VN rig waarskuwing na Israel se Doha-aanval - September 12, 2025

Die Verenigde Nasies waarsku die onlangse Israelse aanval op Katar is ʼn kommerwekkende ontwikkeling wat ʼn nuwe en gevaarlike hoofstuk in die verwoestende konflik kan inlui. Israel het Dinsdag ʼn aanval uitgevoer op Hamas se leierskap in Katar, wat ʼn belangrike bemiddelaar is in gesprekke oor ʼn skietstilstand in Gaza. Vyf Hamas-lede is in die […]

Read More

Legendariese oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee sterf op 80 - September 12, 2025

Die legendariese oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee is op 80-jarige ouderdom oorlede. Hy het ook vir Westelike Provinsie en Maties uitgedraf. Coetzee het tussen 1974 en ’76 ses toetse vir Suid-Afrika gespeel, insluitend 1976 se tuisreeks teen die All Blacks wat die Bokke 3-1 gewen het. Coetzee het WP van 1967 tot ’79 verteenwoordig en was […]

Read More

Krieket: Net vroue op skeidsregterpaneel - September 12, 2025

Die komende Wêreldbekertoernooi vir Vroue sal die eerste keer net vroue op die skeidsregterpaneel hê, met 14 skeidsregters en vier wedstryd-skeidsregters. Die groep sluit Claire Polosak, Jacqueline Williams en Sue Redfern in wat aan hulle derde Wêreldbekertoernooi deelneem. Die voorsitter van die Internasionale Krieketraad, Jay Shah, sê hierdie grondverskuiwende oomblik gaan oor sigbaarheid, geleenthede en […]

Read More

Ngurare se Kantoor bespreek strategie - September 12, 2025

Die bekendstelling van die strategiese plan van die Kantoor van die Eerste Minister is vandag in Windhoek voortgesit. Die uitvoerende direkteur van die kantoor, Gladice Pickering, het die kernmandaat van eerste minister Elijah Ngurare verduidelik:

Read More

Namibiërs sat vir leë beloftes, sê Amupanda - September 12, 2025

Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het Donderdag tydens ‘n nuuskonferensie nie doekies oor die leë beloftes van die heersende party omgedraai nie – hy’t selfs kragwoorde gebruik. Tydens ‘n oorsig van die AR se vyf maande in die parlement, het Amupanda gesê die party fokus nie net op verkiesings nie, maar ook op […]

Read More

Meer as N$1 miljard vir suuraanleg op Walvis - September 12, 2025

Die Britse maatskappy Green Metals Refining beplan om 59 miljoen Amerikaanse dollar – meer as ‘n miljard Namibiese dollar – in die eerste fase van ‘n swawelsuur-aanleg by Walvisbaai te belê. Die aanleg sal by die maatskappy se beplande mangaan-aanleg op die kusdorp wees. Beide aanlegte sal na verwagting teen die einde van 2027 voltooi […]

Read More

Oryx belê miljoene in inkoopsentrums - September 12, 2025

Plaaslik-genoteerde Oryx Properties het in die afgelope boekjaar altesaam 146 miljoen Namibiese dollar in die verbetering van sy eiendomme belê. Hiervan was 52 miljoen dollar bestee aan die eerste fase van die herontwikkeling van die Maerua-inkoopsentrum en 57 miljoen aan die ontwikkeling van die Goreangab-inkoopsentrum. Tydens die vrystelling van die groep se resultate vir die […]

Read More

Forum mor oor vroue-vanne in SA - September 12, 2025

Die Forum for South Africa het die Konstitusionele Hof se uitspraak veroordeel wat mans toelaat om kragtens wet hul vrouens se vanne aan te neem. Die hof het bevestig dat dele van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in wese ‘n laer hof se uitspraak handhaaf. Die forum se […]

Read More

Adjunkhoof van BoN dien op AFI-direksie - September 12, 2025

Die adjunkgoewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, is tot die internasionale direksie van die Alliansie vir Finansiële Insluiting verkies. Dunn sê die aanwysing is nie net ‘n persoonlike eer nie, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid. BoN-woordvoerder Suzette Apollus verduidelik meer oor Dunn se aanstelling: 

Read More

Wes-Kaapse polisie raadop met bendegeweld - September 12, 2025

Die GOOD Party sê die onlangse toename van die getal bendeverwante misdade in die Wes-Kaap het gelei tot die polisie wat erken hulle het nie ‘n werkbare plan om dit te beëindig nie. Die Global Initiative Against Transnational Crime het verlede week sy kwartaallikse Western Cape Gang Monitor publiseer. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, […]

Read More