BoN ontleed informele sektor - September 14, 2025
Die Bank van Namibië beplan ‘n gedetaileerde ontleding van die land se informele sektor. Dit is in aanloop tot die wetlike erkenning van sulke besighede, wat rigting sal gee aan beleid en ondersteuning. Die regering beoog om 950 informele besighede teen 2030 by die formele sektor te betrek as deel van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsbeplan.
Vlieënier se liggaam op Durban-strand gevind - September 14, 2025
Die polisie in KwaZulu-Natal het vermoedelik die liggaam van die vlieënier Andrew Blackwood-Murray gevind, wat vermis geraak het na ‘n vliegtuigongeluk langs die kus van Durban verlede maand tydens ‘n lugskou. Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die liggaam is Vrydagaand langs die Bay of Plenty-strand op die Durbanse strandfront gevind:
Families blameer Netanyahu vir gyselaars - September 14, 2025
Die families van Israelse gyselaars wat nog deur Hamas aangehou word, sê eerste minister, Benjamin Netanyahu, is die “een struikelblok” wat hulle terugkeer en ‘n vredesooreenkoms verhoed. Die forum vir die families van gyselaars en vermiste persone het op sosiale media gesê Israel se aanval verlede week op Katar wys dat elke moontlike ooreenkoms deur […]
Vrouerugby: SA delf onderspit teen Nieu-Seeland - September 14, 2025
Die Nieu-Seelandse verdedigende kampioene van die Vrouewêreldbeker, het ‘n eerste helfte skok oorleef om Suid-Afrika Saterdag met 46-17 in die kwarteindronde van hul Vrouewêreldbekerwedstryd te verslaan. Suid-Afrika het hulle kragtige voorspelerpak gebruik om die eerste helfte met tien elk gelykop te eindig. Maar die All Black-vroue het balbesit in die tweede helfte oorheers om hulle […]
Duisende meisies teen servikale kanker ingeënt - September 14, 2025
Sowat 65 000 meisies van nege tot 14 jaar in al 14 streke is tydens die eerste twee weke van die gesondheidsministerie se veldtog teen servikale kanker in Augustus ingeënt. Nagenoeg 232 000 meisies word met dié veldtog geteiken. Servikale kanker bly ‘n gesondheidsuitdaging in Namibië met ‘n beraamde 350 nuwe gevalle en meer as 200 […]
Honger eis 70 kinders in Oos-Kaap - September 14, 2025
Die DA dring aan op die bedanking van die Oos-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Bukiwe Fanta, nadat 70 kinders vanjaar aan honger dood is. In ‘n antwoord in die parlement het Fanta erken dat haar departement slegs nege voedselpakkies in die eerste drie maande van die jaar versprei het. Marlene Ewers van die DA beskuldig […]
Trump stel ultimatum aan Navo-bondgenote - September 14, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Saterdag in ‘n brief aan sy Navo-bondgenote ‘n ultimatum gestel, en gesê Amerika sal slegs “groot” sankies teen Rusland instel as hulle instem om dieselfde te doen, en ophou om olie by Rusland te koop. Dit sal ‘n noemenswaardige verandering vir die alliansie wees as hulle aan Trump se […]
JSB-beker: Wanderers teen Grootfontein in finaal - September 14, 2025
FNB Wanderers het FNB Unam Saterdag in ‘n naelbyt-semi-finaal met 34-31 geklop om hul plek in die finaal van die JSB Rugby Gold Cup-toernooi te verseker. Wanderers kom volgende naweek teen Grootfontein in die eindstryd te staan. Wanderers se afrigter, Dirk Human, het met Sport Wrap oor hul kanse gesels:
Nederlandse toeris sterf in ongeluk naby Walvis - September 14, 2025
‘n Nederlandse toeris is Saterdag in ‘n motorongeluk op die C-14-pad na Walvisbaai dood. Dié 68-jarige vrou is op die toneel oorlede en was deel van ‘n groep van nog ses ander toeriste. Die bestuurder van die voertuig het glo beheer daaroor op ‘n afdraande verloor en die voertuig het gerol. Die ses toeriste en hul […]
Nuwe markte wink vir SA landbouprodukte - September 14, 2025
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê nuwe bilaterale plantveiligheidsooreenkomste word gefinaliseer om toegang tot markte te verkry soos China vir avokado’s, Indië vir vars produkte, Japan vir graanprodukte en die Midde-Ooste vir beesvleis. Dit volg na die besluit van die VSA om ‘n eensydige tarief van 30 persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel. […]