Onderwysministerie gaan wetsontwerp oor beroep verduidelik - September 12, 2025
Die onderwysministerie gaan landswye konsultasies oor die Wetsontwerp op die onderwysberoep en sy regulasies van 15 September tot 17 Oktober aanbied. Hierdie sessies sal in al 14 streke plaasvind en volgende Maandag in Keetmanshoop in die Karas-streek afskop. Ayesha Wentworth, direkteur vir programme en gehalteversekering in die ministerie, verduidelik.
Thabo Bester se saak teen Netflix misluk - September 12, 2025
Die veroordeelde moordenaar Thabo Bester se regsverteenwoordiger, Courage Morero, is teleurgesteld omdat die Hooggeregshof in Pretoria sy en Nandipha Magudumana se dringende aansoek verwerp het om Netflix se dokumentêr, Beauty and the Bester, te verbied. Regter Sulet Potterill het beslis Bester het toegang tot ander regsmiddels en voorafgaande beperking is nie die enigste keuse nie. […]
Kirk sluipmoord-verdagte in aanhouding - September 12, 2025
Die verdagte in die sluipmoord op die Republikeinse jeugleier, Charlie Kirk, is aangekeer. “Ons het hom,” het die goewerneur van Utah, Spencer Cox, op ‘n perskonferensie gesê. Die 22-jarige Tyler Robinson is glo met die hulp van ‘n familielid en ‘n vriend aan die polisie oorgegee nadat hy geïmpliseer het dat hy vir die sluipmoord […]
Slegte nuus vir Man City – Marmoush is beseer - September 12, 2025
Sokker: Die Egiptiese voorspeler Omar Marmoush gaan Sondag se Manchester-derby misloop. Die speler van Manchester City het ‘n knie-ligament beseer tydens ‘n internasionale wedstryd. Hy is Dinsdag vervang in die vierde minuut van Egipte se doellose gelykopstryd teen Burkina Faso in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. City is Sondag gasheer vir Manchester United, met albei spanne wat ‘n […]
Nust se Departement Digitale Kunste en Animasie word werklikheid - September 12, 2025
Volgende week Woensdag sal die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sy splinternuwe Departement Digitale Kunste en Animasie bekendstel, onder die tema “Herbeelding van Storievertelling Deur Digitale Innovasie”. Dit het ten doel om Namibië se kreatiewe en digitale nywerhede ‘n hupstoot te gee deur studente toe te rus met baanbrekersvaardighede in animasie, filmvervaardiging en meer. […]
Dis Swakop Burgemeestersbeker-toernooi finale die naweek - September 12, 2025
Die eindronde van die 2025 Swakopmund Burgemeestersbeker-sokkertoernooi vind môre en Sondag plaas by die DRC Sportveld in Mondesa. Die toernooi het op 29 Augustus afgeskop en speel ‘n belangrike rol om mense van alle uithoeke van die dorp en omliggende gebiede bymekaar te bring, terwyl dit ook ‘n geleentheid bied om plaaslike talent te vertoon […]
ECN kondig verkiesingsdatums aan - September 12, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië het belangrike voorlopige datums en statistieke vrygestel vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings wat vir 26 November geskeduleer is. Die Kommissie het onthul dat uit 949 890 stemgeregtigde kiesers in die land se 59 plaaslike owerhede, 745 429 geregistreer het, wat ‘n opkoms van 70 persent weerspieël. Waarnemende Hoofverkiesings- en […]
Speaker het beheer oor NV verloor: Ngaringombe - September 12, 2025
Die Sekretaris-Generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, daarvan beskuldig dat sy beheer oor die parlement verloor het. Dit volg op haar besluit om AR-lede Tuhafeni Kalola en Job Amupanda uit Donderdag se sitting te laat verwyder na ‘n hete woordewisseling. Ngaringombe het aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Otjozondjupa-polisie waarsku oor swendelaars in Grootfontein - September 12, 2025
NamPol in die Otjozondjupa-streek waarsku die publiek teen swendelaars wat tans boere, sakelui en gemeenskapslede in Grootfontein teiken. Tydens Augustus en vandeesmaand het verskeie mense in die omgewing die slagoffers geword van swendelaars wat polisiebeamptes en bankwerknemers verpersoonlik het, en verskillende selfoonnommers gebruik het. Veral mense wat sake by die polisie geopen het word geteiken, […]
VSA-senator waarsku oor toenemende politieke geweld - September 12, 2025
Die skokgolwe na die sluipmoord op die Trump-bondgenoot Charlie Kirk, ‘n uitgesproke voorstander van vuurwapen-besit al word kinders gereeld in skole vermoor, kring steeds uit. Die Demokratiese senator Tim Kaine van Virginia, het oor toenemende politieke geweld gepraat in twee Senaat-komitee verhore. Hy sê dit word al moeiliker vir Amerikaners om te sê “dis nie […]