Oekraïne het ‘Europese geldelike steun nog vir jare nodig’ - October 28, 2025

President Volodimir Zelensky sê Oekraïne sal nog twee tot drie jaar Europese finansiële steun benodig om teen Rusland te veg. Kiëf was grootliks afhanklik van militêre en finansiële steun van buitelandse bondgenote sedert Moskou se grootskaalse inval in Februarie 2022. Leiers van die Europese Unie het verlede week die Europese Kommissie opdrag gegee om voort […]

Read More

Strawwe jaareindtoer net wat Bokke nodig het: Flannery - October 28, 2025

Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Jerry Flannery, sê hulle jaareindtoer gaan ʼn groot en uitdagende toets vir die span wees. Suid-Afrika draf in November uit teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Bokke skop hul vyf-toets toer Saterdag af met ʼn kragmeting teen Japan op die Wembley-stadion in Londen. Flannery gee toe dat vyf toetse binne […]

Read More

HUB van Katima Mulilo-stadsraad vir 6 maande geskors - October 28, 2025

Die uitvoerende hoof van Katima Mulilo-stadsraad, Raphael Liswaniso, is vanoggend vir ses maande sonder betaling geskors. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het op 15 Augustus die voormalige raad ontbind omdat hulle na bewering munisipale grond vir voertuie geruil het tydens Liswaniso se ampstermyn. Sankwasa het ‘n tussentydse span aangestel om toesig […]

Read More

TLU SA-projek betrek jeug by landbou - October 28, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA het die projek, Plant vir die Toekoms, bekendgestel. Die doel is om die jeug by die landbousektor te betrek en aan te moedig om landbou as ʼn loopbaan te oorweeg. Bennie van Zyl van TLU SA sê deur die jeug met die landboubedryf in aanraking te bring, hoop hulle om nie […]

Read More

Orkaan Melissa wys haar tande - October 28, 2025

Amerika se Nasionale Orkaansentrum waarsku Orkaan Melissa wat Jamaika na verwagting vanmiddag bereik, sal rampspoedige en lewensbedreigende wind, oorstromings en stormstuwings veroorsaak. Die kategorie vyf-storm het reeds drie sterftes in Jamaika veroorsaak, en vier in Haïti en die Dominikaanse Republiek. ʼn Woordvoerder van die sentrum, Michael Brennan, sê hulle verwag ernstige skade en die verwoesting […]

Read More

Engeland steeds onseker oor Ecclestone vs Proteas-vroue - October 28, 2025

Krieket: Daar is steeds onsekerheid oor die fiksheid van die wêreld se beste eendagbouler, Sophie Ecclestone van Engeland, vir môre se Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Protea-vroue. Sy het haar skouer Sondag beseer tydens die laaste groepswedstryd teen Nieu-Seeland en kon nie haar boulskof voltooi nie. Die bestuur sê Ecclestone sal voor die wedstryd voortdurend ondersoek word. […]

Read More

Zambezi-boere sukkel steeds met veediefstal - October 28, 2025

Boere in die Liselo-Kamenga-gebied in Zambezi loop steeds deur onder veediefstal, veral oorgrens vanaf Zambië. Groot troppe bees word oorgrens gejaagen sedert 2022 is meer as 800 diere gesteel. Maar nou is daar ‘n nuwe probleem. Die diere wat wel gevind word, word nie gerepatrieer nie. Plaaslike berigte lui dat 23 diere onlangs gesteel is […]

Read More

Groot kommer oor dobbelende studente, en dit met Nsfas-fondse - October 28, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare, sê onlangse berigte oor studente se misbruik van fondse van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om aanlyn te dobbel, is kommerwekkend. Volgens die Nasionale Dobbelraad se verslag vir die 2023/2024-boekjaar, is 1,1 triljoen Suid-Afrikaanse rand in 2024 in die Suid-Afrikaanse dobbelbedryf gewed, wat 40,2-persent meer as die vorige boekjaar is. […]

Read More

Cessna vol toeriste stort in Kenia neer - October 28, 2025

‘n Klein vliegtuig, ‘n Cessna Caravan, het vroeg vanoggend in Kenia se kusgebied Kwale neergestort terwyl dit op pad was na die Maasai Mara Nasionale Reservaat, met 12 mense wat vermoedelik dood is. Die ongeluk het in ‘n heuwelagtige en beboste gebied sowat 40 kilometer van die Diani-vliegveld plaasgevind. Kwale County-kommissaris Stephen Orinde het aan […]

Read More

Trump stel nie belang in vrye verkiesings nie – Newsom - October 28, 2025

Die Kalifornië goewerneur Gavin Newsom publiseer sy memoir, Young Man in a Hurry: A Memoir of Discovery. Hy het ‘n uitgebreide onderhoud met CNN gevoer en verskeie onderwerpe bespreek, waaronder president Donald Trump, wat hy gereeld aanlyn aanvat. Hy sê die federalisasie van die Nasionale Wag is die begin van die einde.

Read More