FBI-hoof in warm water oor Kirk-moord - September 14, 2025

FBI-direkteur Kash Patel maak hom gereed vir Amerikaanse kongresondersoek oor sy leierskap van die ondersoek na die moord op die konserwatiewe kommentator Charlie Kirk, ná vroeë berigte oor misstappe – insluitend sy foutiewe aankondiging op sosiale media dat “die verdagte” in die moord in aanhouding is. Patel sal na verwagting Dinsdag en Woensdag voor die […]

Read More

Gholf: Vier gesamentlike voorlopers in Vodacom-toernooi - September 14, 2025

Kyle McClatchie, Dylan Mostert, Haydn Porteous en Ryan van der Klishet vanoggend hul tweede ronde hervat, as die gesamentlike voorlopers met ses onder baansyfer in die Vodacom Origins of Golf toernooi by die Gowrie Gholfbaan in KwaZulu-Natal, nadat swak lig Vrydag die spel beeïndig het. Dit was ‘n besige dag nadat die opgeskorte eerste rondte […]

Read More

Stelsels belemmer bestuur van ramprisiko - September 14, 2025

Beperkte of gefragmenteerde vroeë-waarskuwingstelsels belemmer die regering se pogings om ramprisiko in die land te verlaag, sê die Kantoor van die Eerste Minister in sy nuwe strategiese plan tot 2030. Die kantoor beplan om ‘n nasionale bedryfsentrum vir nood te vestig. Dit sal onder meer oorbodige en verwarrende gesentraliseerde koördineringspogings beperk, kommunikasie en inligtingsvloei verbeter, […]

Read More

Vakbond beskuldig SAPD-kolleges van diskriminasie - September 14, 2025

Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, Popcru, eis ‘n dringende ondersoek na die diskriminerende praktyke by SAPD-opleidingskolleges regoor die land. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die afdelingskommissaris vir opleiding, Bongiwe Zulu, het in Bisho, in die Oos-Kaap vyf lede aan opleiding onttrek bloot op grond van hul gestremdheid. Hy sê Popcru is verder ontsteld oor die […]

Read More

Talle polisie in betogings in Londen beseer - September 14, 2025

Ses-en-twintig polisiebeamptes is beseer tydens ‘n betoging wat deur die ver-regse aktivis, Tommy Robinson, gereël is, met soveel as 150 000 mense in die strate van sentraal-Londen. Spanning het hoog geloop tydens die Unite the Kingdom-saamtrek, met betogers wat bottels en ander voorwerpe na die polisie gegooi het. In ‘n teen-protes het 5 000 betogers aan […]

Read More

Sokker: Orlando Pirates maak geskiedenis - September 14, 2025

Orlando Pirates het Saterdag geskiedenis gemaak met ‘n vierde agtereenvolgende sege in die MTN8-toernooi na ‘n oorwinning van 3-0 oor Stellenbosch in die eindstryd op die Orlando Stadion. Na 90 minute sonder enige doele, het die Buccaneers drie doele in ekstra tyd aangeteken. Tshepang Moremi het in die 92ste minuut ‘n doel aangeteken, met nog […]

Read More

Capricorn belê miljoene in maatskaplike projekte - September 14, 2025

Plaaslik-genoteerde Capricorn Group het in sy afgelope boekjaar 26,7 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid bestee. Sedert sy ontstaan in 2020, het die Capricorn-stigting meer as 100 maatskaplike projekte en programme ondersteun. Dit sluit in voedselsekuriteit, onderwys, jeugwerkloosheid en sport. Die voorsitter van die Capricorn Group, Gerhard Fourie, sê die stigting het ‘n betroubare […]

Read More

E-taxi’s in SA moet nou registreer - September 14, 2025

Die Nasionale Departement van Vervoer het die langverwagte Nasionale Wysigingswet op Landvervoer en die Gewysigde Regulasies vir instelling in die Staatskoerant gepubliseer. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die Wet stel ‘n vereiste vir e-taxi openbare vervoeroperateurs om bedryfslisensies te hê. Hy sê app-maatskappye moet registreer en voldoen aan maatskappywette in Suid-Afrika onder die […]

Read More

Coldplay kom toer in ‘iewers’ in Suider-Afrika - September 14, 2025

Coldplay-sanger Chris Martin het tydens die laaste van hul 10 vertonings op die Wembley-stadion in Londen, van die verhoog af belowe dat die toer oor omtrent 18 maande “êrens in Suider-Afrika” hervat sal word. Coldplay se Music Of The Spheres-toer, wat sedert 2022 vier keer om die wêreld gereis het, is nou die toer met […]

Read More

Bergfietsry: Namibië se Surén wen silwer - September 14, 2025

Namibië se Roger Surén het Vrydag ‘n silwer medalje in die UCI-wêreldkampioenskap se bergfiets-veldwedren vir juniors in Switserland gewen – die eerste Namibiër om ‘n medalje by die kampioenskap te verower. Afrigter Hans du Toit het ná die wedren met Surén gepraat:

Read More