Dâures spring weg met ammoniumsulfaat-aanleg - September 15, 2025

Die tweede fase van die Dâures Green Hydrogen Village in Erongo, die bou van ‘n ammoniumsulfaat-aanleg, is die naweek van stapel gestuur. Dié aanleg sal na verwagting teen volgende jaar kunsmis aan die plaaslike en internasionale mark kan lewer. Die projek gebruik sonkrag om groenwaterstof te produseer, waaruit ammoniak geskep word. Tydens die sooispitseremonie die […]

Read More

DA vasberade om boere beter te ondersteun - September 15, 2025

Die DA in die Wes-Kaap het sy verbintenis herbevestig om boere te ondersteun met betroubare veeartsenykundige dienste en uitvoergereed-gehalteversekering. Noko Masipa van die DA sê tydens die opknapping van die Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het die department van landbou slegs 80 persent van sy teikens behaal. Hy sê die opknappingstyd het ooreengestem met die verhoogde aanvraag […]

Read More

Kirk-gedenkdiens Sondag in Arizona - September 15, 2025

‘n Gedenkdiens sal op 21 September vir die regse aktivis Charlie Kirk by State Farm Stadion in Arizona gehou word. Die stadion het sitplek vir meer as 60 000 mense. Die 31-jarige Kirk is Woensdag tydens ‘n buitelugbyeenkoms in Utah doodgeskiet. Sy vermeende moordenaar, Tyler Robinson, is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die […]

Read More

Atletiek: Oblique Seville wen goud in 100 m - September 15, 2025

Die 24-jarige Oblique Seville het sy Jamaikaanse landgenoot, Kishane Thompson, geklop om goud te verower in die mans 100-meter by die Wêreldatletiekkampioenskap in Tokio. Die verdedigende kampioen Noah Lyles van die VSA het die brons gewen. Dit is Jamaika se eerste wêreldnaelooptitel sedert Usain Bolt in 2016. Die Suid-Afrikaanse duo Gift Leotlela en Akani Simbine […]

Read More

Veediewe teister Gibeon-, Maltahöhe-areas - September 14, 2025

Veediefstal en onwettige veeslagting teister steeds die Gibeon- en Maltahöhe-gebiede. Kosmos 94.1 het met Christiaan Swartbooi van die Gibeon-boerevereniging gepraat wat ‘n onlangse toename in aangemelde gevalle uitgelig het. Volgens Swartbooi dosyne gesteelde diere die afgelope weke geslag. Sommige verdagtes is reeds aangekeer. Swartbooi het meer.

Read More

MK kwaad oor minder geld vir sportliggame - September 14, 2025

Die MK-party het die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, se roekelose besnoeiing van fondse aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee veroordeel. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê McKenzie saboteer grondwetlike ontwikkeling en verpligtinge en die drome van gewone Suid-Afrikaners. Hy sê die MK-party eis ‘n onmiddellike ondersoek deur die Gesamentlike […]

Read More

Oekraïne wil Rusland met internet skaak - September 14, 2025

Oekraïne mag doelbewus die gehalte van mobiele kommunikasie tydens Russiese hommeltuigaanvalle verminder om te keer dat die netwerke gebruik word om aanvalle te koördineer, het media in die land vanoggend berig. Rusland beveel gereeld mobiele internet-afsluitings om Oekraïense hommeltuigaanvalle tydens die oorlog te ontwrig. 

Read More

Atletiek: Leotlela, Simbine wen Tokyo-uitdunne - September 14, 2025

Nadat die nasionale gemengde aflosspan die Afrika-rekord in die eerste ronde uitdunne gebreek het, het hulle Saterdag in die eindronde gedurende die eerste dag van die Wêreldatletiekkampioenskap in Tokyo, Japan, in die sesde plek geeïndig. Die nasionale kampioen, Gift Leotlela en die Suid-Afrikaanse rekordhouer, Akani Simbine het albei hulle uitdunne gewen in die openingsronde van […]

Read More

Mboti behou hoëprofielpos - September 14, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ervare diplomaat ambassadeur Lineekela Mboti heraangestel as die uitvoerende hoof van die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme, met ingang 1 September. Met ‘n loopbaan wat oor drie dekades strek en hoëprofielposte van Angola tot Brasilië, bring ambassadeur Mboti diepgaande ervaring na die rol. Bradley Tjongarero, hoofbeleidsontleder by die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme se nasionale sekretariaat, het meer […]

Read More

Howe vir Klein Eise in SA verwelkom - September 14, 2025

Die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Andries Nel, sê die Howe vir Klein Eise het toegang tot regspraak uitgebrei vir baie gemeenskappe wat voorheen geen toegang gehad het nie. In die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar het Howe vir Klein Eise regoor die land meer as 8 515 nuwe eise geregistreer, wat altesaam 57,9 […]

Read More