Los sosiale media, dis ‘kanker in samelewing’: Utah-goewerneur - September 13, 2025
Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, waarsku dat Amerika ‘n waterskeiding-oomblik bereik het na die sluipmoord op die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk. Hy het op ‘n perskonferensie gepraat na die vermeende skieter, Die 22-jarige Tyler Robinson, in hegtenis geneem is. Die grusame video van die skietery vergelyk met die politieke sluipmoorde in die land in […]
VSA-naelloper Knighton geskors oor opkikkergebruik - September 13, 2025
Atletiek: Die silwermedaljewenner in die 200-meter op 2023 se wêreldkampioenskap, die Amerikaner Erriyon Knighton, is vir vier-jaar geskors vir opkikkergebruik. Die 21-jarige is in Mei verlede jaar aangekla nadat hy buite kompetisie positief getoets het vir ‘n verbode anaboliese steroïed. Die Amerikaanse Agentskap teen Opkikkergebruik wou hom straf, maar ‘n arbitrasie-tribunaal het bevind dat hy […]
Nuwe bewyse in bedrogsaak teen SAFA-baas Danny Jordaan - September 13, 2025
Nuwe bewyse het na vore gekom in die bedrogsaak van 1,1-miljoen Suid-Afrikaanse rand teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, die hoof-finansiële beampte, Gronie Hluyo, en die sakeman Trevor Neethling. Die Palm Ridge-Handelsmisdaadhof in Gauteng het gehoor die staat het 64 gigagrepe materiaal om te verwerk voor verrigtinge kan voortgaan. Die aanklaer, Moagi […]
Ford herroep 157 Rangers in Namibië oor remprobleme - September 13, 2025
Die Ford motorvervaardiger in Suider-Afrika het meer as vyf-duisend Ford Ranger-voertuie oor remprobleme herroep. Dit sluit in 157 Ford Rangers in Namibië. Die 2025 en 2026 modelle kan ‘n verlies van pedaaldruk ondervind as gevolg van ‘n fout in die remversterkersagteware, wat die moontlikheid van botsings verhoog. Die herroeping raak ook voertuie in Botswana, Suid-Afrika […]
Prins Harry bring verrassingsbesoek aan Kiëf - September 13, 2025
Prins Harry het ‘n verrassingsbesoek aan die Oekraïense hoofstad gebring nadat hy vroeër die week ‘n alleen-reis na Brittanje onderneem het waar hy met sy pa, koning Charles, herenig is vir hul eerste persoonlike ontmoeting in 19 maande. Die prins het in Kiëf aangekom met ‘n span van sy Invictus-spele-stigting en sal na verwagting nuwe […]
Voorlaaste ronde van Curriebeker breek aan - September 13, 2025
Rugby: Die Curriebeker-Premierliga het die voorlaaste ronde bereik, met nog net vier spanne wat die beker kan wen. Die Leeus, wat boaan die punteleer is, speel teen die vierde-geplaasde Boland Kavaliers in vandag se eerste halfeindstryd, wat vyf-uur op Ellispark afskop. Twee uur later pak die spanne in die tweede en derde plek, Griekwas en […]
Geskikte datum vir NNN se besoek aan Indië word gereël - September 13, 2025
Die kabinet het die internasionale betrekkinge-ministerie opdrag gegee om ‘n geskikte datum vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besoek aan Indië te reël voor die einde van die jaar. Die besoek sal die saamroep van die Namibië-Indië gesamentlike kommissie van samewerking insluit, en volg op Indiese premier Narendra Modi se staatsbesoek aan Namibië. Die ministerie sal […]
Nuwe padveiligheidstrategie sal skoolvervoer prioritiseer - September 13, 2025
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa is bekommerd oor die toenemende ongelukke waarby leerders betrokke is, en sê ‘n hersiening van die Nasionale Padveiligheidstrategie sal skoolvervoer prioritiseer. Dit volg ná die dood van vyf leerders Donderdag toe ‘n ‘n minibus in ‘n voorskoolse gebou in die Imbali Township in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, […]
EU verleng sanksies teen 2 500 Russiese instellings, individue - September 13, 2025
Europese Unie-lande het ingestem om sanksies te verleng teen meer as 2 500 Russiese individue en instellings, insluitend president Vladimir Putin, oor die oorlog teen Oekraïne. Ambassadeurs van die 27 lidlande het voor Maandag se sperdatum die besluit onderteken nadat Hongarye en Slowakye eise laat vaar het om ‘n aantal persone van die swartlys af […]
Engeland stoomroller SA, wen T20 met 146 lopies - September 13, 2025
Krieket: Phil Salt se rekordtelling van 141 nie uit, het die grondslag gelê vir Engeland se rekordtelling van 304 vir twee, wat meer as voldoende was vir ‘n oorwinning met 146 lopies teen Suid-Afrika in die tweede T20 op Old Trafford in Manchester gisteraand. Salt se honderdtal het gekom van slegs 39 balle met ‘n […]