Sankwasa sit voet neer oor S&T - September 12, 2025
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die Ondangwa-dorpsraad oor die vingers geraps omdat daar nie by voorgeskrewe reis- en verblyfstoelaes gehou word nie. Hy is ook omgekrap oor die uitvoerende hoof se vergoedingspakket, wat hy nie goedgekeur het nie. Sankwasa is voorts bekommerd omdat hy nog nie ‘n verslag oor uitstaande […]
Thabo Bester vat Netflix hof toe - September 12, 2025
MoAfrika Wa Maila, die prokureur van veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, sê Netflix moenie toegelaat word om Suid-Afrikaanse regte met sy komende dokumentêr te skend nie. Dit volg nadat Bester en sy voormalige vriendin, Nandipha Magudumana, by die hof aansoek gedoen het om die uitsending te keer van die dokumentêr, Beauty and the Bester, wat vir […]
VN praat oor hommeltuie in Pole - September 12, 2025
Die VN se Veiligheidsraad het aangekondig dat hy vandag ‘n noodvergadering hou om oortredings van die lugvaartwette in Pole te bespreek, ‘n dag nadat Warskou Moskou daarvan beskuldig het dat hy ‘n hommeltuigaanval in sy grondgebied uitgevoer het. Pole sê die voorval was nie toevallig nie. Moskou ontken hy het die land geteiken en sê […]
Sokker: Chelsea in warm water oor agente - September 12, 2025
Engeland se beheerliggaam het Chelsea aangekla van 74 beweerde oortredings met betalings aan agente oor ‘n tydperk van 13 jaar. Die Russiese oligarg Roman Abramovich was toe eienaar van die klub, en die aanklagte fokus hoofsaaklik op gebeure tussen 2009 en 2022, toe hy dit aan ‘n konsortium verkoop het. Die FA sê Chelsea se […]
PDM ‘uiters bekommerd’ oor Speaker se optrede - September 12, 2025
Die Popular Democratic Movement het die optrede van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila ten sterkste veroordeel ná sy Donderdag twee AR-parlementslede hardhandig uit die Nasionale Vergadering laat verwyder het omdat hulle glo verrigtinge ontwrig het. PDM-leier McHenry Venaani sê die party is “uiters bekommerd” oor die Speaker se optrede:
DA: ‘Wetsgehoorsame burgers ontwapen, misdadigers nie’ - September 12, 2025
Die DA kritiseer die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid dat hy die Vuurwapenbeheerwetsontwerp geheim hou en sleutelbelanghebbendes van die proses uitsluit. Die party voer aan die ANC volg dieselfde benadering as met die Regulatoriese Owerheid vir die Privaatsekuriteitsbedryf om beperkende wetgewing te bevorder. Ian Cameron van die DA waarsku dat die wetsontwerp wetsgehoorsame […]
VN waarsku teen ‘nuwe, gevaarlike hoofstuk’ in Israel-konflik - September 12, 2025
Die Verenigde Nasies waarsku die onlangse Israelse aanval op Katar is ʼn kommerwekkende ontwikkeling wat ʼn nuwe en gevaarlike hoofstuk in die verwoestende konflik kan inlui. Israel het Dinsdag ʼn aanval uitgevoer op Hamas se leierskap in Katar, wat ʼn belangrike bemiddelaar is in gesprekke oor ʼn skietstilstand in Gaza. Vyf Hamas-lede is in die […]
Rugby: Stormers bestorm Haaie vanaand - September 12, 2025
Die groter Stormers-groep begin hulle voorseisoenkamp vandag met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Haaie in George. Die span kom sesuur vanaand op Outenikwa-park teen die Durbaniete te staan. Die groep van 28 sal die grootste deel van die week in die Suid-Kaap deurbring voor die fokus verskuif na hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met die verdedigende […]
Kom bloei ‘n bietjie: Dis vir ‘n goeie doel! - September 12, 2025
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre “Engine Bleed: The Ultimate Blood Drive” aan by The Old Wheelers Club, wat motorentoesiaste verenig vir ‘n belangrike saak. Otjiwarongo-skenkers word ook aangemoedig om komende klinieke by te woon, insluitend die hoofinsameling by die C’est Si Bon Hotel op 17 en 18 September, met bykomende klinieke by die Otjiwarongo-munisipaliteit, […]
Rugby: Oud-Springbok Bevin Fortuin sterf - September 12, 2025
Die voormalige Springbok-heelagter en Northam Rhinos se hoofafrigter, Bevin Fortuin, is op 46-jarige ouderdom dood. Hy het volgens berigte net voor ʼn beplande oefensessie ʼn hartaanval gekry. Fortuin het twee keer vir die Springbokke uitgedraf. Hy het in 2006 sy toetsdebuut teen Ierland gemaak en in die Drienasies-reeks in 2007 teen Australië gespeel. Op klubvlak het hy […]