13 756 doen aansoek vir Jeugontwikkelingsfonds - September 12, 2025
Altesaam 13 756 aansoeke is landwyd vir die 257 Namibiese dollar Nasionale Jeugontwikkelingsfonds ingedien. Khomas-goewerneur Sam Nujoma het op sy sosiale media aangekondig dat die gees van entrepreneurskap in Namibië floreer, gebaseer op hierdie syfers. Die Khomas-streek het die grootste aantal aansoeke opgelewer met 3 417, gevolg deur Erongo met 2 000, 1 377 aansoeke […]
Kaapstad-Litterboom-projek haal 23 ton vullis uit riviere - September 12, 2025
ʼn Vennootskap tussen die Stad Kaapstad en The Litterboom Project het sedert Mei vanjaar meer as 23 ton vullis uit riviere en kanale verwyder. Met die metro se toelaag kon die projek agt nuwe vullisversperrings reg oor die metro oprig. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê Litterboom neem ook die plastiekvullis uit […]
Trump-tariewe ‘kan Indië na Rusland dryf’ - September 12, 2025
John Bolton, ‘n Amerikaanse politikus en voormalige ambassadeur na die Verenigde Nasies, het met Brittanje se Times Radio gepraat oor die verslegtende verhouding tussen die VSA en Indië. Dit kom na president Donald Trump invoertariewe van 50 persent op Indië gehef het, en Indiese premier Narendra Modi die Chinese leier Xi Jinping in Beijing besoek […]
Gun Run-naweek veroorsaak padsluitings - September 12, 2025
Padwedlope: Meer as 18 000 atlete gaan na verwagting deelneem aan die 31ste Gun Run wat die naweek in Kaapstad plaasvind. Môre se wedlope behels ‘n landloop oor 17-kilometer vanaf Oranjezicht en korter wedlope vanaf Groenpunt, terwyl die halfmarathon oor 21,1-kilometer Sondag deur Groenpunt, Seepunt, Kampsbaai en Clifton sal kronkel. Padsluitings sal verskeie gebiede raak […]
Moenie Stad Windhoek se fondse weggee, vra aktivis - September 12, 2025
Die Stad Windhoek gaan na verwagting meer as 250 miljoen dollar verloor wat vir die opgradering van informele nedersettings toegeken is. Die Stedelike en Landelike Ontwikkelingminister, James Sankwasa, het die stad se toewysing van 750 miljoen dollar met 34 persent verminder. Sankwasa verwys na swak samewerking en stadige lewering en sê die fondse sal na […]
Elektriese voertuie-toets wys praktiese gebruik in afgeleë gebiede - September 12, 2025
Die hernubare-energiemaatskappy, Scatec, sê hy het aansienlike vordering gemaak in sy Suid-Afrikaanse toetsprojek vir elektriese voertuie in Kenhardt en Upington in die Noord-Kaap. Scatec sê die toetsprojek het reeds getoon dat elektriese voertuie, met goeie skedulering, naatloos en met minimum ontwrigting geïntegreer kan word by daaglikse bedrywighede. Die projek is deel van ʼn reeks nul-inisiatiewe […]
Nuwe video vrygestel van Kirk-sluipmoord verdagte - September 12, 2025
Utah se Departement van Openbare Veiligheid het ʼn nuwe video vrygestel wat wys hoe die verdagte in die moord op Charlie Kirk oor die dak van ʼn gebou hardloop en in ʼn beboste gebied verdwyn. Die Amerikaanse konserwatiewe jeugleier is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University gepraat het. Die departement se kommissaris, […]
Bokke ‘moet volle 80 minute op hul beste wees’ teen All Blacks - September 12, 2025
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê hulle besef hulle sal môre die volle 80-minute op hulle beste moet wees in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Daar is heelwat op die spel vir Suid-Afrika. As hulle wen, behou hulle die Vryheidsbeker wat hulle verlede jaar die eerste keer sedert 2009 gewen het. Hulle […]
Leerders in vakansieklasse beïndruk onderwysminister - September 12, 2025
Minister van Onderwys, Sanet Steenkamp, en haar adjunk, Dino Ballotti, het vanoggend ‘n motiverende besoek aan Jan Möhr Sekondêre Skool afgelê, waar Graad 12 Gevorderde Subsidiêre Vlak-leerders van verskeie skole vakansieklasse bywoon gedurende die middeltermynvakansie. Steenkamp het die leerlinge se toewyding geprys en hul verbintenis ‘n inspirasie genoem.
BEE is bemagtiging, nie rassisme: Mashatile - September 12, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê swart ekonomiese bemagtiging is nie rassisme nie, maar ‘n instrument om ongeregtighede uit die verlede reg te stel. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beklemtoon transformasie beteken om welvaart te deel en diegene wat voorheen benadeel is, te bemagtig. Hy het sê wetgewing moet behoorlik […]