Nóg lande moet nou visums vir Namibië hê - September 15, 2025
Swede, Palestina en die Bahamas is onder die bykans 40 bykomende lande wie se burgers voortaan ook visums nodig gaan hê as hulle Namibië besoek. Inligtingsminister Emma Theofelus sê dit was deel van die jongste kabinetsbesluite. Die visums word ook met aankoms uitgereik en kos 400 Namibiese dollar stuk.
Phala-Phala-saak vandag in SA hof - September 15, 2025
Die verhoor van die drie beskuldigdes in die diefstalsaak van miljoene rand se buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020, begin vandag in die Modimolle-streekshof. Imanuwela David, Froliana Joseph en Ndilinasho Joseph staar aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg in die gesig. Die NVG se streekswoordvoerder, Mashudu Malabi, […]
Band tussen Israel, Amerika sterk, sê Netanyahu - September 15, 2025
Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag in Jerusalem met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Dit volg ná Israel se aanval op ʼn Hamas-vergadering verlede week in Katar, ʼn belangrike Amerikaanse bondgenoot in die streek. Rubio se besoek volg terwyl Israelse magte voortgaan om woongeboue in Gaza-stad te vernietig, en […]
Sokker: Liverpool belê miljarde in nuwe spelers - September 15, 2025
Die hoofafrigter van Arsenal, Mikel Arteta, erken dat sy titelteenstanders Liverpool die sterkste groep in die Premierliga saamgebring het, nadat die kampioene met Alexander Isak ‘n kontrak onderteken het vir ‘n Britse rekordbedrag. Liverpool het ‘n enorme bedrag van 2,9 miljard rand aan Newcastle uitbetaal vir die Sweedse doelskieter wat nog ‘n verdere aanvalsopsie by […]
CoW se Tuinmaak in Erwe van stapel gestuur - September 15, 2025
Die Windhoekse munisipaliteit het sy Tuinmaakprojek in Erwe van stapel gestuur om voedselsekuriteit en volhoubare landbou in die stad te bevorder. Inwoners ontvang onder meer opleiding in die gebruik van organiese kunsmis en doeltreffende waterverbruik. Die projek teikein inwoners in informele nedersettings, lae- tot middel-inkomste-woonbuurte, asook skole en organisasies in gemeenskappe. Windhoek se burgemeester Ndeshihafela […]
Krieket: Reën verhoed T20 tussen SA, Engeland - September 15, 2025
Sondag se beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Engeland by Trent Bridge is weens reën afgestel sonder dat ʼn enkele bal geboul is. Die Proteas het die aanvangswedstryd in Cardiff wat weens reën verkort is, met 14 lopies gewen, waarna Harry Brook se span sake by Old Trafford gelykop gemaak het met ʼn rekord-sege van 146 […]
Bitter min gekeur vir Jeugfonds-hulp - September 15, 2025
Die finansministerie het bevestig dat die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds later vandeesmaand van stapel gestuur gaan word, maar net 42 van die sowat 13 700 aansoeke van jong entrepreneurs gaan aanvaar word. Die regering het 257 miljoen Namibiese dollar vir die inisiatief begroot, maar al die geld kan nie met die wegspring gebruik word nie, het die […]
Brandgevaar in informele nedersettings getakel - September 15, 2025
Die Windhoekse brandweer, in samewerking met Namib Mills’ Top Score, gaan vlamvertragende verf in ‘n toetsprojek in Windhoek gebruik om die skade van hutbrande in informele nedersettings te verminder. Veertig huise in die Goreangab-informele nedersetting word in die toetsfase gebruik. Die brandweer moes die afgelope boekjaar 569 brande in en om die hoofstad blus, waarvan […]
Michelle McLean helder Times Square op - September 15, 2025
Die Namibiese sakevrou en voormalige Mej. Heelal, Michelle McLean, pryk opnuut lewensgroot op die Nasdaq-advertensiebord in Times Square in New York ná die International Association of Top Professionals (IAOTP) haar as die Top Global Business Woman of the Year in Tourism & Investment aangewys het. McLean sê sy is trots op Namibië op die internasionale […]
Swapo geselfgesentreerd, sê NNN - September 15, 2025
Swapo-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor interne petisies en gewaarsku dat selfgesentreerde optrede die party se mandaat verswak. Sy het tydens die sentrale komiteevergadering in Windhoek oor die naweek ‘n beroep op lede gedoen om te verenig, die mense sonder versuim te dien en op oorwinning in die komende verkiesings te fokus.