Cedric Willemse ontken hy het omkoopgeld ontvang - September 13, 2025
Die voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse, wat na meer as twee maande in aanhouding op bedrog, korrupsie en ander aanklagte aansoek doen om borgtog, het Vrydag heftig ontken dat hy omkoop- en ander geld ontvang het van maatskappye. Die staat beweer hy het geld ontvang om toe te laat dat Enercon Namibië en Erongo Petroleum hul […]
Oud-veldwagters 14 jaar tronk toe vir renosterstroop - September 13, 2025
Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het twee voormalige veldwagters tot 14 jaar regstreekse gevangenisstraf gevonnis vir renosterstroop-verwante oortredings. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê in Mei 2018 is Freedom Mabilane en Tshifiwa Ramunashi ontplooi om die Houtboschrand-gedeelte van die Krugerwildtuin te patrolleer toe toeriste skote gehoor het. Sy sê hulle het valslik beweer […]
Armani se testament sal luukse modehuis hervorm - September 13, 2025
Die oorlede Giorgio Armani se testament kan die toekoms van sy ikoniese modehuis hervorm. Sy erfgename is aangesê om 15-persent van die aandele binne 18 maande te verkoop, met die opsie om nog 54,9-persent van die aandele te verkoop, wat die Giorgio Armani-stigting met ten minste 30-persent laat. Die Italiaanse ontwerper wat verlede week dood […]
Cheetahs maak een verandering vir Griekwas-stryd - September 13, 2025
Rugby: Die Cheetahs se afrigter, Frans Steyn, het een verandering aan sy opdrafspan aangebring vir vandag se Curriebeker-halfeindstryd teen Griekwas in Kimberley. Clayton Blommetjies skuif van heelagter na losskakel nadat Franco Smith beseer is. Michael Annies dra die nommer 15-trui en Ali Mgijima sit op die bank. Steyn sê hy’s trots op sy manne vir […]
Voertuigverkope in Augustus effe laer, maar 26,7% hoër as in 2024 - September 13, 2025
Die totale voertuigverkope in Augustus was 1 261 eenhede, wat ‘n maand-tot-maand daling van 3,7 persent vanaf Julie verteenwoordig, sê Cirrus in sy jongste verslag. Verkope vanjaar bly egter sterker as in 2024, met ‘n toename van 26,7 persent op ‘n jaargrondslag wat in Augustus aangeteken is. Intussen het die jaarlikse inflasie vir motoraankope in […]
DA verwerp Mashatile se verdediging van BEE - September 13, 2025
Die DA sê swart ekonomiese bemagtiging het die meeste Suid-Afrikaners benadeel terwyl ‘n klein elite-groep wat aan die ANC-verbind is hulself verryk het. Die party kritiseer adjunkpresident Paul Mashatile dat hy SEB verdedig aangesien dit beleggings keer, ongelykheid vererger, en hardwerkende entrepreneurs van geleenthede ontneem. Baxolile Nodada van die DA sê die party wil ‘n […]
N-Korea stel meer mense tereg, ook vir buitelandse TV kyk: VN - September 13, 2025
Die regering van Noord-Korea pas al meer die doodstraf toe, onder andere vir mense wat buitelandse films of TV dramas kyk of deel. Meer mense in die diktatorskap word ook onderwerp aan dwangarbeid met vryhede wat verder beperk word. Die VN Menseregtekantoor het bevind Noord-Korea het beheer verhoog oor “alle aspekte van landsburgers se lewens”. […]
Ook vroue-Bokke en -All Blacks bots vanmiddag - September 13, 2025
Rugby: Die jarelange mededinging tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal vandag in die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Engeland voortleef. Die Springbok-vroue kom teen die verdedigende kampioen te staan in die eerste kwarteindstryd, wat vanmiddag twee-uur in Exeter afskop. Kanada en Australië speel daarna in Bristol. Frankryk en Ierland speel môre in Exeter vir ‘n plek in […]
Buitelanders in olie-bedryf ‘slegs as daar nie Namibiërs is nie’ - September 13, 2025
Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om uiteindelik hul rolle oor te […]
Kripto-firma verbind met moord op prokureur voorlopig gelikwideer - September 13, 2025
Die kripto-maatskappy in die middelpunt van die moord op die insolvensieprokureur Bouwer van Niekerk, NTC Global, is voorlopig gelikwideer. Volgens News24 het die firma 484-miljoen Suid-Afrikaanse rand se beleggings ingesamel, met 262-miljoen-rand wat nog aan krediteure verskuldig is. Ondersoeke dui aan dat NTC as ‘n Ponzi-skema bedryf is, en sakeredding het misluk. Van Niekerk is […]