroep op alle burgerlike organisasies, tradisionele leiers en Suid-Afrikaners om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor mans wat vroue se vanne gebruik, te betwis. Die stigter en president van die raad, Fikile Dyantyi, sê die raad vrees dat hierdie uitspraak kan lei tot die erosie van kulturele […]
Demokrasiedag neem KI onder die loep - September 15, 2025
Vandag is Internasionale Dag van Demokrasie, ‘n geleentheid om die stand van demokrasie in die wêreld te hersien. Vanjaar se tema is die Versekering van Effektiewe Bestuur van KI op Alle Vlakke. Dit beklemtoon die groeiende belangrikheid van kunsmatige intelligensie in die vorming van demokratiese prosesse en bestuur wêreldwyd. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, […]
Rugby: Vier vrouespanne spook om Wêreldbeker - September 15, 2025
Die vier voorste vrouerugbyspanne is deur na die Vrouewêreldbeker se halfeindronde. Die verdedigende kampioene van Nieu-Seeland het Suid-Afrika met 46–17 verpletter en is reg vir ʼn opwindende halfeindronde Vrydag teen die wêreld-nommer-twee, Kanada, wat Australië in die kwarteindronde met 46–5 afgeransel het. In die ander deel van die trekking kom Engeland, die gasvrouspan en wêreld-nommer-een, […]
CCF ent 10 000 honde, katte in teen hondsdolheid - September 15, 2025
Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) se mobiele-uitreikprogram in die Waterberg-omgewing, wat in 2019 van stapel gestuur is, het reeds 10 000 honde en katte teen hondsdolheid ingeënt. Die veldtog baat gemeenskappe wat nie vrylik tot veerartsdienste toegang het nie en waar die oordrag tussen mens, troeteldier en wild groot is. Die veldtog is deel van ‘n wêreldwye […]
Elf in hof ná skietery op Kaapse polisie - September 15, 2025
Elf verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad in verband met die aanval Vrydag in Valhalla-park op beamptes van die wetstoepassingsbevorderingsplan. Beamptes wat as deel van ʼn voortgesette operasie in die gebied ontplooi is, het skote gehoor. ʼn Woordvoerder, Wayne Dyason, sê terwyl beamptes aan ʼn beseerde persoon aandag gegee het, […]
Nepal sweer tussentydse eerste minister in - September 15, 2025
Nepal se pasaangestelde tussentydse eerste minister sê sy sal nie langer as ses maande in die pos wees nie. Sushila Karki sê sy sal mag oorgee aan die nuwe regering wat na die verkiesing op 5 Maart volgende jaar gevorm sal word. Haar aanstelling volg nadat meer as 70 mense dood is tydens anti-korrupsiebetogings wat […]
Rugby: Springbok-vroue inspireer, sê Swys - September 15, 2025
Die vertoning van die Springbok-vroue by die 2025 Vrouewêreldbeker is nie net ‘n aanwyser van wat in die toekoms lê nie, maar ook ‘n nalatenskap wat die volgende generasie sal inspireer om hulle na te doen. Die hoofafrigter, Swys de Bruin, sê die span was 12de op die wêreldranglys aan die begin van die toernooi […]